Bejaarde vermoor, vrou kritiek

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

’n Bejaarde egpaar is Dinsdag in die vroeë oggendure in hul huis in Schoenmakerskop in Port Elizabeth aangeval.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in Marineweg plaasgevind. “’n 76-jarige man is in die gesig geskiet en is op die toneel dood. Sy 78-jarige vrou is erg aangerand en in ’n kritieke toestand in die hospitaal.”

Die oorledene se naam kan nog nie bekend gemaak word nie, aangesien al sy naasbestaandes nog nie van sy dood in kennis gestel is nie.

Volgens Naidu is dit nog nie duidelik hoeveel verdagtes betrokke was nie en of enigiets uit die huis gesteel is nie. Die polisie ondersoek ’n saak van moord en roof. Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kapt. Elroy Lindoor by 041 319 8707 te kontak.

Genl.maj. Funeka Siganga, bevelvoerder van die Mount Road-groepering, het die aanval as sinneloos beskryf en dit ten sterkste veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Petro ·

My innige simpatie met die familie maar wat my so woedend maak is dan Ramaphosa en sy afvaardiging gaan vertel hoe wonderlik dit in ons land gaan vertel die wereld die waarheid dat jy nie jou lewe verseker is in Suid Afrika

Leahim ·

Ek sien en lees die laaste tyd die polisie is net altyd besig om te ondersoek wat van n bietjie proaktief te wees en miskien misdaad bekamp of voorkom in die area waar ek bly patrolleer die polisie met hulle blou ligte aan en glo dit die misdaad het gedaal

Coenie ·

Pleks om ons veilig te hou roof hulle die nederlandse toeriste bus

Leahim ·

Ek moet net by se dat in my area bly n klomp Duitsers so ons hanteer die misdaad en hou mekaar veilig

Chris du preez ·

Hierdie is n nuwe tendens, almal word in die gesig en kop geskiet, daar moes definitief samesprekings plaasgevind het waar om die mense te skiet. Dit is beslis n beplande aanslag op die wit mense. Hoekom is Malema hulle so stil

Leonard ·

Ek let dit ook spesifiek op. Gewoonlik is mense net geslaan of deur die arm of been geskiet, deesdae gaan hulle vir die kop, hulle wil seker maak die mense gaan dood. Dit is ‘georganiseerde aanvalle hierdie om witmense dood te maak, oumense eerste, niks anders nie. Dit terwyl mense nog grappies maak en Tumi toelaat om meer haat teen wittes op te stook. Maar ja, ek is seker te regs vir enige media groep, daarom word my kommentaar nooit geplaas nie, gelukkig is daar darem TUMI se kommentaar wat almal oor kan aangaan.

Jewel ·

Dit raak nou so vinnig al erger…. dis seker die water wat begin kook (volgens Ramaphosa). Dis SKRIKWEKKEND…..

Sê maar net ·

Ek dink ook so. Maar hoe? Waar en wanneer gaan ons almal begin saam staan?
Dit begin by klein dingetjies.

Patroina Krugel ·

Ons benodig dringend onderwystelsel met waardes…..goeie gekwalifiseer onderwysers … mense met standaarde… ..ons jeug moet opgevoed word…om respek te he vir ouer mense, vrouens en kinders …hulle moet leer van selfrespek, werktrots en respek vir ander mense se eiendom … dan kan ons dalk nog SA red van ondergang…

Leahim ·

Ek stem 100% saam maar ons sal n onafhanklike staat moet hê die huidige regeerders is teen alles wat n dissipline of konstruktiewe reukie het.

Boet Fasie ·

As al die paddas net hulle stemme wil laat hoor, maar ongelukkig is daar paddas wat reeds stil gebore is en maar op die draad op en af spring sonder ‘ n geluid, ander het weer die draad oorgesteek en kwaak aan die anderkant.

Andrea ·

Daai paddas…Ja…my vriendin sê oor die naweek sy is n Afrikaner, nie n Boer nie. Regse politiek soos deur die Boere bedryf staan haar nie aan nie, en wat met hulle gebeur gaan haar nie aan nie. Ek het letterlik in my Boeretroos verstik… want ek is n Boer, al bly ek al amper 30 jaar in die stad. Daai vriendskap is na my mening verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.