Bejaarde skiet ‘aanvaller’ op plaas dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende aanvaller is Donderdagoggend tydens ʼn aanval op ʼn plaas buite Potchefstroom in Noordwes doodgeskiet.

Rudie du Toit, voorsitter van die Potchefstroom landelike veiligheidsforum, het aan Maroela Media gesê drie verdagtes het omstreeks 07:30 op Conrad Beukes se plaas toegeslaan. Volgens Du Toit is Beukes in sy 70’s en woon alleen.

Die verdagtes het glo lappe om hul gesigte gedraai om hul identiteit te verbloem. “Twee van die verdagtes het buite gewag en een het deur die kombuisdeur ingekom. Hy het eers die huishulp oorval en sy het geskree. [Beukes] het dit gehoor en sy vuurwapen gegryp,” het Du Toit gesê.

Die verdagte, wat ʼn vuurwapen by hom gehad het, is na die kamer, waar ʼn struweling tussen hom en Beukes ontstaan het. Drie skote is afgevuur en die verdagte is doodgeskiet. Die twee verdagtes buite die huis het gevlug. Volgens Du Toit het Beukes net ligte beserings opgedoen.

Beukes het hulp ontbied en landelike veiligheidsgroepe en polisiebeamptes was binne tien minute daar. “Ek moet regtig die goeie werk van die Noord-Vrystaatse landelike veiligheidsgroep en die Vredefort-koepel se landelike veiligheidsgroep uitlig. Hulle het ongelooflike samewerking gegee om te help om na die verdagtes te soek,” het Du Toit gesê.

“Hulle het gehelp om ʼn vliegtuig te kry om vanuit die lug met die soektog te help en het twee hommeltuie gereël om ook te help. Die polisie het ook baie vinnig reageer.” Die polisie se honde-eenheid en ander ondersteuningsdienste het gehelp om die verdagtes se spoor te volg. Du Toit het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Lt.kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het op die verdagte se vuurwapen beslag gelê. ʼn Saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Yolande ·

Hoekom word ‘aanvaller’ in aanhalings gesit? Hy was daar, gewapen, met n lap om sy gesig. Hy was beslis nie daar vir koekies en tee nie

Janie Monsieur ·

Dagsê Yolande,

Dankie vir jou kommentaar. In gevalle waar daar nog nie enige bewyse voorgehou is ‘n hof nie, mag die media nie aannames maak oor enige voorval nie. Deur die woord in aanhalingstekens te sit, verwys bloot daarna dat die persone nog as vermeende aanvallers beskou word.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

sê weer ·

n saak van moord word ondersoek…???? teen wie???
wie word daarvan aangekla?
mnr Beukes het homself beskerm so dit sal seker nie hy wees ne nè???

Hannes ·

Dis standaard prosedure vir die SAPD om ‘n saak van moord oop te maak as jy iemand aspris dood maak. Maak nie saak of dit self verdediging is en of jy 100% binne jou regte op getree het nie. Die staats aanklaer sal dan besluit om nie te vervolg nie indien dit self verdediging is en die “moordenaar” binne sy regte op getree het.

askuus ·

flippen moord ?!?!?! dit maak my siek!!! boer beskerm homself en hy gaan seker sit ??? hoe moet mens maak

Hannes ·

Standaard prosedure om ‘n saak van moord oop te maak as iemand met opset vermoor is. Al is dit self verdediging. Die staats aanklaer sal tien teen een in hierdie geval besuit om nie te vervolg nie.

Lourens Erasmus ·

Jong ja, sien dit so. Ek dink jy moet liewer die oom prys wat sy verstand gebruik het en homself bewapen het. Geloof is een ding, maar dis maar min werd sonder logiese beplanning en paraatheid.

Ann ·

Ai, mense. Daar is iemand doodgeskiet, natuurlik sal daar ‘n moordsaak wees. Hopelik sal dit nie verder gaan nie, want die verdagte was in die man se huis, het die huishulp geterroriseer en hy was gewapen met die doel om te skiet. Die oom het uit selfverdediging geskiet, wat heeltemal reg is.

Willem ·

Yolande rede vir “aanvaller” is dat hy was nie een nie sy desguise is n halloween costume en hy was uit op n strick or treat sy vuurwapen was n speel ding dis hoekom daar n saak van moord ondersoek word

Dis nie n maklike daad om n lewe tevat nie al dwing n situasie jou soontoe sterkte oom weet oom sal deur die truama ook kom ek hoop net dat daar klem ook gele sal word dat die oom sy huishulp wat nie selfde ras as hy is nie beskerm het voordat hulle weer die rasse kaart ten die oom gaan speel

Janosh ·

Alewig ‘n saak van moord wat teen die slagoffers ondersoek word. Dit sou baie beter gewees het as daar eerder ‘n saak van “Selfverdediging” ondersoek word, wat later na wat ook al verander kan word as die feite nie klop nie.

En verder, wat van ook ‘n ondersoek van “poging tot moord” deur die aanvaller,

Eben Kitching ·

Hoop die oom het nog ‘n vuurwep om hom te beskerm so lank as wat die ondersoek plaasvind. Julle moet asb. julle facebook blck sodat misdadigers nie julle inligting kry nie. Gebruik ‘n pos adres.

Reg op tree... ·

Nou het die “aanvaller” binne sy regte opgetree? Wat soek die “aanvaller” daar in die eerste plek? Is dit binne n “aanvaller” se reg om met lappe om sy gesig en n vuurwapen sommer net in n ander woning of gebied te betree om te wil steel,moor,verkrag? Lyk my die wet is meer aan die “aanvaller” se kant en voel vere vir die ou wat homself moes verdedig het teen die ou “aanvaller” wat seker ook binne sy reg optree. Seker maar weer n “Spur” storie….wit teen swart

Zeus ·

Goeie voorbeeld van hoe iemand wat bewapen was n plaasmoord stop gesit het. Ek hoop dit inspireer ander om dieselfde te doen.

johan II ·

Ek wens iemand wil dit vir ou “Adv” Jaco Bothma by vuurwapen regestrasie verduudelik….in my oë is hy vyhand no.1 as dit kom by goedkeur van lisensies.

Gys ·

Nou vat hulle die oom se wapen weg en waarmee moet hy homself nou verdedig as die aanvallers weer sou terugkom.

Hennie ·

Ons het al gewoond daaraan geraak dat moordsake in so ‘n geval geopen word. Die punt is: 1. die oortreder was in ‘n vreemde huis 2. sonder toestemming 3. onherkenbaar, gesig toegedraai met ‘n lap 4. met ‘n vuurwapen 5. oorval die huishulp sonder rede 6. sy skreeu maar hy gaan net voort sonder verduideliking. Hoeveel redes moet daar nog wees om te aanvaar dit was ‘n AANVAL. Hoe op aarde kan iemand moord met hierdie praktiese redes verbind?

Andre ·

Dit is te maklik vir die SAPD om n moordsaak oop te maak. Maar, omdat hulle te lui is en nie die Polisie wet ken nie is dit die maklike roete. In hierdie geval kon n opgeleide SAPD lid die situasie vinnig opsom en n GO (geregtelike ondersoek) las.

Henry McDonald ·

Lyk of die video wat op sos-media deur die Bothaville-buurtwag versprei word en waar boere aangeraai word om voortdurend paraat en weerbaar te wees begin vrugte afwerp. Elke boer en plaasbewoner behoort hierdie video te bestudeer. Die ‘moord-dossier’ is slegs ‘n amptelike roetine-dossier wat in alle soortgelyke gevalle geopen en ondersoek word tov die misdaadtoneel, lykskouiing, geregtelike doodsondersoek watingevolge wetgewing gehou moet word.

Christo ·

Daar moet net n geregtlikedoods ondersoek wees nie moord nie

kurt ·

Wel gedaan! Meer sulke nuus is welkom en baie mooi ook vir die ondersteunigsgroepe! Goeie voorbeeld vir almal!

FM ·

Mense dis oorlog. Beveilig julle. Die regering en malema, die opstoker, voel niks vir witmense nie.Moet ook nie dink musi maimane voel iets vir ons nie. Kyk maar hoe tree hy op teen Helen Zille. EN Zille het maar net gesê wat die waarheid is. Ek praat nie kolonialisme goed nie, maar dit HET beslis voordele ook gebring. Ek stem saam met Helen: die DA moet oppas dat hulle nie onder die anc se invloed van rassistiese nasionalisme verval nie. DAN is die DA eintlik maar n anc lite. Kom mense: respekteer vir Helen. Sy is maar net realisties.

Pietpompies ·

Die standaard prosedure om die slagoffer te ontwapen en ‘n saak van moord oop te maak teen hom is pateties en moet verander word. Daar is ander goeie prosedure wat kan gevolg word in so geval. Hulle weet mos waar hy woon, en hy het ‘n gelisensieerde wapen en is bevoegd verklaar om een te hê. Hulle kan mos net die slagoffer enige tyd laat kom as die wapen getoets moet word. Daar is geen rede om hom te ontwapen en te glo dat die slagoffer nie sy volle samewerking sal gee as dit ‘n gelisensieerde wapen is nie. Los die slagoffer uit en moet hom nie ontwapen terwyl die saak ondersoek word nie. Daar is geen rede vir die prosedure soos dit gedoen word nie. Maar ‘n slagoffer is mos guilty until proven innocent. Dis bog en die wet moet hersien word tov die prosedure. Enige opgeleide ondersoek beampte kan mos net daar op die toneel sien of die storie bevraagteken moet word of nie. As iets nie pluis nie kan die wapen gekonfiskeer word. Maar net my opinie.

Quixilver ·

‘n Geregtelike ondersoek (GO) moet eers geopen word voor ‘n moordsaak. Maar die gereg is te onbevoeg om van beter te weet. “A dead guy means murder” vir hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.