Bejaarde sterf, drie ander beseer in huisbrand

Foto: Verskaf.

ʼn Bejaarde vrou is dood en drie ander mense beseer in ʼn huisbrand aan die Wes-Rand Sondagoggend.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het Sondagoggend in Mogale City aan die Wes-Rand plaasgevind.

Hoe die huis aan die brand geraak het, is in dié stadium nog nie uitgeklaar nie, maar sal deel uitmaak van die polisie se ondersoek.

“Die brandweer kon daarin slaag om die vuur te blus,” het Herbst gesê.

Herbst het gesê die beseerdes, twee mans en een vrou, is op die toneel behandel en toe na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir dringende mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

IK ·

Uiters hartseer. Ons is vasgevang in huise met diefwering wat van só ‘n aard is dat ontsnapping deur vensters of deure nie altyd maklik sal wees. Ek het met oorwegings vir ‘n oplossing besluit om ‘n gewone ystersaag met ekstra lemme permanent op te hang in my slaapkamer reg by die venster. Onthou dat die krag heel moontlik ook alreeds af sal wees en kraggereedskap dus nutteloos. Om sleutels te wil gebruik sal fataal wees want dit sal beslis weg wees. Iemand met beter voorstelle?

Alida ·

Die ANC kon in 24 jaar al lankal vir hierdie mense gedienste huise gegee het dan hoef hulle nie vuur in n shack te maak nie. Daar is biljoene vermors of verduister maar hulle het hulself verryk. Skande.

Cherokee ·

Net na die anc bewind oorgeneem het, het mandela aan almal wasmasjiene en mercs belowe maar vele van hulle gebruik steeds wasklippe en bicycles.

Ilse van Zyl ·

Alida, dit was nie ‘n shack wat aan die brand geraak het nie. Dit was ‘n plaashuis in die Magaliesburg omgewing. My innige simpatie aan die familie en naasbestaandes vir julle verlies.

Marietjie ·

In hierdie geval waar die brand was, was die krag uit agv die swaar weer. Dis tragies. Dankie Ilse , ja weet nie hoe kan mense net aanneem dis altyd shacks wat in die slag bly nie. My familie is hul bure, maar als het te vinnig gebeur.

Marietjie ·

. Dankie Ilse , ja weet nie hoe kan mense net aanneem dis altyd shacks wat in die slag bly nie. My familie is hul bure, maar als het te vinnig gebeur. Die weer was ontsettend swaar en daar was n kwaai storm. Die krag was uit.

Marelize ·

Hi dit was my Ouma se plaas buite Magaliesburg sy was in die huis my Oupa en Biermense is okay dit is hartverskeurend sy word vrydag begrawe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.