Bejaarde sterf ná Vierfontein-plaasaanval

Buks Swanepoel tydens sy 80e verjaardag. Foto: Verskaf

Buks Swanepoel tydens sy 80e verjaardag. Foto: Verskaf

Buks Swanepoel (81), ʼn boer van die plaas Sterkfontein naby Vierfontein in die Vrystaat, is Maandagaand oorlede nadat hy en sy vrou, Cornelia (80), op 21 Julie daar aangeval is.

Casper Swanepoel, die slagoffer se broerskind, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die egpaar was reeds uit die hospitaal ontslaan en terug by hul huis, toe Buks omstreeks 20:30 vermoedelik weens hartversaking oorlede is. Sy dood hou glo nie verband met die erge kopbeserings wat hy tydens die aanval opgedoen het nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal egter gedoen word om die oorsaak van sy dood te bevestig.

“My tannie is nog op die plaas en word deur die familie bygestaan en ondersteun. Sy is nog in skok en dit lyk nie of die waarheid al ingesink het nie,” het Swanepoel gesê.

Die Swanepoel-egpaar is op 21 Julie helder oordag deur drie mans aangeval en met ʼn hamer aangerand. Die verdagtes het die egpaar se motorsleutels gevat.  Die mans het egter die motorsleutels op die grond gegooi en gevlug toe ‘n plaaswerker ná middagete by die toneel aangekom het. Die egpaar het na die voorval mediese behandeling in die Anncron-kliniek in Klerksdorp ontvang.

’n 23-jarige man van Lesotho is kort ná die aanval deur boere van die omgewing in hegtenis geneem en het reeds in die landdroshof in Viljoenskroon verskyn. ‘n Tweede verdagte is op 24 Junie in Orkney in verband met die aanval in hegtenis geneem . Dié 27-jarige man het glo voorheen vir die egpaar gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

Baie dankie aan die BOERE !

Mens se hart breek in duisende stukkies met elk van hierdie moorde. Waarom ons dierbare oues van dae elke keer teiken en wreed aanrand en ook agterlaat om te sterf.

Onmenslik, barbaars – die dag van afrekening is naby !

Baie sterkte aan Mev Swanepoel, familie en vriende. Hoe verwerk ‘n mens dit na ‘n huwelik van soveel jare.

SNEL ·

Die Oom is oorlede agv daai plaasaanval, niks anders nie. Dit bly moord, want geen oumens se gestel is gemaak om so baie spanning te hanteer nie.

sarie ·

Hoekom altyd ons weerlose oumensies wat nie meer lank op die aarde is nie,my simpatie teenoor sy vrou,hulle het saam oud geword,nou moet hulle op so harde manier van mekaar geskei word,hoop dat die plaasmoorde nou stop,alhoewel bring die dood straf terug.

Belinda ·

En daar is weer iemand aangestel wat nie in S.A hoort nie ek wens mense wil leer die mense is hier om te roof en te steel en te vermoor hou op om vir hulle werk te gee!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.