Bejaarde sterf in trompop botsing

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Man in sy 70’s is dood en vier mense beseer toe twee voertuie Maandagmiddag trompop op die N1-snelweg in die Vrystaat gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het sowat 40 km buite Bloemfontein plaasgevind.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek,” het Meiring gesê.

Die oorledene se voertuig het in die veld langs die pad tot stilstand gekom. Sy liggaam is sowat 10 m van die voertuig aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.

“Vier ander pasiënte, onder wie ʼn eenjarige baba, is op die toneel behandel. Hulle het geringe en matige beserings opgedoen.”

Die pasiënte is na die MediClinic Bloemfontein en die Pelonomi-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.