Bejaarde skiet rower in oprit dood

Die misdaadtoneel na die rooftog. Foto: Intelligence Bureau SA

Die misdaadtoneel na die rooftog. Foto: Intelligence Bureau SA

ʼn Bejaarde man het Maandag ʼn vermeende rower in die oprit van sy huis in Horison, Roodepoort, tydens ʼn gewapende roof doodgeskiet.

Ao. Nonhlanhla Khumalo, woordvoerder van die polisie, het gesê die bejaarde man is in die Netcare Milpark-hospitaal opgeneem nadat hy ook tydens die struweling geskiet is. Dit is nie bekend hoe ernstig die man beseer is nie.

Khumalo het gesê die man se vrou het die middag van die winkel af gekom toe sy deur vier mans in haar oprit oorval en aangerand is. Die man het sy vrou buite hoor skree en met sy vuurwapen uit die huis gehardloop gekom. Tydens die onderonsie met die rowers is skote afgevuur en die man is gewond. Hy het teruggeskiet en een van die rowers in die oprit doodgeskiet. Die ander drie rowers het in ʼn wit VW Golf sonder nommerplate gevlug, het sy gesê.

Volgens Khumalo word ʼn saak van poging tot moord en gewapende roof ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Khumalo wou nie in hierdie stadium die name van die slagoffers bekendmaak nie en kon ook nie hul presiese ouderdomme bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

HEVW ·

Stem saam met almal wat kommentaar gelewer het. Sorg maar net dat ons wapens sou gou soos die omie sn beskikbaar is. As dit in die kluis toegesluit is, is daar eers n geskarrel om die sleutels te kry. Oom jy het reg gedoen. Het hulle ook oom se vuurwapen afgevat?

Peet Schabort ·

HEVW, ek vra dieselfde vraag of hy sy vuurwapen ook ontneem is vir ‘
sogenaamde toetse’. Die nuwe manier van ontwapening.

Niel ·

Dit is al jare die prosedure wat gevolg word na iemand geskiet is, geen nuwe manier van ontwapening nie. Was al toegepas in vorige bedeling

Zebra ·

Nou hoe moet die Oom homself nou verdedig na sy wapen weggevat is? Hy het iemand doodgeskiet (‘n boef), en nou is sy broers dalk kwaad en wil wraak neem en die Omie het niks om homself te verdedig vir die volgende jaar lank nie. Hoop nie die boewe weet dit nie.

Gert Meyer ·

Mooi! Knap gedaan, partner. Spoedige beterskap toegewens.

Landie ·

Mooi so oom!!! Hoop oom herstel vining. As die regering mos nie ons mense wil help nie, dan help ons onsself. Die spreekwoord sê mos nie verniet “‘n Boer maak ‘n plan nie”!!!!

Moeggepraat ·

Ek is baie trots op oom! Mag die Here jou seen en nog baie lank spaar.

Christie Joubert ·

Weereens, n yslike dankie vir die besparing van belastingbetalers se geld om die gespuis in die tronk te onderhou.

Darty ·

Daar sal seker nou eers weer ‘n kommissie aangestel word om die “moord” te ondersoek!!

PIXIE ·

MOOI SO MY OOM. EK IS DANKBAAR JY LEWE. ALMAL IS NIE SO GELUKKIG SOOS JY NIE.
MET LIEFDE.

Darty ·

Daar sal seker eers weer ‘n kommissie saamgestel moet word om die “moord” te ondersoek!!!!!

Martin ·

Natuurlik,sal daar ‘n komissie van ondesoek wees. Hoe gaan hulle anders geld mors en rassisme verduidelik?

Sarie ·

Dit is een rower wat nooit weer sal roof nie!!! Jammer die ander twee het weggekom. Sterkte aan die man vir ‘n spoedige herstel en ek sal graag sy hand wil druk om hom geluk te wens. Dit is hoe daar teen rowers opgetree moet word!!

Thys ·

Wonderlik al wat ons kan doen is om vuur met vuur te beveg, polisie useless

celeste ·

Die hartseer is dat die oom hom self en sy vrou beskerm het en met ons patetiese polisie gaan hulle hom nog toesluit vir moord ook.

Gerda ·

Aan hierdie Oom wil ek net sê, het jy nie opgetree en geskiet nie, was nie jy of die Tannie vandag nie hier nie. Dit was nie ń keuse wat vrywillig gemaak is nie, maar self verdediging. My dogter is 3 jaar gelede vermoor en tot vandag is niemand aangekker nie……wel gedaan en vrede vir Oom en Tannie. Mag ons liewe Heer julle toevou in Sy hande, met liefde omhul en mag Sy vrede met julle Wees. Staan sterk…..Hy sal an julle onsien.

Stefaans ·

Die “vermeende” rower maak nie vir my sin nie – as hy besig was om te roof, is hy ‘n rower. Maar ek dink ek het die antwoord: lees “vermeende” as “verdomde”, dan klink dit vir my reg.

zahn ·

More Stefaans, is Afrikaans nie ‘n mooi taal nie! Jy verdien ‘n Bells, saam met die oom.

neelsie ·

Welgedaan!
Dis hy of jy.
Gebruik julle vuurwapens, enigste taal wat die moordenaars verstaan.
Gaan voluit!

Tammy ·

Die rowers vlug in n voertuig sonder nommerplate. Ek het nog altyd gese as n voertuig nie nommerplate op het nie is dit n misdadiger wat hom bestuur. Daardie nommeplate is nie sommer net verwyder vir niks nie………..daar is n misdaad wat wag om gepleeg te word. Ons polisie en verkeer moet hierdie mense onmiddelik arresteer as hulle op die pad gesien word. Ek merk dit baie op in en om Johannesburg.

Oupa se kleindoggie ·

Dit is ‘n groot skok vir ons almal. Naasbestaandes Vriende, familie, en mede inwoners in Roodepoort. Maar die feite van die storie is nie reg nie.

My oupa is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Sy dikderm, lewer en nier is beskadig in die skiet voor val. Hy word vanmiddag om 5 uur geopereer om die res van die skade te probeer herstel.

Baie dankie vir almal se gebede en bystanders gedurende hierdie tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.