Bejaarde van Harties met graaf doodgeslaan

André en Elsabé du Preez saam met hul kleindogter Emma (nou 8 jaar oud). Foto: Verskaf

André en Elsabé du Preez saam met hul kleindogter Emma (nou 8 jaar oud). Foto: Verskaf

Ongeveer twee jaar nadat André du Preez (75) en sy vrou Elsabé (70) hul plaas in die Brits-omgewing in Noordwes verkoop het om na Hartbeespoort te verhuis uit vrees vir hul veiligheid, is André Sondagaand in sy huis in Ifafi tydens ʼn huisroof met ʼn graaf doodgeslaan.

Volgens André se seun, Jacques, het sy ouers Sondagaand omstreeks 21:00 in hul kamer televisie gekyk toe ʼn man toegang tot die huis verkry het deur ʼn venster en diefwering oop te breek. “Hulle was nie bewus dat daar ʼn indringer in die huis was nie,” het André Woensdag aan Maroela Media gesê. “My pa het opgestaan om water te gaan drink toe die man hom op pad na die kombuis van agter af met ʼn graaf geslaan het.”

André du Preez

André du Preez

Die verdagte is daarna na Elsabé wat steeds in die bed gelê het. Hy het geld en juwele geëis. “My ma het gesê sy het nie geld byderhand nie, maar het haar trouring van haar vinger afgehaal en vir die man gegee,” het Jacques gesê. “Hy het dit gevat, ʼn kombers oor haar gegooi en haar met die graaf bewusteloos geslaan.”

Elsabé was vir sowat 20 minute lank bewusteloos. Toe sy haar bewussyn herwin het, het sy na haar man gaan soek en op sy liggaam afgekom. Hy was reeds dood.

Die verdagte het die egpaar se selfone, ʼn televisiestel, tabletrekenaar en Elsabé se trouring gebuit en gevlug. Elsabé het deur die oop venster om hulp geroep, waarna haar buurvrou omstreeks 21:30 die polisie ontbied het.

Volgens Jacques het Elsabé ʼn wond op haar linkerwang opgedoen, maar sy is verder ongedeerd. Sy is in Jacques en sy vrou se sorg en ontvang berading. André se roudiens vind Vrydag plaas, waarna Elsabé by haar dogter in Potchefstroom gaan woon.

Kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie. Daar kan nog nie met sekerheid gesê word of die man enige medepligtiges gehad het nie.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof,” het Mokgwabone gesê.

André se moord is die jongste van vier moorde in die Hartbeespoort-omgewing in die afgelope twee weke. Harro Rust, voorsitter van landelike beveiliging van Hartbeespoort Plotwag se sektor 1, het aan Maroela Media gesê hulle vermoed dat die aanvalle verband hou, maar dit kan nog nie bevestig word nie. “Ons is in goeie samewerking met die polisie en wat ons van hulle verneem is hulle warm op die spoor van die verdagtes,” het Rust gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

boer ·

Wat help dit dat daar eers iemand dood gemaak word? Die polisei doen nie hulle werk om misdaad te bekamp nie.

Nog n onskuldigge blanke oom, wat deur ons reenboognasie se barbare gemoor is. Ek dink dis noual die 4de of 5de berig die jaar,wat ek lees oor blankes wat vermoor is. My bloed kook,want my mense word uitgewis hier in SA

AvraD ·

Tyd vir ‘n oog vir ‘n oog…………………. en alle ongewenste vreemdelinge uit die land verban word.

SNEL ·

My hart gaan uit na die Tannie en die familie. Hoekom sulke ou mense vermoor, hoe gaan die Tannie nie sukkel om oor die skok van haar man te kom nie, en nou vat hulle nog haar touring ook, daardie band en herinnering wat sy van haar man oorhet. Sal ons land ooit weer veilig wees, waar jy kan kom en gaan soos jy wil, in jou eie erf en huis kan lewe en net doen wat jy wil sonder alarms en ysterwerk. Dit voel asof ons almal sit en wag en kyk wie is volgende. Dis vreeslik dat die Tannie en haar man saam oud kon word en nou is sy alleen op haar oudag. Dit is ook vreeslik vir die kinders om te dink hulle pa is op so manier dood, en dit wat hul arme ma moes deurmaak. Sterkte aan almal, mag die Here julle dra en krag gee.

david ras ·

Hier is ‘n gedagte–

Toe die SAP in 1963 op die SAKP se hoofkwartier by Rivonia (net buite JHB) toeslaan, vind hulle beplannings dokumente waarin ‘n reusagtige rewolusie in SA beplan word. In een van die dokumente verskyn die volgende : in this period the corner stone of of our guerilla operations is :”shamelessly attack the weak, and shamelessly flee from the strong”
Die kodenaam vir hierdie rewolusie was Operation Mayebuye. (uit The Amazing Mr. Fischer. deur Gerard Ludi en Blaar Grobbelaar) Ludi was die polisiespioen wat die ANC/SAKP tot in hulle diepste kern binnegdring het.

Tel bejaardes (en vrouens en kinders) nie ook onder die swakkes nie?. Na wie anders verwys hierdie dokument ? Was die swakkes van destyds nie maar ook die bejaardes, vrouens en kinders nie ?

Was Mayebuye nie werklik gestuit in 1963 nie, en het dit dalk ‘n tweede lewe ?

Die getal bejaarde slagoffers en wie hulle vermoor het, kan nie langer geignoreer word nie.

Noem dit misdaad as jy wil–maar terrorisme is ook ‘n misdaad.

boer ·

Hoe maak ons nou? Ons almal is g@tvol vir hierdie barbare se doen en late,
maar tog kry ons blankes dit nie reg om saam te staan nie.

anet ·

David, dankie dat jy jou kennis met ons deel. Ek voel so magteloos as ek lees van al die onskuldige bejaarders wat so brutaal vermoor en aangerand word
My hart gaan uit na die familie. Ek bid vir krag, aanvaarding en berusting vir julle

Gideon Erasmus ·

Ek wonder wat se Vinette Ebrahim van 7e Laan nou van aldie moorde!! Sit seker en kry lekker!

anne ·

Stem 100%. Sy is ‘n rassis, miskien moet sy haar gesig uitdrukking verander terwyl sy so hard probeer om ons te oortuig dat sy lief is vir afrikaners.

Mickey ·

Dr Albert Scheitzer 1875-1965 se opsomming van sy jarelange studies in Afrika was kortliks dat dit n minderwaardige ras is wat ,verstandelik, geestelik en emosioneel geen bekwaamhede het wat deel is of enige funksie het in die beskawing nie -n uittreksel in sy toespraak sê dis “n wese wat as hy aan homself oorgelaat word, hy rondool in die nag en slaap in die dag ,wie sê redevoering geen woord van liefde ken nie en as sy woede eers opgewek is dan is hy soos n waansinige tier .Die res van die toespraak se beskrywings is so akuraat dat n mens verstom is dat dit soveel jare gelede geskryf is en dat niks nog regtig verander het nie daar word wel ook n waarskuwing geplaas vir die gene van ons wat ons so baie onder ons mense ervaar dat as jy gelykvormigheid wil deel jy vernietig of verteer sal word ,behou jou status voordurend.

AfrikanersIsNieSAGNie ·

Dit breek my om sulke goed te lees. Dis vir my vreeslik, hoe het hulle Afrikaners in EEN enkele geslag so sag gemaak?
Hoe het die boere neergesak in sak en as? Hulle is oud, dis hoekom. Die jongetjies wil nie meer boer nie, hulle voetjies is sag. ons oupa het ons nie met skoene op sy plaas laat loop nie :)

Hierdie geslag wat nou skaamteloos met tuingereedskap uitgemoor word, is ‘n geslag gewees wat sterk saamgestaan het en ‘n nasie gebou het. Wat honderde duisende … gaan luister die song : De La Rey. Dis die Afrikaners wat ek ken. Die tipes wat …

Ek moet ophou droom. Geld en voorspoed maak mense ongewillig om te veg vir hulleself. Daar is plekke in Gauteng waar die huis-eienaars buurtwag bymekaar gemaak het, wat die polisie soos velle teen ‘n muur so useless laat lyk … die mense baklei terug. Hulle bakkies hang laag soos wat hulle mekaar se besittings weer terugry uit die lokasies uit, hulle krieket bats het notches … en die wilde diere eet goed! Staam Saam mense … soos julle vaders saamgestaan het!

Hartbeespoort Inwoner ·

Dit is so hartseer ek dink en bid vir al die famielies wat oor die kort tydperk hulle geliefdes verloor het. Dit is so snaaks dat na die 2de moorde wat plaas gefind het daar nog niks verdagtes in hegtenis geneem is. Laat n mens wonder of die polisie nie betroke is by al die gemors. Maak n mens so kwaad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.