Bejaarde talle kere tydens huisroof gesteek

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Phalaborwa ondersoek ʼn saak van huisroof nadat ʼn 82-jarige vrou in haar huis in Monnastraat in Phalaborwa, Limpopo, gewelddadig aangeval en beroof is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê Juliana Haremse, ook bekend as Juliana van Schalkwyk, is Donderdagmiddag in haar huis oorval en talle kere in haar nek gesteek. “Sy het baie ernstige steekwonde aan haar keel en linkerarm opgedoen,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe is Haremse se bene ook vasgebind en kleefband is om haar nek gebind. Die voorval het ure lank geduur, van Donderdag om 13:25 tot Vrydag om 09:20, het Ngoepe gesê.

“Weens [Haremse se] ernstige beserings was sy nie in staat om te praat nie. ʼn Ambulans is ontbied om haar na ʼn hospitaal te neem vir verdere mediese behandeling,” het Ngoepe gesê.

Maroela Media verneem een van die bure het onraad vermoed en by Haremse se huis gaan ondersoek instel waar sy glo op die vloer van die motorhuis aangetref is. ʼn Familielid het aan Maroela Media gesê een van die aanvallers het in Van Schalkwyk se bed gelê en televisie kyk terwyl sy bloeiend in die motorhuis gelê het. Daar word ook beweer dat die aanvallers met haar voertuig van die toneel gevlug het.

Ngoepe kon egter nie hierdie inligting bevestig nie. Hy het wel gesê Haremse se selfoon en ʼn onbekende hoeveelheid kontant is deur die verdagtes geroof. “Ons kan nog nie sê hoeveel aanvallers daar was nie. Die polisieondersoek duur steeds voort,” het hy gesê.

Haremse se kleinseun het op Facebook gesê sy ouma is sewe keer in die nek gesteek “en vir ure lank gemartel”.

Haremse se dogter het aan Maroela Media gesê sy sal later kommentaar oor die voorval lewer.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Jaco ·

En soos gewoonlik, sal dit nie as ‘n rasse voorval gekenmerk word nie.

Anne Marie van wyk ·

Ek stem saam Jaco. Hulle se mos as dit een ras op n ander is is dit n rasse voorval. Verwysend na die KFC voorval in Pta. Sterkte aan die dame hoop sy het n spoedige herstel.

Leahim ·

Jaco hierdie is geen huisroof nie dit is n rasse aanval n tannie wat 82 jaar oud hoef jy nie n wapen te gebruik om haar te roof nie die verskil tussen hierdie voorval en die kfc is bloot die opskrif wat die media gebruik het hoekom hulle dit aanhoudend doen kan bevraagteken word maar ek glo dit is n kombinasie van sensasie soekery en vrees om polities korrek te wees.

Nollie Greyling ·

Nou wat het geword van poging tot moord. Of is poging tot moord net wanneer jy iemand in n doods-kis sit En die persoon so n bietjie bangpraat.

tamboti ·

Nollie, jy is dood reg. In die slegte ou A^%()&ds dae (mag nie daardie woord op MM in die verkeerde konteks gebruik nie)was roof as iemand jou besteel terwyl die rower jou met gevaarlike wapen dreig. As die rower jou aanval hetsy mes, skroewedraaier, panga, kierie, koefoet, vuurwapen: dan is dit poging tot moord – in die nek gesteek kwalifiseer 100%. NIE MEER HUISROOF OF AANRANDING of sulke twak nie.
Ja huisroof was gepleeg maar dit is nie meer die hoof klagte nie!
Deesdae se SAP het ‘n enorme “vaardigheids” probleem wat vererger word deur hul rasgebaseerde DISKRIMINASIE en goeie skoot sadisme daarby.

Haan ·

As die lafaards klaar is met die oumense en die vroumense gaan hulle moet kom vir die MANNE… En hoor vir my baie mooi, ek gaan nie so maklik gaan nie!

Karma ·

@Haan en Ou Krimpvarkietjie – kyk hier, ou Haan, jy gaan maar sleg van die geveg afkom. T’rantraal (soos my oupa geseg het) se tjend, hy is ‘n vuil bakleier. Hy gaan vir die eiers, ou maat. En hy’t ‘n skoptoon aan hom wat baie na aan volstruis se tjend s’n is. Ou Krimpvarkietjie het reg: onthou – hulle kom nie een-een nie, die t’rantrale nie. Hulle kom so ‘n troppietjie bymekaar en hulle kom innie nag, wanneer ou Haan nou op hom lekkerste lê en snork agter mev. Haan, ag, ekskuus …. mev. Hen se rug. Maar immers moet onse pluimvee nou bymekaar staan en vir die tante spoedige herstel toewens en vir die familie bid sodat sy herstel en dat hullle die wysheid gaan insien om hul 82-jarige moeder by een van hul gesinne in te neem en te versorg tot sy die Pad Huistoe stap (hopelik eers heelwat later).

Daan ·

Dit is ‘n rasse aanval! huisroof? rerig hoe huisroof jy ‘n persoon vir 12 uure maar steel net n foon en geld?

Andre Els ·

Ek gaan seker veroordeel word maar ja ek is paraat en maak seker my familie is veilig. Hoe kan kinders nogsteeds toelaat dat hul ouers op hul eie bly? Jammer maar my ouers het my groot gemaak en ons bly in die land…maw beskerm jou familie met alles wat jy het.

Ja praat maar ·

Ek sien te minste 4 probleme met jou stelling:
1) My ma-hulle woon al 40+ jaar in dieselfde huis. Op n klein dorpie in die oos kaap waar daar nie werk is nie.
2) Hulle het vriende in die dorp, wat hulle langer ken as wat ek oud is.
3)My ma werk nog, speel orrel en gee musiek lesse al is sy in die 70’s. My pa dien op die kerk raaf.
4) Ek is baie lief vir my ouers maar NIE TE OUD VIR PAKSLAE. Hulle het 2 kwaai honde wat in hul kamer slaap. En my ma-hulle WIL NIE BY HAAR KINDERS INTREK NIE!!! En ons 5 kinders respekteer dit want my ma kan hard pakslae gee

Pier Peet ·

Ek sien niks op News 24 nie, sal seker ook nie. blanke mense is niks werd in die land van Satan nie

hein ·

Ek hoop die polisie is skerp genoeg om die dna van die tv se remote af te kry en ook van die bed waarop die skepsel gele het sodat hierdie wese gevang kan word.

oumie ·

Ag nee regtig 82 sy is so weerloos en dan moet sy nog gemartel word ook en wat n sterk vrou om nog lewend anderkant uit te kom sterkte tannie ek huil saam jou oor die gemors wat wit mense se lewens so kom verwoes mag u gou herstel en ASB gaan bly by jou kinders

jack daniel ·

Sterkte tannie!!! Hoop die Here dra jou deur die nagmerie!! Sterkte ook aan die familie n kinders!
Kinders moet jul nie verwyt nie. Miskien wou ouma nie die kinders belas met dit nie. Dis wat al die ma’s en pa’s se en ek glo jul was/is goeie omgee kinders vir ouma.
Ek praat van ondervinding. My ouers is 80 n 82 (Tzaneen). Ons (Nelspruit) het a woonstel in ons erf vir hul gebou. Na hul gery en hul vertel v d woonstel. Dadelik was hul up-in-arms en besluit dat hul liewers ‘n huis naby sal koop. Hul koop toe ‘n huis 100km van ons af.
Nou verwag hulle dat ons elke dag na hul moet ry en gaan kyk hoe dit met hul gaan en as ons nie gaan nie dan speel hul op ons gevoelens.
Almal het vandag se dae besige leefstyle en kan nie altyd los en gaan kuier nie.
Elke persoon het ‘n keuse. Die ouma se kinders het ook al seker gereel, gepraat en gereel maar ouma wou seker nie ingee nie.
Kinders moet julself nie verwyt nie. Moet ook nie dat mense op jul gevoelens speel nie. Hoor my!!

Alida ·

Jack ek steun jou daar. Die ou mense ervaar verandering baie traumaties. Mens behoort in jou land te kan woon waar jy wil en veilig wees. Fikile is useless verby. Polisie sigbaarheid behoort 24 /7 daar te wees. In die UK besoek die polisie die ou mense daagliks. Ek weet my seun in die polisie in London.

anton ·

Jack, waar wat jy sê.
Oumense is meeste van die tyd seker die hardkoppigste spesie wat daar kan wees en hulle weet altyd beter en jy kan hulle niks vertel nie. Hulle is slim baie slim.
Ek sê elke dag vir myself dat ek tog nooit so moet word as ek oud is nie.

Selfbeskikking ·

Ons kan en mag nie meer so voortgaan nie en moet nou begin onderhandel vir selfbeskikking, dit is nie net ons enigste oplossing nie maar ookn baie goeie oplossing.

Hartseer ·

Ai weerlose tannie van 82 jr
Wat kan sy doen vir selfbeskerming? Woorde ontbreek ons lankal. Sterkte tannie en Abba Vader sláap nie.

Herman ·

Selfbeskikking – Ek stem met jou saam. Dit is die enigste oplossing vir ons om in die barbaarse land te oorleef. Tyd dat ons dit begin opeis. Tragies om te dink ons het dit gehad. Sterkte aan die ou tannie en haar familie. My ouma was tot op 94 selfonderhoudend en het alleen gewoon. Dit is hoe dit hoort in n beskaafde samelewing.

Theresa ·

Jy’s reg Herman, dit HOORT so. Maar in hierdie land word die siek wesens wat wrede moord en marteling voorstaan, voorkeur bo ‘n wettige landsburger (van enige ouderdom) gegee.

cg ·

Daar is baie duidelik n gebrek aan politieke wil om iets te dien aan gruwelaanvalle soos hierdie. Gaan lees op VF+ se webwerf hoe aggressief daar in die Potgietersrus Raad gereageer is op hulle voorstel vir n minuut stilte vir die vermoorde Van Zyl egpaar. Geen ander party het hulle gesteun nie. Daar is geen ander toekoms vir ons as selfbeskikking in ons eie republiek nie. Wanneer gaan Solidariteit dit uiteindelik insien?

EJ ·

Wat baat hulle daarby om oumense so te martel. Hulle is so harmless. Daar gaan nie eendag om wat ek die web kyk dat daar nie n aanval was. Dit maak my siek!!!!!

Hans ·

Ons moet bid,net God alleen kan ons help.Ons is oorgelaat aan satan se magte.

Johannes Meintjes ·

Baie jammer oor die trauma. Terwyl my eie gemeenskap sedert 25 April sukkel om die AfriForum Buurtwag model ge-implimenteer te kry, tog die volgende praktiese waarneming t.o.v. geweldadige huisrowe en plaasaanvalle te meld. Eerstens is daar dikwels gebrek aan vroe waarskuwings meganismes. Tweedens is die “alarm maak” gebrekkig. Nood en help mekaar planne tussen bure bestaan dikwels ook nie. My pleidooi is steeds vir meer parate burgers en beter opgeleide buurtwagte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.