Bejaarde sterf in brand by ou hospitaal

Die brand by die ou provinsiale hospitaal in Volksrust. (Foto: Jan-Henk van Vuuren/ Watco Emercency Medical Service) 

Die polisie in Mpumalanga doen ’n geregtelike doodsondersoek nadat ’n bejaarde man Maandagoggend in ’n brand by die ou provinsiale hospitaal in Volksrust gesterf het. Dié hospitaal was ten tyde van die brand as ’n skuiling vir werkloses, bejaardes en pensioenarisse gebruik.

Volgens brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het die brand vroegoggend uitgebreek waarna paramedici na die ou hospitaal ontbied is.

Jan-Henk van Vuuren van Watco Emercency Medical Service het aan Maroela Media gesê die nooddienste het die eerste oproep net voor 05:00 ontvang.

Die skade wat gedurende die brand aan die ou hospitaal aangerig is. (Foto: Jan-Henk van Vuuren/Watco Emercency Medical Service)

Volgens Hlathi het die nooddienste by hul aankoms op die toneel die man, vermoedelik 70 jaar oud, in sy kamer aangetref. Die slagoffer was in dié stadium bewusteloos en is later op die toneel dood verklaar.

Twaalf kamers is in die brand beskadig, het Hlathi gesê.

Die oorsaak van die brand is in dié stadium onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jan

Ter wille van beter Afrikaans, die term “pensioenaris” dui op ‘n persoon wat pensioene administreer. ‘n Afgetredene wat ‘n pensioen ontvang is ‘n pensioentrekker.

Gerrie

Jan, as ons dan nou soooo suiwer wil wees – my HAT beskryf ‘pensionaris’ as 1.a. Regsgeleerde wat as raadsman van die Nederlandse regering opgetree het. b. President van die Bataafse Republiek. 2. Iemand wat ‘n pensioen ontvang; gepensioeneerde.

4ntj13

Werkloses, bejaardes en gestremdes saam in een, baie ou gebou? Dit klink vir my na moeilikheid soek, en ek hoop ʼn wakker aspirant kurator kan dit namens ons ou mense behoorlik opvolg en die skuldiges van hul troontjies af forseer. Wuhan se kits-hospitale sou baie beter in SA doen as hulp om behuisingsnood te verlig, en aansteek-risiko’s van selfs tering te verminder, as om kortsigtige veldhospitale op te rig. Dis báie netjieser en ekonomieser as HOP-huisies, en om ¾ van jou mure met ander te deel is minder erg as om jou skottelgoed en selfs zol met 10 ander te… Lees meer »