Bejaarde stapper vermoor

Argieffoto

Argieffoto

‘n Bejaarde stapper is Woensdagoggend met ‘n mes doodgesteek op ‘n staproete in Kaapstad.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, sê die 72-jarige man het saam ‘n vroulike metgesel op Trappieskop in Kalkbaai gestap.

Traut sê die verdagte het hulle genader en die bejaarde man met ‘n mes doodgesteek voor hy met hulle persoonlike besittings gevlug het.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elizabeth ·

Wat kan ek NOG sê oor hoe ek voel oor sulke wandade?? Ek raak moedeloos – wat se bedreiging was die arme persoon nou vir hierdie amebe? Hoekom nie net die goed dan vat, hoekom moes die arme ou man nog vermoor word ook? Iemand wat op ‘n doodgewone dag iets doodgewoons doen om fiks en gesond te bly word deur ‘n amebe vermoor. Ek wens die hele Maroela webtuiste kon NET so in Engels vertaal word deur die druk van ‘n knoppie sodat ek dit elke liewe dag aan al my vriende en kennisse oorsee kan stuur dat hulle sien wat regtig dag vir dag in hierdie land aangaan. Sodat hulle weet ons kerm en kla nie sommer net oor misdaad nie, dis werklik, dis siek, dis hoe ons moet lewe – ELKE dag…

david ras ·

Dis darem opmerklik hoeveel bejaardes word eenvoudig koelbloedig uitgewis vir ‘ stukkie aardse besitting. Alhoewel die berig dit nie spesifiek meld nie, wild ek wed dat een van die artikels wat geroof is, is ‘n SELFOON. Dit lyk dat in 99% van die aanvalle hierdie instrumentjie uiters gesog is. Ek is net so oud as hierdie slagoffer, en is ‘n gereelde stapper ,natuurlik gaan my 6 jaar oue selfoontjie saam. Wil iemand my dalk vermoor vir ‘n instrument wat my kleinkinders nie eens wil he nie. !
Ek vra weer soos telkemale in die verlede; was dit moord met die doel om te roof, of roof met die doel om te moor ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.