Bejaarde vermoor op Stormsrivier

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP

Die liggaam van ʼn 89-jarige man is Saterdagmiddag in sy huis op Stormsrivier in die Oos-Kaap gevind.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het omstreeks 16:00 Thomas Glen Love (89) se liggaam in sy huis aangetref. Hy het twee steekwonde aan sy bolyf gehad.

Volgens Nkohli het die persoon wat ʼn woonstel op Love se erf huur, bekommerd geraak toe sy hom dae lank nie gesien het nie. Sy het hom glo Dinsdag laas gesien.

“Die huurder het Saterdag deur Love se venster geloer en gesien hy lê op die grond en sy bolyf is met ʼn handdoek bedek. Sy het toe die polisie gebel,” bevestig Nkohli.

“Een van die huis se kamers se vensters was gebreek. Die kombuisdeur was nie gesluit nie en die sleutel het in die sleutelhouer binne die huis gehang.”

Uit die polisie se ondersoek blyk dit dat Love se beursie, skootrekenaar en televisiestel gesteel is.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof.”

In ʼn afsonderlike voorval is ʼn 25-jarige man se liggaam Sondag op Addo in die Oos-Kaap ontdek. Hy het ook twee steekwonde aan sy bolyf gehad.

Die oorledene is geïdentifiseer as Asekho Tsilito (25) van Mqanduli en die polisie het ’n saak van moord aanhangig gemaak.

Dit is nog nie bekend wat die motief vir die voorval was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

Dit is wreed. Wanneer gaan daar ooit weer vrede en verdraagsaamehid wees.

Frank John ·

Waneer die kinders van God saam staan en bid soos Israel in Egipte toe stuur God vir Moses met die oplossing. Nou het Hy Jesus gestuur. Roep uit tot Hom, Hy sal ons red. Here help ons in Jesus Naam.

Persheks Adri ·

Gaan hierdie moorde nooit ent kry nie? Nee hel man die land is ‘n gemors en die duiwel is letterlik los. Waar gaan ons eindig?

Frank John ·

‘n lewe vir ‘n TV, rekenaar en ‘n beursie. Hoe min vir ‘n lewe. Ag Here wees ons genadig en herstel ons land, ons het U nodig. Sonder U kan ons dit nie doen nie, help Here, help.

Misky ·

Hulle is nie seker oor die motief nie…. dis haat en word aangeblaas deur sekere politieke partye

Flower Girl ·

Hoekom die Oompie se lewe neem? Vat dan maar net wat hy wil he maar spaar die een se lewe..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.