Bejaarde tydens plaasaanval met blaasvlam gebrand

(Argieffoto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

’n 84-jarige vrou is in die hospitaal ná sy Donderdag vroegoggend op ’n plaas naby Bronkhorstspruit, Gauteng, deur sewe gewapende mans oorval en aangerand is. Die mans het die vrou glo met ’n blaasvlam – wat hulle glo self na die toneel toe gebring het – gebrand.

Volgens Llewellynn Hemmens, AfriForum-streekshoof vir gemeenskapsveiligheid in die Noordstreek, het die sewe mans tussen 03:00 en 04:00 die plaas, genaamd Schietpoort, betree.

“Drie van die verdagtes het na die werkers se huis gegaan. Hulle het toegang tot die huis verkry en die werkers vasgebind,” bevestig Hemmens.

“Die ander vier verdagtes het met ’n boutknipper na die plaashuis gegaan en die diefwering afgeknip om só toegang tot die huis te verkry.”

Volgens Hemmens was die bejaarde vrou alleen in die huis. “Haar man, wat aan Alzheimer se siekte ly, bly in ’n versorgingsoord in Pretoria.”

Hemmens sê die mans het die vrou gemartel en met ’n blaasvlam gebrand. “Volgens inligting het hulle die blaasvlam na die plaas saamgevat, so asof hulle die bedoeling gehad het om iemand seer te maak.”

Volgens Hemmens het die vrou honde, maar dié het glo niks gehoor en ook nie eens geblaf nie.

“Die verdagtes het die huis as’t ware omgedop, vermoedelik op soek na vuurwapens. Hulle het ’n yskas, vrieskas, sitkamerstel en staanboor gesteel. Hulle het in die vrou se silwer Ford Ranger gevlug.”

Hemmens sê vier 9 mm-patroondoppies is by die huis se deur opgetel. Hy sê dit is in hierdie stadium nie duidelik waarop of op wie hulle geskiet het nie omdat niemand raakgeskiet is nie.

Maroela Media het ’n navraag oor die voorval aan die polisie gerig en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

AW ·

Wat sê ń mens hierop??

Want niks wat jy sê, gaan dié Soort/Tipe Misdaad stop nie!!

Sterretjie ·

en so sal hul daarmee wegkom….soos altyd. En onskuldige mense word gemartel. Dis siek hoe ons land agteruit gaan. Laat daar nou 7 wit mans in ‘n nedersetting invaar en dieselfde doen……dit sal internasionaal nuus haal ………..

Stephanus ·

Stem saam. Net te veel vrae oor honde wat nie blaf nie, blaasvlam en doellose patroondoppies.

Nici ·

Mense moet ophou alleen woon. Tensy daar genoeg mense op plase woon om laer te trek bly hulle onveilig en ‘n maklike teiken.

Papsak ·

Ja nie woorde nie maar dit is wreed weereens op n wit persoon wanneer gaan dit op hou

Toy ·

Hulle dag gaan kom, “what goes around, comes around”
Hoe noem jy sulke goed, mense. Tannie my hart gaan uit vir jou, jy het dit nie verdien nie.

N ·

Baie sleg. As sy nou weer een geskiet het uit self verdediging was sy toegesluit en aangekla vir moord. Klomp lafaards. Dit is ook sleg dat n tannie van 84 alleen op n plaas moet bly.

SjN ·

Klomp lafaards, sagte teikens, wat is Hoedeman se kommentaar?

Werner ·

En die oorverdowende stilte vd politieke partye is tasbaar.O ja die verkiessing is mos verby.Hierdie aanvalle is maar die gevolg van iemand wat dink demokrasie kan werk onder elf verskillende volke groepe.

Werner ·

Dit werk net in lande wst een volk verteenwoordig.Selfs in VSA stort dit in duie

Mariana ·

Ek kry die gevoel dat hierdie ‘n beplande “inside job” was. Gelukkig lewe die vrou nog. Hulle het baie tyd gehad om al die goed weg te dra. Ruik ‘n rot en hy vrot.

Jakkie ·

Wat kan mens sê!! Dis ‘n oorlog tussen goed en duiwels. Maar ons sal wen!!!

Blikkantien ·

Daar moet eendag ‘n riller film gemaak word met alles in wat gebeur tydens plaasmoorde. Dit moet ook genoem word dat alles op ware gebeure gebaseer is. Ek dink nie dat dit ooit vertoon sal word nie, omdat mense te getraumatiseerd sal wees om daarna te kyk.

Swerwer ·

Wat het van RESPEK VIR JOU MEDEMENS geword? Menslikeid het die afgelope jare verdwyn.

Johan ·

Sewe wit mans breek by n huis in en martel n 84 jarige swart vrou wat alleen daar woon met n gasvlam wat hulle saam met hulle gebring het.. Die land sal klaar gebrand het en die weermag en polisise sou moes ingryp om wet en orde te herstel as dit wel die geval was. Die nuus en alle media sou hieroor berig en selfs oorsee sou dit op voorblaaie wees. Want n swart lewe beteken mos meer as n wit lewe. BLM is al waaroor dit gaan. Dis hierdie klas goed wat my grief tot in my tone. Hoe kan daar van n wit man wat krieket vir sy land speel verwag word om op sy knie te gaan buig voor die wereld vir Black Lives Matter terwyl swart mense dit aan sy wit ouma, ma , pa dogter of seun doen. Dit maak my as n witmens in die land baie ongemaklik. Iewers moet mens die waarheid begin raaksien in ons samelewing en begin vra vir balans en regverdige behandeling vir almal. Ons lewe nie meer in 1960 nie. Dis 2021!!

Pieter ·

Het iemand ‘n geweer teen die krieketspelers se koppe gehou. Almal het keuses. Respekteer die keuses.

Marcello ·

Ek verstaan nie, hoe oumense nog steeds op plase bly nie, veral ‘n ou dame aleen.???? In hierdie Land moet ‘n mens maar jou trots in jou sak steek en besef: Dit is nie meer veilig nie…..

Werner ·

Dit gaan nie altyd oor trots nie maar finansies ook.Ken n paar ou mense wat op plase bly as jy sal stem om vir hulle nuwe blyplek te finansier sal hulle more trek.

Blikkies ·

Maar die gepeupel sal steeds vir die ANC stem wat sulke dade toelaat.

Marshall ·

One cannot win a defensive war. One cannot defend an infinite border. How long will it take White South Africans to understand these principles of conflict. Secession is the only long term solution.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.