Bejaarde van KZN grusaam gemartel, vermoor

Argieffoto Foto: enca.com

Argieffoto Foto: enca.com

Die liggaam van ʼn 80-jarige vrou is Woensdag in ʼn plas bloed in haar huis in Phoenix, KwaZulu-Natal, aangetref nadat sy grusaam gemartel en vermoor is.

Lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê bure van Mari Moses het bekommerd geraak toe sy nie gereageer het nadat hulle aan haar deur geklop het nie. ’n Buurvrou het omstreeks 13:45 die huis ingegaan waar sy op Moses se liggaam afgekom het.

“Die oorledene het in ʼn plas bloed op die kombuisvloer gelê met verskeie steekwonde aan haar liggaam. Daar was bloedstrepe in die gang wat daarop gedui het dat sy na die kombuis gesleep is,” het Gwala gesê.

Moses het drie steekwonde aan haar nek, vier steekwonde in haar bors, brandmerke op haar maag en verskeie kneusplekke aan haar liggaam gehad. Niks word uit haar huis vermis nie. “Die motief vir die moord is nie in hierdie stadium bekend nie. Nog niemand is vir die moord in hegtenis geneem nie,” het Gwala gesê.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die brutale moord ten sterkste veroordeel en versoek dat enigiemand met meer inligting Crime Stop by 0860 010 111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

irene ·

Ek voel baie jammer vir haar en die wat agter bly Hoekom moet hul die mens so seer maak iets moet nou gedoen word dis nou hoogtyd dat daar kaarte gegee word waar jy bly om in te gaan

Lucy ·

Die motief vir die moord?? Sy is vermoor oor die aanvaller haar wou vermoor. Die barbare het nie n motief nodig nie!
Soms sit ek en kyk na oumense om my dan dink ek so by myself- hoe kan iemand n oumens so vreeslik leed aan doen? Hulle is weerloos.

M ·

Soos jy sê net een motief. En dis moord. Hulle is uitgehonger om te moor, die groepe word al hoe groter en meer. Hulle weet waar ons soft spot is. Waar maak dit werklik seer, ons ouers, wat hul lewe opgeoffer het vir ons. Gaan dit ooit end kry. Hoe gaan ons, ons kinders groot maak in hierdie wêreld. Dit is besig om handuit te ruk. En die Teletubbies daar in Kaapstad moet besluite neem om die land te regeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.