Bejaarde susters in plaasaanval beseer

Die slagoffers, onderskeidelik 79, 74 en 71 jaar oud, is met knopkieries geslaan en met messe gesteek. (Argieffoto ter illustrasie: Maroela Media)

Drie bejaarde susters is Donderdagaand tydens ’n plaasaanval naby Tierpoort in die Vrystaat beseer toe hulle deur drie mans met klapmusse oorval is.

Die slagoffers, onderskeidelik 79, 74 en 71 jaar oud, is met knopkieries geslaan en met messe gesteek. Twee van die slagoffers is na hospitale in Bloemfontein geneem vir verdere behandeling.

Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het die aanvallers nie met hulle eie wapens die huis betree nie, maar wapens gebruik wat hulle in die huis gekry het.

Die aanvallers het met ’n onbekende bedrag geld en ses selfone in ’n Ford Ranger-bakkie met die registrasienommer FGP 718 FS gevlug. Na wat verneem word behoort die bakkie aan een van die slagoffers en is dit R350 000 werd.

Maroela Media het verneem dat ses verdagtes in verband met die aanval vasgetrek is. Die polisie kon dit egter nog nie bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

gatgogga ·

Hoe dapper is die kaders nie om drie ou vrouens aan te vat! Drie!
Maar as die mans opdaag, soos by Pampoenkraal, dan kry die dapper krygers bloedneus, en skree soos maer varke. En die hoofstroom media kry ‘n oorval.

Genis ·

Wonder hoe hulle sal voel as hulle Gogo’s geslaan word…. Dans die BLF, EFF, BLF, ANC, ANC youth league, SARS, Biden you name them…op ons…

Marlene ·

HOEKOM drie ou tannies aanrand? Vat dan nou maar (as jy moet) maar los die mense ongedeerd

AmY ·

Wanneer daai lafaards óóit in die hof verskyn gaan die vroueliga van ‘n sekere party daar wees vir die drie bejaarde vroue?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.