Bejaarde tydens beurtkrag oorval, beroof

beurtkrag-kers

Argieffoto.

Die Oos-Kaapse polisie ondersoek ’n saak van huisroof nadat vier gewapende rowers Donderdagaand ’n bejaarde vrou tydens beurtkrag by ’n versorgingsoord in Port Elizabeth oorval en beroof het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, sê ’n 76-jarige vrou het tydens die kragonderbreking die deur van haar kamer in ’n versorgingsoord in Lakesideweg in Chelsea oopgemaak om haar hond uit te laat.

Dit is toé dat die verdagtes haar oorval en gedreig met ’n vuurwapen en ’n ysterpaal.

Volgens Janse van Rensburg het die verdagtes die vrou in die stikdonker terug in die kamer gedwing en op kontant aangedring. Hulle het ook nóg drie kamers in die oord binnegedring en kontant en twee selfone gesteel.

Niemand is in die voorval beseer nie. Die verdagtes is wel steeds soek.

Janse van Rensburg sê nou die polisie doen ’n beroep op die publiek, veral diegene wat in versorgingsoorde woon, om veral saans en snags waaksaam te wees tydens beurtkrag.

“Wees altyd voorbereid [op beurtkrag] en wees bewus van die geskeduleerde tye. Hou jou deure en vensters toe en moenie antwoord op iemand wat jy nie verwag nie. Probeer om take uit te voer voordat die ligte uitgaan,” waarsku Janse Van Rensburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Arno Scheepers ·

anc beplande rooftogte…..ons sit die krag af, julle slaan toe.
Ek wonder watter persentasie van die “wins” word aan luthuli-huis oorbetaal?

Stella ·

Genade!!n mens het mos nie n graad nodig om te weet jy moenie die donker vertrou nie,leer jou hond om op n ander manier te doen wat hy wil doen,,in die huis,wanneer dit weer lig word,maak dan skoon,eerder dit as om soiets deur te maak,,EISH

Anon ·

Stella, ons word gekondisioneer hoe ons moet leef. Bly in jou huis en hou jou vensters toe. Ontbied hulp (en let wel SAPD daag of ure later of glad nie op nie). Moenie in rowers se oë kyk nie, gee jou samewerking. Kom ek sê jou wat ek dink, die feit dat rowers aftreeoorde teiken en selfs polisiestasies teiken beteken veel eerder dat ons land ‘n helse disfunksionele bron anargie is. Ons aanvaar net ál meer en méér. Ek hou die Aftreeoord verantwoordelik vir hulle tekort aan voldoende sekuriteit en dis dit. Kan ‘n oumens dan nie eers daar veilig voel nie? Nee man!

Michael P ·

Hoe stuffed up is die land hoe lafaard moet jy wees om 4 mans n ou tannie aan teval. Ai waar gaan ons heen kan net jou kop skud.

smurfie ·

Stella, dis n versorgingsoord.
Mens is veronderstel om daar veilig te voel en te wees

Wurmpie ·

Daar moet nie beurtkrag wees nie dan sal sulke goed nie gebeur

$ ·

Dit het niks met beurtkrag te doen nie. Hulle sou in elk geval toegeslaan het. Dit was net beurtkrag tydens die beplande aanval; nie ´n toevallige aanval tydens beurtkrag nie.
Wees te alle tye paraat.

C ·

Mnr die president, vat hulle bietjie vas, hulle speel nou regtig waar, woer woer met jou en jy los hulle maar laat hulle aangaan. HOEKOM waste houvas is daar.

Spook op thaba ·

Ek sien van die plase se krag word in die middel van die nag afgesit vir 3 tot 4 ure. Only in SA

Christa ·

Watse sekuriteit het die versorgingseenheid. Jy betaal n Plaas se prys en daars Geen sekeruteit nie. Of jaag die sekuriteit en kry ander

Anoniem ·

Ja wag tot dit donker is dan slaan hulle toe. Klomp gemors en dit is te danke aan hierdie regering en eksdom.

Hanlie ·

Waar was die personeel is die eerste vraag wat by my opkom? Het hulle nie noodknoppies om te druk nie, die tipe wat jy om jou nek kan dra? Die klomp lafaards!!!!

aj ·

Aanvalle op weerlose kinders en oumense is ‘n SKANDE wat kenmerkend is van die mislukte ANC regime. Kyk bv wat by Esidemeni gebeur het!

Bewapen en verdedig jou SELF!!! Niemand anders gaan jou beskerm nie.

wilma ·

Net weer n bewys die aanvallers se ik begin nie net met, oo nie boonop lafaards. Gemorsste

Jerry ·

Kanse is uitstekend dat dit n “inside” job was. Die kaders wag geduldig totdat die geleentheid om n misdryf te pleeg, hom voordoen. Dan sal hulle nie twee keer daaroor dink nie, want soms het hulle reeds te lank gewag vir so n geleentheid. Gelukkig is daar darem nie te gereeld beurtkrag nie, want dan sal dit n tendens raak. Dit wys net hoe belangrike rol speel beligting in beveiliging!

Charlotte ·

Beurtkrag in die aand pas die krimenele perfek. Eskom kan beurtdag bedags tussen 6uur soggens en 6uur saans toepas. Dis 12ure. Meer as genoeg. Eskom dink asb vir julself

danie ·

Hierdie is as gevolg van die gemors van die regime en sy volgelinge. Ons is veronderstel om veilige vryheid in hierdie sogenaamde reenboognasie te he. Hoekom moet ons almal nou in tronke woon om hierdie vryheid te kan beoefen. Hierdie gemors regeer die land, Daar is geen ander verduideliking nie. Hou op om ons wettige gehoorsame burgers te beskuldig.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.