Bejaarde vermoor toe hy, vrou verbete terugveg

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

’n Egpaar het Dinsdagoggend verbete teruggeveg toe hulle op hul kleinhoewe in die omgewing van Kameeldrift in die noorde van Pretoria aangeval is.

Die 73-jarige man is in die voorval dood.

Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek, het aan Maroela Media gesê drie boewe het in die vroeë oggendure ’n heining geknip om toegang tot die kleinhoewe te kry. Die boosdoeners het die diefwering van ’n oop venster oopgebreek en die huis binnegegaan.

Volgens Coetzer het die mans die egpaar wakker gemaak met selfoonligte wat in hul oë skyn waarna hulle die bejaardes ook met pepersproei gespuit het. Die egpaar het terugbaklei en die 71-jarige vrou is verskeie kere met ’n mes in haar arms gesteek.

Haar man is ook met ’n mes gesteek en het aan sy beserings beswyk.

Die vrou is sedertdien na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling. Die slagoffers se name word nie in dié stadium bekend gemaak nie.

Die polisie was laatoggend nog op die toneel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

* Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Genis ·

Dis verskriklik… die woede in n mens dit te lees, dis a lafhartige, verwoestende nasie… die volksmoord moet stop mense…

Gato ·

Ek het regtig nie woorde om te beskryf hoe dit mens laat voel as jy elke dag lees hoe ons eie mense eenvoudig uitgemoor word vir ‘n TV of selfoon nie.
Daar is net geen respek meer vir ‘n lewe of iemand anders se besittings nie. Jy vat eenvoudig wat jy wil hê en as iemand jou teensit dan maak jy dood om te kry wat jy wil hê.
RIV my oom en sterkte vir die mense wat agterbly en moet saamleef met die hartseer en trauma.

Joe Olivier ·

Maroela verwys so liefdetjies na hierdie moordende terroriste as boewe en boosdoeners.

Magda ·

Stem ook met jou saam – DIT IS MOORDENAARS VAN DIE HOOGSTE GRAAD EN ALLES DIE ANC / EFF SE SKULD.

Danie ·

Dit is nogal duidelik dat julle nie verstaan wat die woorde beteken nie:
Boosdoener:
Hy wat bose dade doen,
verteenwoordiger van Satan,
wat in Satan se naam dade pleeg,
ensovoorts…
Boef:
misdadiger,
krimineel,
dief,
moordenaar
ensovoorts…

Beide is ‘n versamelnaam vir verskeie liederlike / bose (Engels: Evil) dade.

Toy ·

Daar is ‘n haat gevoel wat in mens woed wanneer mens van so iets hoor of lees.

Snowball ·

Hierdie is die ANC se nalatenskap – soos óns bloed hierdie stuk aarde deurdrenk, so sal die geskiedenisboeke hierdie sinnelose regering en sy misdaadnalatenskap eendag onthou vir die verfoeilike goed wat hulle is. ‘n Land van geweldenaars en kriminele, waar ‘n lewe niks werd is nie.

Ramaphosa spring op die apartheidswa en verkondig dat niemand onaangeraak is daardeur nie; iemand moet vir die stommerik vra of daar iemand in SA is, wat nog onaangeraak is deur die vloedgolf misdaad wat ons elke dag teister.

Agter die skerms..... ·

Genis, stem dodelik saam – ek raak al hoe kwater as ek by my werk sit en my werk doen om te besef dit is wat daar buite gebeur – hulle soek ons. Pampoen dis soos jy se hoe lank en hoeveel nog? Dit is waar wat die mense se die haat bou op in mens helemal.

marius ·

Daar is nie genoeg woorde om die haat jeens hierdie lafhartige gebroedsels te beskryfnie !

Nie Verbaas ·

Die lafaards, 3 kom om bejaardes aan te val. Kom asseblief een op n slag teen iemand wat KAN terug baklei.

Werner ·

Daar moet tog net onvoorwaardelike omverskoning gevra word vir apartheid in elke nuus bulletin van ou FW nou weer voor die lot gekruip het maar hierdie is die rede hoekom daar aandklok reels en apartheid was in die eerste plek

Magda ·

Hierdie MOORD le EK voor die ANC se deur – Julle doen NIKS oor die Plaas aanvalle nie, so DIT IS 100% JULLE SKULD – JULLE GEMORS VAN N REGERING.

HOOP ·

Dit is baie hartseer , IS ons nog n Volk of Is ons verdeelt , KAN ons nog opstaan soos EEN ? Wanneer is genoeg GENOEG , Tot watter punt moet daar gedryf word voor daar opgestaan word teen die boosheid , die regering gaan niks doen nie dit help hulle in hul stryd teen die apartheids geslag en blankes om ons te verdryf.Arm moede en verdrukking en wegvat waarvoor jy gewerk het is n resep vir opstanding , dalk is ek verkeerd.

Peetjie ·

Mnr Ramaposa, sal jy net eenkeer ook by die oumense wat so verniel en vermoor word, gaan huis besoek doen en jou simpatie toon… Of het jy regtig oogklappe aan en weet en hoor nie daarvan nie…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.