Bejaarde veg om lewe ná ‘padwoede-voorval’

Argieffoto: Crisis Medical

Argieffoto: Crisis Medical

ʼn 83-jarige man is in ’n ernstige toestand in die hospitaal nadat hy glo die slagoffer van ʼn padwoede-voorval was.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het gesê paramedici is Vrydagaand na ʼn ongelukstoneel op Inandaweg in Newlands, KwaZulu-Natal, ontbied. Volgens Van Reenen het twee motors teen mekaar gebots, maar daar was amper geen skade aan die motors nie.

Die insittendes van een van die motors het glo ná die botsing die bejaarde bestuurder van die ander motor aangerand voor hulle van die toneel gevlug het. “Die bejaarde man is gevind waar hy in die pad lê. Hy was erg gedisoriënteer en in ʼn ernstige toestand.”

Volgens Van Reenen het paramedici hom onmiddellik begin behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg. Hy het vermoedelik nek- en rugbeserings opgedoen.

“Die presiese feite rakende die voorval is nie bevestig nie en is onduidelik. Dit sal deur die polisie ondersoek word,” het Van Reenen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Sjoe… Dit is ‘n weerlose man… Wie doen so iets? Dit is só hartseer!

Ferdie ·

Ek is op 2 Januarie in Kaapstad raakgery deur ‘n motorfietsryer wat deur rooi ligte gejaag het omdat hy vir ‘n motoris kwaad was.

Johann ·

Sulke voorvalle is só onnodig! Gun almal die son wat op hulle skyn, veral ons bejaardes. Ek hoop die Oom herstel gou en dat die skuldiges aan die pen sal ry. Sterkte!

SNEL ·

My hart voel stukkend vir die bejaarde, om so behandel te word. Ons ou mensies moet ons versorg, geduldig wees en op die hande dra. Hoop regtig hy herstel goed en dat die skok nie te erg vir hom is nie.

Ek het die stukkie eendag op n winkel se toonbank gesien.

Die seën van n bejaarde

Geseënd is jy, as jy verstaan dat my hande bewe
Geseënd is jy, as jy daaraan dink dat my ore nie meer goed hoor nie en dat ek nie alles verstaan nie
Geseënd is jy, as jy weet dat my oë nie meer goed sien nie, as ek die mooiste koppie laat val of omdat ek vir die soveelste maal dieselfde storie vertel
Geseënd is jy, as jy my toelag en my vra na die dae van my jeug
Geseënd is jy, as jy sagkens met my omgaan, my stille trane begryp en my laat voel dat iemand vir my omgee
Geseënd is jy, as jy langer by my bly as dit orals donker word en as jy my hand vashou wanneer ek alleen die nag moet in, die nag van die dood

Geseënd is jy – as ek in die hemel kom sal ek die sterre vir jou aansteek.

Karooblommetjie ·

Ek kan baie se, maar ‘n eenvoudige baie dankie sal doen. Wees geseend.

DPJ ·

Ja geduld wat so baie kan verdra. Mense is baie kort van draad.

Human ·

Snel, puik stukkie, geseënd is ons as ons net die stukkie in ons hart dra en bewaar.

Aan die oom, alle sterkte en geseënd was jou jong dae om op 83 jaar nog ‘n voertuig kan bestuur.

Snr Burger ·

Dit kan enige iemand vandag oorkom verkeerde-tyd en plek gewees.Geseënd is die mense wat hom nou mooi in sy Nood versorg
Sterkte geliefde mede senior burger.

EMK ·

Lafaards wat ‘n weerlose oue aanrand en dan weghol. Sies, hoop hul word gevang!

Piet Snot ·

Erika, dis nou ‘n lelike opmerking.
My ma is 81, sy bestuur beter as die meeste mense wat ek ken, en sy ry die ou tannies rond net waar hul wil wees.
Dit gee haar mobiliteit, onafhanklikheid, en ‘n element van menswaardigheid.
Lees Snel se stuk hierbo.

J.V. ·

Erika, bedoel jy eintlik hoekom bestuur ‘n 83-jarige nog ‘n voertuig of bedoel jy hoekom lê hy in die pad? (Retoriese vraag).

So simpel vraag kort ‘n simpel antwoord.

Ek klap my tong vir jou hoor!

Dee ·

Ek het Maroela dit nie gegun om my antwoord aan Erika in die snippermandjie te gooi nie. Het dit sommer self gedoen.

Karooblommetjie ·

Erika, hopelik is jy geseend genoeg om eendag daardie ouderdom te bereik, nie vir jou of my om te vra nie – jy verplaas onmiddellik die skuld na hom toe – verkeerd!!!

DPJ ·

Erika, hy wil nets jy van punt A na B gaan. Is sy menslik reg om dit te kan doen. Nie vir skurke om sy regte aan te tas nie.

Erika ·

Ag verskoon tog. Hy het seker dierbare kinders soos julle wat hom sy onafhanklikheid gun.

Johannes ·

Humor ek stem saam ek is bly ek is nie deel van haar familie nie maar miskien is Erika ‘n skuilnaam

SNEL ·

My 82 jarige buurvrou, werk self in haar eie tuin, sy trek bossies uit, buk en staan op, sonder n kreun of steun, sy doen alles self wat in n tuin gedoen moet word en het n groentetuin en vrugtebome wat sy toetrek dat voëls nie die vrugte eet nie (d.w.s sy klim self n leer), sy loop my tienerseun weg en sy maak ook haar eie huis skoon. Sy is erger as n Duracell battery en as ek nie geweet het hoe oud sy is nie, sou ek gedink het sy is in haar 20’s soos wat sy wikkel en beweeg, want sy sit net nooit stil nie. As iets in my tuin nie na haar sin is nie, spring sy hier ook in as sy sien ek ry, want sy weet ek sal haar keer. Sy vul gereeld blokkiesraaisels in en daai brein is flink….ek loop selfs oor dat sy my help waar ek vashak. Daaroor; jy kan jonk wees en n gevaar agter n stuurwiel, oud wees en ook n gevaar wees, maar ouderdom het niks uit te waai met hoe jy kan optree en beweeg nie, as ons geseënd is om so wonderlik oud te word soos my Buurvrou, kan ons kar ry tot in ons 100’s. Ek het nou die dag in n ou oom vas gerevers, hy was so dierbaar, hy was ook stokoud, maar ek wat jonger was het oogklappe aangehad. Hy was so gaaf en so dierbaar terwyl ek soos n riet gebewe het. Gelukkig het nie een van ons veel skade gehad nie. Wys net, enige een kan n fout maak of n ongeluk, en ouderdom sê nie jy mag nie ry nie, op 83 kan mens nog op en wakker wees en die lewe geniet.

REGINA ·

Erica, wonder wat gaan jy maak as jy ooit ook die ouderdom van 83 haal en jy het NIEMAND wat in jou belangstel of geen kinders of familie wat jou bystaan nie? Gun die oom n plekkie in die son en n bietjie onafhanklikheid! Dalk sit hy dag in en dag uit en wag vir sy kinders wat hom moontlik in n ouetehuis “vergeet” het?!, Dink n bietjie verder Erica! Jy gaan ook oud word dan praat ons weer! Ek sluk swaar aan jou hardvogtigheid teenoor n brose bejaarde, hy was n weerlose slagoffer teen opperste en gewetenlose skurke! Vertrou hul kry hul straf en wens die oom n spoedige herstel toe! Erica, dink daaraan, dit kon jou ook oorgekom het, hoe sou jy van so n snedige kommentaar gehou het soos joune? A nee a, word groot!

Ondervinding ·

Heeleerste, dit word ten sterkste afgekeur, dat ENIGE iemand, aangerand word weens padwoede. Uit vele ondervinding, as hoof van ‘n aftree-oord, kom daar ‘n tyd in heelwat ouer mense se lewens, dat ‘n besluit namens hulle geneem moet word, om op te hou bestuur, omdat hulself nooit daardie besluit sal neem nie, omdat hul onafhanklik wil bly. Maar, wanneer enige persoon, wat nie meer oordeelkundig kan bestuur nie, steeds toegelaat word, het dit ernstige gevolge. So, kan iemand anders se geliefde doodgery word ens. Die kringloop van so iets, is onbeperkte hartseer vir almal. Daar is uitsonderings, maar dikwels, ongelukkig, wanneer iemand 80+ is en bestuur, is so ‘n persoon se oordeel en reaksie, nie meer so flink nie. Weereens, padwoede word totentaal AFGEKEUR. Maar uit ondervinding van ernstige gevalle van bestuurders wat nie meer moet bestuur nie – spesifiek van hierdie ouderdom – ondervind mens ‘n magteloosheid, om hul te laat besef, dat dit tyd is om die motor maar te verkoop, weens die gevolge wat hul swak bestuursvermoë veroorsaak.

Peet Schabort ·

Goed gestel Ondervinding. Wat my hinder is dat volgens Arrive Alive die gebeure om 8nm was.
Daar is egter diegene wat nooit ooit op ‘n pad hoort omdat hulle nie instaat is om behoorlik te bestuur. Die algemene opvatting is dat ‘n bestuurslisensie die reg van elkeen is.
Jy kan hoé goed bestuur maar as jou gesindheid nie reg is teenoor mede padgebruikers hoort jy nie op ENIGE pad.

stapper ·

erika! jy is regtig baie lelik en jy gaan ook oud word. my oupa grootjie het nog op 90 bestuur en om kar te bestuur het geen maksimum ouderdom nie en pasop dat maroela jou nie blok met jou lelike kommentaar en ongevoelige kommentare nie!sies!

Louis van Niekerk ·

Ons president blaas rassehaat aan. Ht staan op ‘n verhoog en basuin sy haat uit
Intussen word ons geteister deur misdaad teen ONSKULDIGE mense sois hierdie oumens
Geensins wend hy ‘n poging aan om misdaad wat ons grootste vyand in die land is aan te spreek nie. Nee hy sal diit eerder aanblaas
El dink hy moet aangekla word vir elke misdaad teen suid afrikaners

Erika ·

Dankie Ondervinding, vir jou weldeurdagte en ingeligte kommentaar. Die betrokke bejaarde het baie stadig in die nag bestuur en ‘n ongeluk veroorsaak. Bejaardes van sy ouderdom (80+) is oor die algemeen bang om oor lang afstande en in die nag te bestuur. Uit die berig op Media 24 is dit duidelik dat die betrokke bestuurder nie bevoeg was om weens sy ouderdom en toestand te bestuur nie. Dit is baie jammer dat hy nou vir sy lewe veg.

Dan ·

Erika ek het nerens gelees dat die ouman die ongeluk veroorsaak het nie, of hou jy maar net nie van oumense nie. Sies vir jou.

Mynhardt ·

Vir die wat Erika so aanvat. 20 jaar gelede loop ek in Pretoria af met van der Walt straat. So 30 meter voor my loop twee jong dames. En ja ek het gekyk want hulle was pragtig. By vermeulen str loop hulle oor en die volgende oomblik voor my kom n kar oor die rooi lig. Ry altwee dood. Ou tanie van 83 kon nie die rooi lig sien nie.

elsabe du plooy ·

hoekom kry ek niemand om vir my ook n storie in koerant teplaas nie maar as ek verkeerde goed se van ander dan is daar gou iemand om storie te skryf

Dan ·

Nou se julle vir my wat is dan die ouderdom waarop n persoon nie meer mag bestuur nie. n PERSOON KAN BEVOORBEELD OP 60 ONBEVOEG WEES, of wil julle die wet bepaal?

Moontlikheid ·

Antwoord op Dan se vraag; Vriende en naasbestaandes, selfs kennisse, van ENIGE iemand wat nie meer behoort te bestuur nie, mag nie net toekyk en dit laat voortduur nie. Alles wat moontlik gedoen kan word om sodanige persoon te laat ophou bestuur, moet gedoen word. Insluitende ‘n moontlike hofbevel. Indien enige onbevoegde persoon iemand doodry, behoort die persoon wat ooglopend toegekyk het, aandadig te wees aan die misdaad. Daar is dikwels, lewensveranderde omstandighede, vir die persoon wat doodgery word, se dierbares wat agterbly – die persoon was dalk die enigste broodwinner ens. Daar moet nugter en met wysheid opgetree word, in verband met mense wat nie bevoegd is om te bestuur nie, hetsy jonk of oud, en daar moet nie net toegekyk word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.