Bejaarde tydens Muldersdrift-huisroof doodgeslaan

'n Bejaarde man is dood nadat hy in sy huis in Muldersdrift tydens 'n huisbraak aangerand is. Hy is in die kombuis dood. Foto: Verskaf

‘n Bejaarde man is dood nadat hy in sy huis in Muldersdrift tydens ‘n huisroof aangerand is. Hy is in die kombuis dood. Foto: Verskaf

ʼn Bejaarde vrou het Vrydag in die vroeë oggendure met haar sterwende man se kop op haar skoot gesit en wag vir hulp nadat ʼn groep mans hulle op hul kleinhoewe in Lindley, Muldersdrift in Gauteng, aangerand en beroof het.

Terry-Ann Booyse, woordvoerder van die veiligheidsmaatskappy Drift Reaction, het aan Maroela Media gesê die man, Charles Henderson, het omstreeks middernag gaan ondersoek instel nadat sy honde begin blaf het. “Hy het na sy stoorkamer gegaan waar vier gewapende mans, twee met vuurwapens en twee met messe, hom oorval het,” het Booysen gesê. “Hy is met ʼn houtpaal en ʼn baksteen aangerand en in die huis in gesleep.”

Die aanvallers het hierna die huis betree waar hulle Charles en vrou, Jenny, aan mekaar vasgebind en erg aangerand het terwyl hulle geld en vuurwapens geëis het. Charles het langs sy vrou gesterf nadat hy met graaf op sy kop geslaan is.

Hulle het die huis geplunder en vier vuurwapens, ammunisie, kontant, selfone, rekenaars, ʼn tabletrekenaar en ander waardevolle items gebuit. “Hulle het selfs die egpaar se alkohol gedrink terwyl hulle gewag het vir ʼn voertuig om hul buit op te laai, waarna hulle van die toneel gevlug het,” het Booysen bygevoeg.

Die erg beseerde Jenny kon daarin slaag om haarself los te wikkel en het Drift Reaction ontbied deur die noodknoppie te druk.

Toe die beamptes van die maatskappy se Iron Fist Squad en taktiesereaksie-eenheid by die huis opdaag, het hulle haar op die kombuisvloer aangetref waar sy met haar man se kop op haar skoot gesit het. Sy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Die Muldersdrift-polisie ondersoek die saak.

Booysen het gesê die Iron Fist Squad en die polisie is warm op die spoor van die verdagtes en hulle gaan alles in hul vermoë doen om hulle spoedig aan te keer. ʼn Beampte van die gespesialiseerde ondersoekeenheid staan hulle by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jan ·

Hierdie jaar het baie rof begin, hoeveelste aanval is dit nie nou al nie! Sterkte aan al die families.

Gloria van Vorstenbosch ·

Wanneer hou al hierdie wrede moorde op boere, hul gesinslede en ander onskuldige mense op.
Ongelukkig maak hierdie slagoffers nog steeds dieselde fout; hulle gaan byna almal eers kyk hoekom die honde blaf.
Die honde moet in ‘n kamer binne in die plaashuis wees en wanneer hulle blaf moet die boer of sy vrou dadelik sekuriteit ontbied en ook self hulleself bewapen.

Elizabeth Avenant ·

Ek stem saam Gloria! Ek kan nie verstaan hoekom mense uit hulle huise gaan om te gaan ondersoek instel nie…..en dan ook meeste van die tyd sonder enige wapens by hulle…….druk liewer dadelik die noodknoppie en BLY IN die huis! Die hulp wat opdaag, kan beslis help om die skelms die loop te laat neem. Hulle is gewoonlik ‘n paar mans en baie lafhartig as hulle teen meer as 1 te staankom…..veral as die slagoffers weerlose ou mense is…… Indien dit ‘n vals alarm was, is dit nie die einde van die wereld nie! “Rather SAFE than SORRY!”

boertjie70 ·

Verbeel ek my of raak dit nou net erger? Hulle is besig om ons uit te moor, dis tyd vir verandering!!

Philip ·

Jaaa Zuma en sy trawante mors balastng betalers se hard verdiende geld in die Kaap om stemme te werf ten einde ook die Provinsie in die grond in te bestuur deur korrupsie en bedrog, instede om sy amptelike Lands pligte na te kom waaronder die beskerming van sy Land se burgers resorteer.

Jo ·

Moet nie vir een oomblik dink dat Zuma enigsins omgee vir enige blank in hierdie land nie. Hulle sal “party” terwyl onskuldige, weerlose oumense uitgemoor word. Dis soos Nero wat viool gespeel het terwyl Rome brand. Net, onse prez kan nie viool speel nie, net dans…

boer ·

Ek stem saam,hou die honde in die huis in die aand, kry “beams” gekoppel aan die alarm vir buite.
En dan die laaste , as iemand in jou huis is,is dit om te roof en te moor, so skiet om dood te skiet

Sissie ·

….en as jy skiet wanneer jou lewe in gevaar is, word jy STEEDS inhegtenis geneem, en kos dit ‘n klomp geld aan ‘n prokureur om dit te bewys dat dit wel selfverdediging was. Hartseer tyd waarin ons leef.

Wilma RASEG Venter ·

Ek stem 100% saammet jou boer!! Maak honde in die huis toe. Wanneer hulle blaf, druk die paniekknoppie of skiet twee of drie skote in die donkerte in. As jy iemand raakskiet, is dit sy eie skuld want, DAN IS HY OP ‘N PLEK WAAR HY NIE HOORT NIE!!!!!

Henry McDonald ·

Heeltemal korrek Gloria von Vorstenbosch. Ek het die volledige SWAT- ‘drill’ tov voorvalle soos hierdie op die FB.blad van DRIFT REACTION CC. geplaas. (‘LIKE’ die blad om toegang te kry) die standaard prosedure is om NIE jou woning te verlaat maar dit eerder as ‘dekking’ te geb ruik indien jy verdagte aktiwiteite buite waarneem. Jy beweeg die sg.’doodsakker’ binne indien jy blindelings na buite hardloop om ondersoek in te stel.

MM ·

Dis baie hartseer en tragies, maar nog elke geval nog het hulle in die donker opgestaan om te gaan kyk hoekom die honder so blaf. Bel die Polisie of die sekerheids maatskapy om dit vir jou te doen. Los die honde in die huis in die aand! Dis asof die ark oop is in 2015 . Daar was nog elke dag ‘n paar moorde ons gaan hierdie een nie wen nie.

MM ·

Dis baie hartseer en tragies, maar nog elke geval nog het hulle in die donker opgestaan om te gaan kyk hoekom die honde so blaf. Bel die Polisie of die sekerheids maatskapy om dit vir jou te doen. Los die honde in die huis in die aand! Dis asof die ark oop is in 2015 . Daar was nog elke dag ‘n paar moorde ons gaan hierdie een nie wen nie.

Louis Brits ·

Hierdie is net die begin.Dit gaan nog baie erger word!Dit gaan aanhou tot ons net n paar oor is en dan gaan ons wil saam staan maar dan is dit te laat.Net een MAN kan ons red!Dit sal ook nie gebeur nie want ons geloof is te swak!GOR.

pop ·

Ek kan ook nie verstaan wat gaan soek mense buite nie. Asb, asb, groot asb mense luister na die bogenoemde raad. Alarm stelsel en beams om jou erf. As die beam betree word sit die geskreeu van die alarm gewoonlik die booswigte n skrik en geepad hulle. Dit kos nie soveel nie. Honde binne die huis. Maak eerder die bollie skoon soggens en wees dankbaar jys gespaar om dit te kan doen. En wapen onder die kussing. Skiet om saak te maak. My hart huil as ek lees hoe hulle ons afmaai.

pop ·

Sou wat wou gee om te weet hoeveel blankes is vermoor in 9 dae van nuwe jaar.

Drieks ·

Pop hou jy. projek 2010 dop. Kliek op databasis. Mens meld vrywillig die moorde daar aan

petra van vuuren ·

waar kom die klag van huisroof vandaan wil ek weet??????/ Klink vir my of hulle die huis roof??? genade die roof en moord, nie flippen huisroof nie!

Drieks ·

Ons inteligensie hoef nie na Al Kaida, IS of boko haram te kyk nie.
Suid Afrika het die wreedste moordenaars ter wéreld.
Gwede Mantasha ek glo jy trots op wat jul geskep het in 20 jaar.

david ras ·

Een ding is baie duidelik–bejaardes word geteiken, die berigte bewys dit. Hier by ons in die eens rustige Harbeespoort was daar 4 moorde in ‘n paar dae, DRIE was bejaardes, Een is vroeg oggend doogeslaan toe hy sy honde na buite wou laat gaan, die ander een is koelbloedig VAN BUITE deur sy kamervenster in sy bed doogeskiet, die ander een is bine in sy huis met ‘n graaf doodgeslaan. Al drie was bejaardes . Die vierdie en ietwat jonger persoon is koelbloedig in sy huis doodgeskiet.
Voeg hierdie feite by die ander buite ons gebied–60 jarige plaasboer by Ladysmith, 75 jarige vrou buite Lephalale……ens , ens.Hoeveel ander is daar wat ek nie eens genoem het nei ?
Soos ‘n goue draad deeur die aanvalle loop die term “blanke bejaardes”. !
Jammer , maar ek glo die “misdadigheid” as motivering (en verskoning) nie meer nie.
In 1963 slaan die polisie destyds toe om ‘n plaas met die naam Lilliesleaf by Rivonia toe.
Behoort aan die die SAKP. Daar vind hulle dokumentasie van ‘n beplande resuagtige rewolusie in SA. Dit sou beweeg onder die kodenaam Operation Mayebuye.

In die dokumentesie vind hulle hierdie stukkie inligting–“in this period the corner stone of our guerilla operations ia :SHAMELESSLY ATTACK THE WEAK AND SHAMELESSLY FLEE FROM THE STRONG”.

Het Mayebuye herleef? Dit lyk so. Want bejaardes, vrouens en kinders tel mos onder die swakkes van die samelewing.

Rieks ·

Ja, hierdie man het werk vir ons gedoen. Wie sou ooit kon dink dat hy Donderdag nag aangeval sou word en ons hom nie weer sal sien, na hy op kantoor was daardie middag nie?

So word al ons mense uitgemoor en nie eens jou eie tronk is veilig genoeg as die uitvaagsels wil inkom nie. Hy sou nie ‘n vlieg skade doen nie en nou dit. RIV Charles.

bianca ·

Al di swak ou mensies word aangeval sooo ook di mamas en hul kids enc maar as daar een ding kan werk is dit al di mense moet begin opstaan teen di moorde rerig dit raaak te erg en dit moet stop dis wreet en ERG!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Leon Rheeder ·

Leer mense nie. Hoe baie berugte moet ons nog lees voor daar ag geslaan sal word op die feit, as jy uit gaan as jou honed plaf, gaan jy die oorsaak wees van jou eie dood en die dood en beserings van ander in die huis! Nee maar mense is mos slim en sterk. As jy een van daai is, moenie kom klae na die tyd nie.

Eugene ·

Man, hulle kom in jou plek in soos hulle wil en hulle wil moor…tyd dat die commandos teruggebring word en oudsoldate dit beman…dit is tyd vir aksie! Wonder of enige politikus die familie besoek het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.