Bejaarde sibbes op plaas oorval, beroof

plaas-polisie-veld

Argieffoto

ʼn Bejaarde boer en sy suster is kort ná middernag Donderdag in hul plaashuis in die omgewing van die dorpie Addo, sowat 50 km noord van Port Elizabeth, oorval en beroof.

Lennox Wells (86) het in sy kamer lê en slaap toe hy wakker gemaak is deur drie mans, van wie een ʼn vuurwapen by hom gehad het. Al drie was vermom, sê sers. Majola Nkohli, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder.

Die bejaarde het hom probeer teësit, maar die rowers het hom ʼn hou teen die kop toegedien en vasgebind, sê Nkohli “Hulle het toe na sy 88-jarige suster se kamer gegaan en haar ook vasgebind, maar nie aangerand nie.”

Nkohli vertel die drie het kontant van die twee sibbes geëis en hulle gedwing om die kluis oop te sluit, waaruit hulle ʼn .303 en ʼn haelgeweer geneem het. Nadat hulle ook twee televisiestelle gebuit het, is hulle daar weg, maar dis nie bekend of dit te voet of in ʼn voertuig was nie.

Die polisie het ʼn wenk opgevolg.

“Die polisie het ʼn wenk opgevolg en een van die verdagtes binne vyf ure by sy huis op Addo in hegtenis geneem,” sê Nkohli, “en beslag gelê op die vuurwapen wat na bewering in die huisbraak gebruik is.”

Die vermeende rower se twee medepligtiges verkeer nog op vrye voet, maar die polisie volg leidrade op.

Laetitia Erasmus, plaaslike DA-raadslid, sê sitrusprodusente maak gereeld van seisoenwerkers gebruik. Jaarliks, wanneer die seisoen verby is en werkloosheid meteens drasties toeneem, het hulle te kampe met ʼn toename in huisbrake, maar ook in diefstal van “enigiets wat hulle kan swaai”, oftewel vir kontant kan verkoop. Dit sluit selfone, TV’s, rekenaars en vuurwapens in.

Wanneer jy wel weggaan, sit jy iemand in jou huis om dit op te pas.

“Ons gaan regtig nie baie weg nie,” sê Erasmus van inwoners van die omgewing se vrees vir huisbrake, ʼn algemene verskynsel. “En wanneer jy wel weggaan, sit jy iemand in jou huis om dit op te pas.”

Sy vertel enige plek waar boosdoeners kan inbreek, loop deur, van skure tot pakhuise, wonings en motorhuise. Deesdae is veral sonpanele gewild, maar ook elektriese kabels, batterye en spilpunte kry gereeld voete.

Intussen soek die Oos-Kaapse polisie steeds die rowers wat Dinsdag ʼn 87-jarige verlamde vrou van New Brighton, Port Elizabeth, tydens ʼn rooftog by haar huis in Rulastraat ernstig aangerand het.

“Misdade teen ons bejaardes moet beskou word as misdade teen die hele gemeenskap,” het genl.maj. Dawie Rabie, bevelvoerder van die Motherwell-polisiegroepering, gesê. Hy het ʼn beroep op inwoners gedoen om deurentyd doodseker te maak dat veiligheidshekke gesluit is wanneer hulle die huis verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Adri ·

Ek moet eerlik sê dat ek nie presies weet wat met “sibbes” bedoel word nie. Die HAT sê dit is “gesamentlike verwante”. Bedoel julle hulle albei se kinders of naaste familie?

Verwonderd ·

Die woord sibbe is ń uiterste anglisisme. Broer en suster is tog die regte taalgebruik.

GR ·

Ek wens die media wil die……
woord “sibbes” druk waar dit nie weer kan uit kom nie.

tamboti ·

Broers en Susters, en sibbes by die krip, dit is vir my ‘n groot voorreg om vandag my misnoee met u te deel, oor die afskuwelike en ongebruidelde vlaag van gewelds misdaad wat ons ……………………………………………

Jack ·

Ek kry die indruk die berig is direk uit Engels vertaal. “Siblings” is ook van toepassing op bv. ‘n werpsel klein hondjies. Simpel woord as jy my vra.

Joachim ·

Eerstens mense is meer geworry oor die woord “sibbes” as wat hulle om gee wat in die land aangaan en dat “ONS” mense uit gemoor word.
En ek weet meeste mense se one moet bid, en ek sal bid en jy moet bid en almla moet saam bid. Ons moet opstaan en iets doen anders is dit verby met “ONS” mense.

Sterkte met die !Sibbes” en hooplike word hulle gou gesond.

humor ·

Ai Joachim magtig man, dit gaan mos nie oor meer omgee oor die woord sibbes nie. Ek het ook in onkunde rakend die woord verkeer. Nou weet ek maar verkies eerder om te praat van broer en suster. Ja man darem jammer oor die aanranding van die mense. Kon baie erger gewees het. Wonder wat maak die twee hulpelose mensies met sulke wapens wat hul nie kan hanteer nie.

bollie ·

Verbeel ek my of is daar ‘n afname in die plaasmoorde wat gepleeg word? Steeds die aanvalle gepaardgaande met rowe en aanrandings maar minder moorde.

PaulV ·

Adrian’ nee, jy weet mos goed so iets bestaan nie. Lees weer die berig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.