Bejaarde vir twee uur lank op plaas aangehou

Ute Schultz na die aanval. Foto: Verskaf

Ute Schultz na die aanval. Foto: Verskaf

ʼn Bejaarde vrou van Gauteng is erg getraumatiseer nadat sy  Vrydagaand vir twee ure lank op ʼn plaas buite Bronkhorstspruit deur gewapende rowers vasgebind, rondgeruk en met vuurwapens gedreig is.

Ute Schultz (79) was alleen tuis op die plaas, ongeveer 10 km buite Bronkhorstspruit, toe sy deur vier rowers gewapen met ʼn vuurwapen en ʼn mes oorval is. Heico, Schultz se seun, het aan Maroela Media gesê sy ma bly saam met sy gesin op die plaas, maar was die aand toevallig alleen omdat die gesin vir die naweek in Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo was.

“Sy was omstreeks 20:45 besig om televisie te kyk, toe vier rowers ingekom het. Hulle het ʼn deur met gereedskap oopgebreek om toegang tot die huis te verkry,” het Heico gesê. Hy het gesê die rowers het sy ma met draad vasgebind en haar met ʼn vuurwapen en ʼn mes gedreig.

“Hulle het hul tyd gevat om deur die huis te gaan en al die waardevolle items, hoofsaaklik elektroniese goedere, bymekaar te maak.” Die rowers het Ute daarna gedwing om die kluis oop te sluit en het haar juwele en kontant wat in die kluis was, gevat. Hulle het daarna al die items in ʼn Jeep Cherokee gelaai wat op die perseel gestaan het en op die vlug geslaan.

Ute kon daarin slaag om haar seun vanaf die landlyn te bel en hy het onmiddellik die polisie in kennis gestel en huis toe gejaag.

“Sy het gelukkig nie ernstige beserings opgedoen nie, maar haar lip is stukkend en sy het erge kneusplekke soos hulle haar rondgeruk het. Sy is natuurlik ook baie getraumatiseer,” het Heico gesê.

ʼn Polisiewoordvoerder het die voorval aan Maroela Media bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
jeannine

baie sterkte tannie hopelik verwerk jy die aanslag .
mag dit geskorie gevat word maar die kans sal klein wees
baie groete uit belgie ek is belgiese maar groot gemaak in SA toe ‘n ander wereld daar met regte en wette nou is dit ver te soek

christine

Ja en toe weet hulle net julle is Bela bela toe vir langnaweek dis hoekom hulle nie so haastig was nie. Adder aan julle boesem

elna eloff

Rowers het geweet sy is alleen. Dit was beplan. Dit kan nie toevallug wees nie.

annette

Skurke…hulle is die grootste cowards uit…kom soos honde in packs en val die aan wat nie vir hulle self kan opkom nie…

Piet Lourens

Misdaad neem toe, hulle wil strenger wapen wetgewing deursit en al wat die regering ‘pla’ is die moorde op polisie beamptes, mense wat willens en wetens hul lewe op die spel plaas, met die wete dat dit gevaarlik is. Maar wat van die boere, plaaswerkers en bejaardes, soos die tannie, wat op plase werk en bly, wat aktief die ekonomie help, werks geleentede skep, voedselsekeriteit verseker en hul lewens waag, waar is hul nag waakte, simpatie van ons regering en hulp? Ek en my vrou is net laas jaar op ons plaas aangeval, ons was van die gelukkiges en het… Lees meer »