Bejaarde sterf op Leeukop

(Foto: Tim Lundy/ Wilderness Search And Rescue)

Die liggaam van ʼn 79-jarige stapper is Dinsdag by Leeukop verwyder.

Volgens inligting het medestappers Wildernis-soek-en-redding (WSAR) onmiddellik ontbied.

Die stapper is bewusteloos gevind op ʼn gedeelte van die staproete naby die kruin van Leeukop.

ʼn Span van die Wes-Kaapse departement van gesondheidsnooddienste is aan boord van die Air Mercy Service- (AMS-)reddingshelikopter na die toneel gevlieg om die stapper na veiligheid te bring.

By aankoms het paramedici egter gevind dat die stapper reeds dood is.

WSAR het die SAPD bygestaan met die verwydering van die liggaam.

(Foto: Tim Lundy/ Wilderness Search And Rescue)

Die oorledene is in ʼn draagbaar geplaas en na die helikopter opgehys, waarna die liggaam na ʼn nabygeleë landingsone gevlieg en aan lede van die polisie oorhandig is.

“Ons wil graag ons meegevoel betuig met die familie en vriende van die oorledene,” sê David Nel, woordvoerder van WSAR.

“Ons vra dat alle wildernis-entoesiaste die noodkontaknommer – 021 937 0300 – en die #IAmWildernessSafe-veldtog deel,” sê Nel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

TruthDealer ·

Wow..om op daardie ouderdom nog so te kan gaan stap. Arme oom.

Casper ·

Is dit wys om op daardie ouderdom die roetes aan te durf.Ek glo hy het gesterf terwyl hy sy passie uitgeleef het.

anneke ·

Ja nee wraggies, so wil ek verseker ook tot my einde kom!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.