Bejaarde sterf op Tafelberg

Nooddienste op die toneel. (Foto: WSAR)

ʼn Bejaarde man het Dinsdag gedurende ʼn staptog op Tafelberg in Kaapstad beswyk.

Volgens Johann Marais van Wildernis-soek-en-redding (WSAR) is daar die oggend omstreeks 11:27 hulp na die berg ontbied waar die bejaarde weens mediese redes gedurende ʼn staptog op die Cecilia Ridge-voetpad teen die berg inmekaar gesak het.

Die WSAR se mediese span het deur Constantianek via die Bridle Path Management-pad die agterkant van die berg bereik om sodoende so vinnig as moontlik by die man uit te kom.

Met hul aankoms op die toneel het die man se naasbestaandes, wat saam met hom gestap het, reeds noodhulp op hom toegepas. Die nooddienste het die man probeer bybring maar tevergeefs. Die man is op die toneel dood verklaar waarna die polisie na die toneel ontbied is.

Die presiese oorsaak van die man se dood is onbekend. Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

nella ·

Sò jammer vir die familie. BAIE DANKIE aan Maroela Media wat die nuus altyd eerstehands en so vinnig vir ons lesers het. Julle is tops.

Annette ·

En? Daar is baie 80 jariges wat nog kan staptogte doen…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.