Bejaarde se moordenaar kry lewenslank

Die vermoorde Paddy Orpen. (Foto: Facebook)

Die bejaarde Patricia (Paddy) Orpen se moordenaar is Vrydag lewenslank tronkstraf opgelê.

Themba Sindaphi (42) is in die hooggeregshof in Grahamstad gevonnis. Hy het Orpen (78) in Mei verlede jaar tydens ʼn rooftog in haar huis buite Cradock in die Oos-Kaap vermoor.

Maroela Media het destyds berig haar dogter het onraad vermoed toe sy sukkel om haar ma in die hande te kry. Met haar aankoms op die plaas Morgenson het sy haar ma se liggaam in die slaapkamer aangetref, het sy toe gesê.

Volgens die polisie is Orpen se handsak en Ford Ranger-bakkie tydens die rooftog gesteel en later verlate en gebrand in die bosse naby die nywerheidsgebied in Cradock gevind.

“Die beskuldigde is kort daarna in hegtenis geneem en die saak is na die hooggeregshof in Grahamstad oorgeplaas. Hy is vanoggend (Vrydag) skuldig bevind en lewenslank tronkstraf opgelê vir moord en nog 18 jaar vir roof,” lui ʼn verklaring deur die Suid-Afrikaanse polisie. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Die beskuldigde was moontlik Orpen se tuinier ten tye van die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarel ·

Lewenslank & 18 jaar….dit bestaan nie on SA nie.
Vonnisse word aaneenlopend uitgedien. Oor 15jr word hy op Parool vrygelaat om weer te moor..
Swaar vonnis se…..eendag gaan ek nog hier in tale prast

JM ·

Die tronke raak oorvol van al die moordenaars in Suid-Afrika, die moord-hoofstad van die wêreld! Hier is ‘n lewe niks werd nie. Wonder of die galg regtig ‘n afskrikmiddel sou wees.

Casper ·

Die woord gelyklopend moet uit die regstelsel verban word.

Cherokee ·

Askies vir net een duim-op. Die sisteem laat nie meer toe nie.

gatgogga ·

Ek sien vanmiddag het SABCN vir die eerste keer, sover ek weet, berigte onder die opskrif “FARM MURDERS” op TV. Dit handel oor die Piet Retief geval. So, SABCN het nou besluit om voortaan ook oor plaasmoorde te berig? Of wat is anders in hierdie geval?

John ·

Lewenslank tronk toe maar sy is lewenslank nie meer hier nie……?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.