Bejaarde se lyk naby aftreeoord gevind

Destiny Newberry

ʼn Bejaarde vrou se liggaam is naby die aftreeoord, waar sy gewoon het, gevind kort voor haar dogter haar as vermis by die polisie aangemeld het.

Ao. Peter Masooa, woordvoerder van die polisie, het gesê Destiny Newberry (73) se liggaam is Dinsdagmiddag naby die Johannesburgse valskermspringklub gevind. Dit is sowat 4 km van die Senatus-aftreeoord in Carletonville waar Newberry gewoon het.

Volgens Masooa is Newberry se liggaam deur ʼn verbyganger in ʼn oop stuk veld gevind en is die polisie ontbied. Newberry is met ʼn stomp voorwerp aangerand en met ʼn mes doodgesteek. Die moordenaar het met Newberry se Chevrolet Spark en handsak gevlug.

Volgens Masooa is Newberry se gesteelde motor Woensdag deur die polisie by ʼn huis in Khutsong gevind. ʼn Man, wat Newberry se tuinier was, het aan die polisie gesê Newberry het die motor vir hom gegee.

Die verdagte is vir ondervraging ingeneem. Volgens Masooa is die beweerde moordwapen en van Newberry se besittings in die man se huis gevind. Die verdagte sal Vrydag in die Oberholzer-landdroshof verskyn.

Rhonel Barnard, Newberry se dogter, het aan Maroela Media gesê haar ma is vermoedelik in ʼn lokval gelei. Sy het glo Dinsdag ʼn oproep gekry van haar tuinier om te vra of sy die man se vrou dorp toe sal neem en is nie weer daarna gesien nie.

“My ma was by my huis voor sy dorp toe gery het. Toe ek teen 16:00 by die huis kom en my ma was nie daar nie, het ek begin stres. Haar selfoon was af en ons het tot 18:00 rondgery en haar gesoek voor ons polisiestasie toe is.”

Volgens Barnard het die polisie hulle ingelig oor die liggaam wat vroeër die dag gevind is. “Hulle kon egter nie haar ouderdom skat nie, weens die beserings wat sy opgedoen het. Ons het tot 01:00 die oggend rondgery en haar gesoek. Die polisie het ons later gebel en ons moes my ma die Woensdagoggend gaan uitken.”

Newberry se een dogter is ongeveer vyf jaar gelede oorlede. Haar man is ook oorlede en sy laat Barnard, twee seuns en 10 kleinkinders agter. “Sy het ʼn hart van goud gehad en sou nie eers ʼn vlieg seergemaak het nie. Dit is onmenslik. Wie doen so iets en dan nog aan iemand wat jou gehelp het?” het Barnard gesê.

Nog ʼn familielid het gesê Newberry het baie getreur oor haar dogter wat oorlede is. “Sy was verskriklik lief vir haar kinders. Dis baie hartseer dat sy op so wrede manier moes gaan. Sy het altyd almal by die ouetehuis gehelp. Sy sou hulle dorp toe ry of vir hulle goedjies van die dorp af bring. Sy is nou by haar dogter en Jesus.”

Die Senatus-aftreeoord het intussen gesê hy het met groot hartseer verneem van Newberry se dood. “Ons innige simpatie en gebede gaan uit na die familie van mev. Newberry wat vir die afgelope vyf jaar ‘n inwoner van Senatus was. Ons wil hiermee ook net te kenne gee dat die moord nie by Senatus plaasgevind het soos deur stories versprei word nie, maar dat die voorval buitekant Senatus plaasgevind het.”

Die VF Plus het intussen die moord op Newberry ten sterkste veroordeel. Raadslid Ben van der Berg het sy medelye teenoor die familie uitgespreek en onderneem om naasbestaandes van Newberry te besoek.

Jaco Mulder, VF Plus leier in Gauteng, het weereens beklemtoon dat die publiek se geduld besig is om ʼn versadigingspunt te bereik. “Die polisie se jarelange gebrek aan misdaadintelligensie en populistiese uitsprake deur politici van die ANC en die EFF skep die klimaat vir burgerlike ongehoorsaamheid.

“Suid-Afrikaners is vuisvoos. Die feit dat moord ʼn alledaagse verskynsel in Suid Afrika word, is totaal onaanvaarbaar.”

Die moord volg kort op dié van Fanie (78) en Colleen Engelbrecht (74) wat op Moedersdag op hul plaas in Welgevonden naby Westonaria vermoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Piet Snot ·

Die persoonlike aard vd moord vang mens. Iemand wat sy ken. Sy wil sy vrou gaan help.
En dan word haar goedhartigheid teen haar gebruik.

cor ·

Dit is so hartseer en ons medelye aan die familie. Dit wys net weer dat die mens wat jy vertrou , n werk , kos en klere gee en soms help in nood , die een is wat jou in die rug steek. Die tipe mens voel niks vir n lewe nie . Ons vertrou reg en geregtigheid sal geskied

honourable member ·

Ek help niemand meer nie. Hulle waardeer niks wat jy vir hulle doen nie. Mens moet hierdie mense los om te krepeer. Sterkte aan die familie.

Blom ·

Ek stem saam honourable member.
Dit het my lank geneem om myself sover te kry, want ek kry almal altyd jammer, maar
ek help ook NIEMAND meer nie.

Julia ·

Sit skoon met ‘n knop in my keel. Haar goedheid is misbruik en sy moes met haar lewe betaal. Ek kan nie meer hierdie nonsens hanteer – elke dag lees/hoor jy van iemand wat wreed vermoor is!! Gaan dit ooit ophou??!!

Is dit verkeerd as mens gevoelens van haat begin koester?? Dit raak nagenoeg onmoontlik om meer positief te bly in hierdie helhool.

My innige simpatie en meegevoel aan die naasbestaandes. My woorde kan dalk nie die situasie verander maar hopelik kan hul met tyd vertroosting vind.

Lulu Nel ·

Mense sê…die Bybel sê….jy moet jou naaste liefhê..maar hoe kan ons? Dis juis deur mense wat ons as mense niemand vertrou of meer wil behulpsaam wees nie!! Dis verskriklik hartseer, ek help ook NIEMAND behalwe my regtige naastes nie. Bitter jammer vir die familie en vir die tannie, mag geregtigheid seevier xxx

Genieve ·

kan jy nou glo jy help mense en dan word jy vermoor. baie sterke vir julee as families.

Sterkte ·

Baie sterkte aan die familie. Versoek aan almal. Doen jou werk self. Jyt nie n baba oppaser nodig. Ook nie n huishulp om jou huis skoon te maak. Net weer n bewys jy kan nie jou tuinier,of huishulp of kinder oppasser vertrou nie. Jy word gehaat. Dis al hoeveel keer bewys. Word wakker! Om gunsies en gawes te doen, en jammer te kry vir hulle, bring jou na die dood.

Gatvol ·

Ek stem hou op om hulle te help!
Doen jou eie tuinwerk,
was jou kar self en
maak jou eie plek skoon.
Kan hulle nie vertrou, daars n ander kant van hulle wat jy nie sien nie….
Medelye aan die familie.

Alida ·

Jy help hulle nie!!!! Dit is al oor en oor bewys dat hulle nie vertrou kan word nie en wil jou doodmaak en jou besittings vat. Aaklik !! Baie sterkte aan die Tannie se kinders en kleinkinders.

Piet ·

Siestog sy wou net goed wees vir iemand en het met haar lewe daarvoor betaal. Volgens ander instette moet mens nie vrae vra nie, want nounou trap jy op iemand se tone. Mens wil tog nie n “kloof” iewers veroorsaak nie. Mense daar is nie n kloof nie, dis n gat en dit lyk soos die hel hier binne.

Wreed ·

Piet jy is reg, daar is gese ons moet ons WOORDE tel op die kommentaar kolomme want ONS kommentaar veroorsaak dat boere vermoor word en dat die kloof groter word tussen etniese groepe. Nou mis ek hulle kommentaar hier .. want nou word die teendeel bewys, so nou is hulle WEER verkeerd maar skop nogsteeds teen die prikkels. Voel so jammer vir die familie.

Nadia ·

Dis soo soo tragies. Ons buur vrou was ook so paar jaar terug in haar huis vermoor deur haar tuin werker en dit vir haar selfoon. Dit was ook die sagste tannie wat ek ooit ontmoet het. Ek is 1 van daai mense wat moet begin besef hou op jammer kry.

baie baie sterkte aan die tannie se familie… EK weet sy is rustig by Jesus en so mooi blom in sy tuin.

Se maar net ·

Dit raak net al erger en erger. Hierdie vlaag van moord op die wittes sal nie stop voor ons almal uit gemoor is nie.
Ek weet nie waar kom die leuns oor die wittes vandaan nie maar solank as wat ek kan onthou was my familie en die boere op die plase baie goed vir hulle mense,
Wat meer wil hulle he want wat het hulle sover gedoen behalwe brand en breek
Jammer dat so liewe mens so wrede dood moes sterf vir aardse goed.

Francois ·

Baie mense glo dat as hulle goed doen teenoor ander dan sal hulle automaties beskerm wees. Maar in die regte lewe werk dit nie so nie.

Alida ·

Dis maklik vir hierdie grootmonde om te skree DOEN JOU EIE WERK. Ek stem 100% saam maar op 73 raak dit moeilik en het jy hulp nodig. So hou op karring daaroor.

Antie ·

Dan kan kinders en kleinkinders help. Ek doen ook my eie werk self

Petro Benade ·

Alida huur ‘n blanke dame wat nie werk het nie en dit met graagte sal doen en die bietjie wat jy kan betaal waardeer. Dan het jy sommer geselskap ook.

Hennie ·

Wie ookal moes en nie moes help met werk nie, die feit is dat tuinwerkers eenvoudig nie vertrou kan word nie. Ons het al honderde kere gesien dat baie van hulle moordenaars uitdraai.

Peter ·

@Antie, nie almal het kinders nie, nog minder te se oor kleinkinders.

tamboti ·

En hy dink hy kan wegkom daarmee! Dan lieg hy so ewe die tannie het die voertuig vir hom “gegee”.
Jammer ek vra, maar is “dink” hier ‘n moontlikheid of is dit gevorderde instink?

Enemy ·

En so word die een ouma en oupa en pa en ma en seun en dogter in SA vermoor, en die Minister en res van die regering WEIER om te erken dat die AANVALLE op blankes toegeneem het. JA misdaad is oral oor baie hoog, maar die aanslag op wit oumense het veral toegeneem .. Die regering draai egter ‘n blind eye .. so die probleem gaan nie ophou nie.. mense moet hulleself beveilig en ontslae raak van huis- en tuinwerkers.

Andre ·

Wanneer gaan mense ophou om werkers te vertrou? Hulle lees en hoor feitlik daagliks wat die gevolge daarvan is, hou maar aan, en betaal die prys.

André ·

By my laaste werk is my kollega en sy vriend deur sy tuinier in hul huis met ‘n mes doodgesteek. Die kollega het nogal self vir die tuinier ‘n kamer in sy erf gebou om in te bly.

Danie van Zyl ·

Waar is die ANC vroue liga nou. Hulle versaak hulle plig, maar dis mos `n wit vrou wat deur hulle eie mense vermoor is, so dit ia nie binne hulle grondwet nie. Tweegesigte.

Aster ·

…En sy was nog so goedhartig om hulle te help! Ek vertrou niks en niemand nie…maak nie saak hoe lank hulle vir jou werk nie.

SAner ·

Nét in SA lees mens so n storie en dink “darm is sy nie ook verkrag nie”

Bell Pottinger ·

Vreemd dat die liberales so stil is waar witmense vir hulle werkers GOED probeer wees en dan vermoor word. Hulle monde is altyd vol oor ‘boere’ wat hulle werkers so sleg behandel wat volgens hulle altyd hulle werkers uitbuit en sleg behandel en ‘n enkele geval uit verband ruk terwyl ek hulle kommentaar mis by berigte waar blankes vermoor is deur mense vir wie hulle NET goed probeer wees het. Dis ons ondergang.

Petro Benade ·

In antwoord op al hierdie kommentare is die volgende: DOOD STRAF is die enigste manier wat dit end sal kry.

Andrea ·

Nou wonder ek waar is al die liberale kommentators wat altyd hier kommentaar lewer? Kamstig altyd só beredeneerd en reg met deurdagte kommentaar. So bewus van die misdade wat tydens apartheid gepleeg is… Waars jul nou, met jul objektiewe kommentaar noudat n weerlose onskuldige persoon vermoor is deur n sogenaamde benadeelde broeder?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.