Bejaarde sterf in huisbrand

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn 83-jarige man het Woensdag in ʼn huisbrand by ʼn woonkompleks in Saint Aubynstraat in Alberton gesterf.

Sy naam is nie bekend nie.

Die nooddiens ER24 was ongeveer 11:45 op die toneel. Bure het toe egter reeds die meeste vlamme geblus.

“Die man is in ʼn kritieke toestand in die huis gevind en het derdegraadse brandwonde oor sy hele liggaam opgedoen,” het Ross Campbell, woordvoerder van ER24, gesê.

“Hy het nog met paramedici gepraat wat hom uit die huis verwyder en van gevorderde lewensondersteuning voorsien het. Hy is na ʼn private hospitaal in Alberton vervoer waar hy aan sy beserings beswyk het.”

Campbell sê die oorsaak van die brand is onbekend. Plaaslike brandweerdienste was egter op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Amelia ·

As diefwering nie nodig was nie kon hy dlk nog uit gekom het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.