Bejaarde skiet twee plaasaanvallers

geweerHannes Grobler (73), voorman van ʼn plaas in Delmas, Mpumalanga, het Dinsdagoggend een vermeende plaasaanvaller doodgeskiet en ʼn ander gewond.

Grobler, van die plaas Rondevlei, is tydens die aanval agter sy oor geskiet en sterk tans in ʼn hospitaal in Pretoria aan.

Kol. Jannie van Tonder, bevelvoerder van die Delmas-polisiestasie, het Donderdag aan Maroela Media gesê Grobler het omstreeks 06:00 op die teerpad langs die plaas gery toe twee gewapende mans uit die bosse gespring en op hom geskiet het. Hy is agter sy oor getref.

“Grobler het sy .22-pistool uitgepluk en in die rowers se rigting geskiet,” het Van Tonder gesê. “Een van die rowers is in die bors getref en het gevlug. Die ander rower het Grobler aangeval, waarna Grobler hom in die kop geskiet het. Die aanvaller is op die toneel dood.” Die man wat dood is, is reeds deur sy familie as Julius Nyantumba (26) uitgeken.

Die polisie het die gewonde verdagte later vasgetrek. Hy is in ʼn stabiele toestand in ʼn hospitaal onder polisiebewaking.

Van Tonder het gesê die gewonde man, wie se naam nie bekend gemaak mag word voordat hy in die hof verskyn het nie, het ʼn vuurwapen op die toneel agtergelaat toe hy gevlug het. “Die vuurwapen behoort aan Jan Berg, ʼn 78-jarige boer van die omgewing. Die vuurwapen is gesteel toe daar op 29 April by sy plaashuis ingebreek is.” Berg se 75-jarige vrou is tydens die voorval met ʼn strykyster gemartel. Berg en sy 45-jarige dogter is sowat ʼn maand later in ʼn soortgelyke aanval óók met ʼn strykyster gebrand.

“Ons vermoed die twee aanvallers is deel van ʼn bende van vyf of sewe persone. Die res van die bende is glo van Mamelodi, oos van Pretoria,” het Van Tonder gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Biki ·

MOOI, MOOI, MOOI, sterk gou aan Meneer Grobler, dis jammer die ander een is nie ook saam bokveld toe nie.

Jaco ·

Ek is weer bly hy is gewond en onder bewaking. Nou kan hy praat oor die res van die bende en hul bedrywighede.

Justi ·

Goed gedoen Hannes. Het jy nie gedoen wat jy gedoen het nie, was jy moontlik ook dood.

Dit is goed om te hoor dat die kriminele kry wat hul toekom!

Sou al ons mense so reageer sal die moorde en aanvalle beslis minder raak. Ek weet van boere hier in Mpumalanga wat beurte maak om te slaap, so erg gaan dit hier.

Belinda ·

Gee die Oom sommer ‘n kas Bells………………….dis mos hoe daar gewerk word met die tipe mense………………maar dit gaan seker volgende week in die koerante wees hy gaan op vir moord wees…………………..

Sonja ·

Goeie werk oom jy verdien n medalje, net jammer die ander een het oorleef sy dag sal nog kom.

Jasper ·

Baie geluk aan die Oom. Ek hoop jy kry n 9mm parabellum vir Kersfees.

Faan ·

Kol skoot. Dit is jammer dat jy gewond is Hannes want nie een is jou bloed werd nie. ek sekondeer….gee hom n kas Bells

LIZ ·

Ons reg is darm nie so korrup nie, ignas en Belinda. Hy was nie nalatig nie, dit was nie met voorbedagte rade nie en hy kan maklik bewys dit was om sy eie lewe te red want hy is geskiet en aangeval deur die een wat dood is. As iemand jou met ‘n geweer aanval mag jy jouself met ‘n geweer verdedig. Die reg is aan sy kant.

Rob ·

Agggg lekkerrrrr!!!! Mooi so. Hoop die gewonde word ook so n bietjie gemartel en daar kom lug in sy drip of so iets.

Sheila ·

OOM, DIT WAS VLINK GEDINK. Hulle is sulke lafaarde en val selde alleen aan en ons oueres is meestal hulle teiken. Sterk gou aan!!

pieter lamprecht ·

MOOI ek hoop die herstel vorder goed
Ek wil net vra is daar dalk ‘n moontlikheid dat ek meneer grobler se kontak besonderhede kry ??

pieter lamprecht ·

is daar dalk ‘n moontlikheid dat ek meneer Grobler se kontak besonderhede kan kry ?? wil net dringend in kontak kom met Mnr Grobler

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.