Bejaarde sterf ná mesaanval in bed

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

Die bejaarde man wat Woensdagoggend in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem is nadat hy in sy bed in sy huis in Krugersdorp aan die Wes-Rand met ʼn mes aangeval is, het aan sy beserings beswyk.

Sers. Tshepiso Mashele, woordvoerder van die Krugersdorp-polisie, het Woensdagmiddag die man se dood aan Maroela Media bevestig. Sy naam kan nog nie bekend gemaak word nie.

“ʼn Saak van poging tot moord is aanvanklik geopen, maar ʼn moordsaak word nou ondersoek,” het sy gesê.

Brig. Patrick Baloyi, stasiebevelvoerder van die Krugersdorp-polisie, het die daad as ʼn sinnelose moord bestempel en gesê speurders is nog op die toneel om dit vir leidrade te fynkam.

Maroela Media het vroeër berig die man, in sy 80’s, is omstreeks 07:30 in ʼn plas bloed in sy bed in sy huis in Beyersstraat in Krugersdorp-Wes aangetref. Hy het verskeie steekwonde opgedoen.

“Inligting oor die motief vir die grusame aanval en hoe laat dit plaasgevind het, is nog skraps en word ondersoek. Die slagoffer kon nie ondervra word nie omdat hy weens sy ernstige beserings na ʼn hospitaal geneem is voordat polisiebeamptes met hom kon praat,” het Mashele gesê. Dit is nog nie duidelik of die man alleen in die huis was tydens die aanval nie.

Paramedici van Netcare 911 het die man op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om die polisie by 011 951 1151 of Crime Stop by 08600 10111 te bel met enige inligting wat die polisie in sy ondersoek kan bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Tollies ·

Ai Hy verdien dit nie, ek hoop darm Hy het klein kinders gehad wat sy laaste dae daar was vir Hom
en gelukkig gemaak het

Denise ·

Ek is baie hartseer om te lees die oom is dood ai ek verstaan nie die lewe meer nie hoekom onskuldige mense so aanrand rus in vrede oom jy het nie verdien om so dood te gan nie!!!!

Paula ·

Die aktiwiteit in daardie straat lyk my is besig. Ken mense wat Vrydagaand by die huis gekom het na werk en rot en kaal besteel is. Wonder of dit nie dieselfde hande is nie.

Coreen ·

Ek bly in dieselfde straat.hulle het vrydag by ons ingebreek.maak mens kwaad.maar om te moor is net nie reg ni.die oom het dit nie verdien nie.

Savethetigerplz ·

So sad! 80 jaar oud. Wanneer gaan al die aanvalle stop, wie sit agter al die moorde ?

TVR ·

Rus in vrede oom! Hoop die gewetelose moordenaars word spiedig gevang voor dit op nog soortgelyke daad uitloop. Sterkte aan die oom se naasbestaandes.?

M'Lady ·

Die oom in sy tagtigs het seker sy hele lewe hard gewerk om hierdie land te bring waar dit vandag is en met min klaar gekom. Net om so wreedaardig vermoor te word. Voorwaar n godverlate land.

pat aldrich ·

Ergste is hy was n oud predikant wat niemand enige skade sou aandoen nie

Adeline ·

Baie hartseer en so bitter onnodig! Hoekom tog? Dit maak mens so kwaad as weerlose oumense so wreed vermoor word. Simpatie aan die oom se familie.
xox

Raymond Bastone ·

AiAiAi!!” Dit is so barbaars en Goddeloos die lafaarts mag hulle gevang word vinnig

Net te veel ·

Dit raak net te veel, liewe aarde. Op die eenkant voel ek dankbaar dat hy van sy pyn verlos is, maar op die groot anderkant kook my bloed, omdat hy ‘n goeie mens was wat beslis n verskil gemaak het en heirdie wrede aanranding moes glad nie plaasgevind het nie. Werklik ‘n mens van 80, dit is net te veel om te verstaan en deur te werk. Hoe kan jy satisfaksie uit so sinnelose moord kry?

Ena ·

En soo mooren plunder hulle! In die bybel boek Habbakuk se die Here in die eiend tye sal moord , roof en allerlei lelike dinge ons vooruit gaan!

Rika Smith ·

Rus in vrede oom Buks ek weet jy is nou by jou sweetie en in Jesus se arms. Verlos van hierdie wrede ou wêreld.

Anoniem ·

Ek glo nie ons mag name bekend maak nie Rika…sy familie weet dalk nog nie………

Jean ·

Foeitog nog ‘n onskuldige slagoffer van misdaad en Zuma vlieg rond en ry in weelderige karre rond, en die entertainment rekening van al die Ministers is miljarde rande. Rus in vrede oom, die wereld het net te wreed geraak vir brose mense. Wat kry jy nou daaruit om ‘n weerlose oumens in sy bed dood te maak?

Theresa ·

Ag dis regtig vreeslik hartseer. Mag die moordenaar spoedig sy moses teëkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.