Bejaarde sterf week ná wrede aanval

Ella Willemse het nog ’n week lank geleef nadat sy wreed aangeval is. Foto: Verskaf

ʼn Bejaarde van Rustenburg is dood nadat sy ʼn week gelede wreed aangeval is op die kleinhoewe in die stad waarheen sy verhuis het om veiliger te wees.

Kapt. Elsabé Augoustides, Rustenburgse polisiewoordvoerder, sê Ella Willemse (83) is in die provinsiale hospitaal dood waar sy sedert verlede Donderdag se aanval in die waakeenheid was.

Willemse was verlede week alleen tuis op die hoewe in Waterval-Oos waar sy ingewoon het by met haar susterskind en dié se man Bettie en Gerrit du Preez, toe drie mans omstreeks 03:00 toegang tot die huis verkry en haar oorval het.

Hulle het Willemse met ʼn ysterpot geslaan en haar vinger gebreek en gesny om haar ring in die hande te kry. Haar kop- en gesigsbeserings was ernstig.

Die kinderlose weduwee het vroeër op ʼn plaas naby Derby gewoon, maar weens kommer oor haar veiligheid het sy na haar familie naby Rustenburg verhuis.

Die rowers het onder meer met ʼn TV-stel weggekom, maar ʼn sak met verskeie items is naby die huis gekry nadat die rowers dit blykbaar in hul haas om weg te kom daar gelaat het.

Augoustides sê niemand is nog in hegtenis geneem nie. Sy vra enigeen met inligting wat die polisie kan help om die aanvallers op te spoor, moet ao. Jannie van der Walt van die plaaslike polisiegroepering se taakspan by 082 772 9226 bel.

Willemse se naasbestaandes het Donderdagoggend, kort ná haar dood, gevra dat die media hul privaatheid in dié moeilike tyd respekteer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sons ·

Niemand word ooit in hegtenis geneem na al die moorde op ons ou mense nie.Hoe is dit moontlik?

Anoniem ·

Kan ons net die gedeelte van nog niemand is in hegtenis geneem ivm die voorval uit los. Dit is amper n vereiste deel van n berig want ons weet niemand sal ook nie inhegtenis geneem word nie.

ZANDRA ·

as haar beserings gely het tot haar dood is dit nou MOORD al dan nie?

kan die SAPS ‘n bietjie meer aandag gee aan hierdie saak of moet die familie
ook wend tot sosiale media en dalk Solidariteit vra om te help?
dalk mense soos Mike Bolhuis en span kry om die niks-werd mense aan die pen te laat ry
baie baie sterkte aan die wat agter bly!

Thinus ·

Ons harte is baie seer maar ons het goeie memories van jou. Jou vetkoek was altyd die beste en trifle poedings elke Kersfees op Derby en al die kuiers @ die Graham Trust. Darem is jy en Oom Martiens weer saam. RIP Tannie Ella

Cherokee ·

Waarskynlik sal die DA en al hul aanhangers met groot baniere optogte hou in strate om te betoog teen plaasmoorde. Seker sal Maimane toesprake lewer teen plaasmoorde en die DA se jeug-aksie ook betoog teen plaasmoorde. Hou hulle dop.

Jou skoonsuster ·

Ons is baie baie sad dat jy op so manier van ons weggeneem is. Jy was die goedhartigheid van self. Van Walvisbaai na Derby na Pretoria na Rusteburg: jy het altyd geglimlag. Jou groot hart was oop vir almal. Rus in vrede, liefste Ella

Chazelle ·

Dis so hartseer nie ooit gedink n mens gaan van haar so moet lees op sosiale media nie

JVA ·

Wonder of die rowers mens sou toelaat om hul na winkel toe te neem en die grootste TV van die rak af vir hul te koop. Seker nie, want dan is die wreedheid aspek nie betrokke nie.

Willie ·

Hoe wreed en lafhartig. Rus tannie, U is onslae van die wrede wereld.. Aan die moordadigers, en moord aanblasers, die liewe Vader slaap nie!

Chazelle ·

Ai Tannie nou rus tannie saam oom Martiens ek sal nooit al die memories vergeet nie my eerste groot fiets lekkerste sleep overs met lekker kos en baie liefde hoe sal mens ooit kon dink dit sou met tannie gebeur het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.