Bejaarde van Kirkwood aangerand

(Argieffoto: Nico Strydom)

Die Oos-Kaapse polisie ondersoek ’n saak van huisroof nadat ’n bejaarde vrou (74) Woensdag helder oordag in haar huis in die omgewing van Kirkwood oorval en aangerand is.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 11:40 in Sunnybankweg plaasgevind.

Volgens Soci het ’n onbekende man kwansuis werk gesoek toe hy die vrou in haar huis oorval en met ’n skerp voorwerp aangerand het. Die man het ná ’n struweling met die slagoffer se selfoon op die vlug geslaan.

Die polisie doen nou ’n beroep op mense om enige inligting rakende die voorval by die ondersoekbeampte, AO Morne van Tonder, by 082 441 7738 aan te meld. Inligting sal vertroulik hanteer word, het Soci gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Magda ·

Wanneer gaan ou rampie PLAAS AANVALLE / MOORDE as n Pandemie in Suid Afrika verklaar. Moet nie se dit kan nie met jou gebeur nie!!!!!!

Kokerboom ·

Daar moet ‘n wet wees teen rondlopers en leeglêers!!!Bly die slagoffer is nie erger beseer

Delon ·

daar was een en in baie dorpe en stede se bywette is daar nog steeds , dit gaan weereens oor onbevoegde polisiemanne wat nie die wette ken of wil toepas nie

Michael 1 ·

Hoe kan die gemeente help met so n beskrywing? SA is n diverse land met verskillende rasse en etniese verskille ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.