Bejaarde sterf ná wrede hameraanval

Argieffoto: enca.com

ʼn Bejaarde vrou van Port Elizabeth is Woensdag, net meer as vier weke nadat sy wreed in haar huis met ʼn hamer aangeval is, dood.

AO Alwin Labans, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Anne Smith (86) is Woensdagoggend in ʼn hospitaal oorlede. Sy was in ʼn kritieke toestand toe sy in die waakeenheid opgeneem is en het bloeding op haar brein gehad.

Volgens Labans het Smith nooit dermate herstel dat die polisie ʼn verklaring by haar kon afneem nie. Hy het bevestig dat die saak van poging tot moord nou na moord omgeskakel is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn buurman van Smith het op 28 Mei omstreeks 13:00 gesien hoe twee mans uit haar erf in Marthastraat in Kammapark spring. Hy het die verdagtes agternagesit en hulle het ʼn sak met waardevolle besittings, soos ʼn skootrekenaar en kameras, laat val.

Die buurman en ander inwoners is daarna na Smith se huis waar hulle haar in ʼn plas bloed op die vloer aangetref het. Sy is vermoedelik met ʼn hamer aangerand toe sy die mans betrap het terwyl hulle haar huis geplunder het.

Smith woon saam met haar volwasse seun wat doof en verstandelik gestrem is. Hy is ongedeerd gevind, maar kan nie vir die polisie sê wat gebeur het nie.

Labans het Donderdag gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, maar die polisie volg tans sterk leidrade op.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

anje ·

Wat gaan nou van haar arme seun word. Een mens se wreedheid se dade strek soveel verder as wat hul kan dink, of omgee…

Sussie ·

Ag HERE hou die familie en die tannie se kinders styf van en vertroos hulle, hoe vergewe en vergeet jy as jou MA met n hamer dood gemaak is? my hart pyn vir haar seun wat in die huis was. Tannie Anna RIV, loop op strate van goud, ken geen pyn, lag elke dag!!!! want U is nou veilig by JESUS voete.

riana ·

Ja julle dit is wreed. Here gaan met daardie kind hou hom sterk en glo een van die familie sal hom vat en ook n goeie huis gee soos sy moeder het.
Mense die lewe raak baie erg en dit maak mens bang mens weet nie meer watter kant toe nie. More is jy daar en net so kan jou lewe weg gevat word onnodig.

Piet ·

Die ma was 86 en sy het nog omgesien na haar gestremde kind wat boonop nog doof is ook. Meer weerloos sal jy in die wereld nie kan vind nie. Die tragedie is dat die wereld nie juis gaan stilstaan nie. As hulle ander opsies gehad het sou die kind tog seker nie nog by sy ma gewoon het nie. Sy het reeds haar lewe opgeoffer vir hom, nou is hy oorgelaat aan die genade. Sal dit SAUK dit uitsaai!? Die duiwel is los in die land, of regeer hy eerder die land?

Nettie ·

@Piet ….. Wat???? “Sal die SAUK dit uitsaai??? Ha-ha-ha-ha!!!! Piet, jy laat my lag. In die eerste instansie is dit nie die SAUK meer nie: dit is die es-ei-bie-sie. Tweedens, die SABC is die ANC se mondstuk, so hoe sal hulle dit nou uitsaai? Mev. Sisulu sê dan die witmense praat twak as hulle sê die blanke ras word uitgemoor …..

Piet ·

Nettie, dit was eintlik n retoriese vraag. En nee, nie omdat ek iets teen engels het nie, maar omdat ek die “SAUK” wil onthou soos hy was, praat ek maar steeds so.

Siek en sat ·

NOG n sinnelose rassehaat moord wat soveel hartseer en verdriet meebring. En nogsteeds se ons President nie n woord noe.

Nikita ·

Ons president sal niks se nie…hy aanbid die goue kalf…geld is nou sy hoogste prioriteit.

Wonder ·

Sterkte aan die familie. Mag hulle gevang word. Vader help ons en hierdie land.

Vaughn ·

As daar nie in die hemel en op aarde genade vir ‘n 86 jarige vrou met ‘n gestremde kind is nie, SIDDER ek om te dink wat vir ons voorlê.

Rose Gardner ·

Piet – ja die duiwel regeer hierdie land…

Die verskriklikste pyn wat die bejaarde tante moes voel – dit is walglike dade!!!!

Roger ·

Cyril die Swyger en sy bende gaan hul dag kry. Dit is ‘n gegewe!

Argief ·

Is daar iemand of ‘n organisasie wat fotos en details van die en ander moorde dokumenteer? Want dit sal gebruik moet word in boeke, films en toekomstige menseregteskending hofsake.

henk ·

Hoor Hoor “siek en Sat” … nee volgends die skaamteloose leiers van ons land verbeel ons onself net en dis nie so erg nie!!! As jy my vra is hulle deel van die probleem. wow wat a wreede manier om te sterf, so sinneloos. Komaan UN (Useless Nations) en die buiteland julle moet iets doen!!!

Skeisaak oppad ·

Ons moet paaie skei met die ANC en ons eie stuk land kry, anders gaan ons almal slagoffers word.

Johann ·

Lafaards!! Val ou onskuldige mense aan en is altyd meer as 1.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.