Bejaarde se moordenaars ses jaar later gevonnis

Sinethemba Nenembe dien reeds ‘n lewenslange vonnis uit. (Argieffoto: Raahil Sain/ANA)

Byna ses jaar nadat ʼn 78-jarige vrou in haar huis in Port Elizabeth vermoor is, is haar vier moordenaars eindelik gevonnis.

Denise Webber is op 20 Augustus 2015 in haar tuinwoonstel in Kabegapark vermoor. Die huiswerker is deur die moordenaars oorrompel en vasgebind. Die hoofhuis, waar Webber se dogter en skoonseun gewoon het, en tuinwoonstel is geplunder en die verdagtes het met verskeie huishoudelike items gevlug.

Fikile Mengo, wat ook ʼn werker van die gesin was, is dae ná die moord deur sy ouma na ʼn polisiestasie geneem waar hy hom oorgegee het.

Mkhuseli Ngqanda (34), Sinethemba Nenembe (33) en Thanduxolo Vumazonke (29) is kort daarna in hegtenis geneem.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê drie van die vier dien reeds vonnisse uit vir ander misdade.

Nenembe dien lewenslange tronkstraf uit vir die moord op Jayde Panayiotou.

Die vier is Woensdag in die Port Elizabeth-hooggeregshof gevonnis. Mengo en Vumazonke is tot effektief 25 jaar tronkstraf elk gevonnis. Ngqanda en Nenembe is albei tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die vonnisoplegging van die vier beskuldigdes verwelkom en verklaar dat geregtigheid geskied het.

“Dit is duidelik dat hierdie misdadigers nie berou het vir hul dade nie, aangesien almal op een na reeds vonnisse vir ander misdade uitdien. Hoewel hierdie saak amper ses jaar geneem het om af te handel, kan daar nou afsluiting wees in die wete dat geregtigheid geskied het.

“Hulle het hierdie afskuwelike dade met opset gepleeg en ons loof die vervolgingsgesag wat verseker het dat hulle baie lank uit die samelewing verwyder word,” het Ntshinga gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Baardman ·

Dis SIEK. 6 jaar vir moord, aanranding van huiswerker (wat nie eers op die klagstaat is nie), roof (ook nie op klagstaat, en boonop gewoonte misdadigers, sonder berou. En dan verklaar Lt. genl Ntshinga dat geregtigheid geskied het. WHAT A JOKE

Marie ·

Dit het 6 jaar geneem vir hulle om skuldig bevind en gevonnis te word, 2 het 25 jaar gekry en die ander 2 lewenslank. Maar nou ja ons weet hoe lank is lewenslank in SA.

Lourens CFG ·

Baie braaf en eerbaar van die ouma om haar kleinseun SAP toe te vat. Kan glo dit was nie maklik nie.
Baie dankie.

Johann ·

Nee. Dis omdat hulle KIES dat die bose n houvas op hulle kry en hou. En n kern kultuur van vervloektheid.

FM ·

Misdadigers word vrygelaat om te gaan moor.

Onskuldige boere sit al 2 weke in die tronk.

Geregtigheid?

gatgogga ·

Ses jaar later.
Hoekom is ons howe tog so traag?
Kyk nou byvoorbeeld ook na ons hoogste hof: Zuma wys vir hulle die middelvinger, en hulle kan nie met dringenheid reageer nie. Sonder vrees of bevoordeling? Kaf.

Maggies ·

Ek verstaan nie. Kan iemand my asseblief help?
Waarom neem so saak ses jaar om afgehandel te word?
Die vier mans was alreeds in aanhouding en drie het vorige oortredings.

SomeOne ·

was julle al is ‘n sa hof ?, 09:00 moet die hof begin, wat ‘n grap, 11:30 stap die landdros of regter, wat ook al, in, hof ordenans babbel iets, hof word verdaag, 13:00 begin etenstyd
en 14:15 word die mense aangesê om more terug te kom, en so begin ons weer voor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.