ʼn Bejaarde man is dood nadat hy op die N2-snelweg, naby die Mandeni-tolhek in KwaZulu-Natal, deur ʼn swerm bye aangeval en gesteek is.
Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, het Maandag gesê die man het glo langs die pad stilgehou om vrugte te pluk, toe die swerm bye hom aangeval het.
Hy het glo na sy motor gehardloop en vir sowat ʼn kilometer ver gery voor sy voertuig die pad verlaat het. Verbygaande motoriste het hom gaan help en hulp ontbied.
“Paramedici het die motor aan die kant van die pad aangetref, met baie min skade aan die voertuig,” het McKenzie gesê. “Die man was ongelukkig reeds dood toe hulle by die toneel opdaag.”
ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van die man se dood te bepaal.
Sy naam is nog nie bekend gemaak nie.
Is dit nie teen die wet om op n snelweg te stop as dit nie n noodgeval is nie, wie se vrugte is dit, maak mos net wat hul wil.
Dis baie hartseer, maar verlig dat die dood deur die natuur veroorsaak is en nie nog ‘n plaasaanval nie.
Ek glo nie die was n Boer nie, dit was n “entrepeneur”… da lamoene is 10c.
Daar is nie n vrugteboom in sig naby die mandini tolhek nie. Verstaan nou nie wat hy sou gepluk het nie???????