Bejaarde vir twee uur lank op plaas aangehou

Ute Schultz na die aanval. Foto: Verskaf

Ute Schultz na die aanval. Foto: Verskaf

ʼn Bejaarde vrou van Gauteng is erg getraumatiseer nadat sy  Vrydagaand vir twee ure lank op ʼn plaas buite Bronkhorstspruit deur gewapende rowers vasgebind, rondgeruk en met vuurwapens gedreig is.

Ute Schultz (79) was alleen tuis op die plaas, ongeveer 10 km buite Bronkhorstspruit, toe sy deur vier rowers gewapen met ʼn vuurwapen en ʼn mes oorval is. Heico, Schultz se seun, het aan Maroela Media gesê sy ma bly saam met sy gesin op die plaas, maar was die aand toevallig alleen omdat die gesin vir die naweek in Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo was.

“Sy was omstreeks 20:45 besig om televisie te kyk, toe vier rowers ingekom het. Hulle het ʼn deur met gereedskap oopgebreek om toegang tot die huis te verkry,” het Heico gesê. Hy het gesê die rowers het sy ma met draad vasgebind en haar met ʼn vuurwapen en ʼn mes gedreig.

“Hulle het hul tyd gevat om deur die huis te gaan en al die waardevolle items, hoofsaaklik elektroniese goedere, bymekaar te maak.” Die rowers het Ute daarna gedwing om die kluis oop te sluit en het haar juwele en kontant wat in die kluis was, gevat. Hulle het daarna al die items in ʼn Jeep Cherokee gelaai wat op die perseel gestaan het en op die vlug geslaan.

Ute kon daarin slaag om haar seun vanaf die landlyn te bel en hy het onmiddellik die polisie in kennis gestel en huis toe gejaag.

“Sy het gelukkig nie ernstige beserings opgedoen nie, maar haar lip is stukkend en sy het erge kneusplekke soos hulle haar rondgeruk het. Sy is natuurlik ook baie getraumatiseer,” het Heico gesê.

ʼn Polisiewoordvoerder het die voorval aan Maroela Media bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

jeannine ·

baie sterkte tannie hopelik verwerk jy die aanslag .
mag dit geskorie gevat word maar die kans sal klein wees
baie groete uit belgie ek is belgiese maar groot gemaak in SA toe ‘n ander wereld daar met regte en wette nou is dit ver te soek

christine ·

Ja en toe weet hulle net julle is Bela bela toe vir langnaweek dis hoekom hulle nie so haastig was nie. Adder aan julle boesem

elna eloff ·

Rowers het geweet sy is alleen. Dit was beplan. Dit kan nie toevallug wees nie.

piet ·

So sal dit wees hulle kan net oumense,vrouens en kinders aanval Die nuwe Suid Afrika te danke aan wie kan ons maar raai hoop sy gewete pla hom

annette ·

Skurke…hulle is die grootste cowards uit…kom soos honde in packs en val die aan wat nie vir hulle self kan opkom nie…

Piet Lourens ·

Misdaad neem toe, hulle wil strenger wapen wetgewing deursit en al wat die regering ‘pla’ is die moorde op polisie beamptes, mense wat willens en wetens hul lewe op die spel plaas, met die wete dat dit gevaarlik is. Maar wat van die boere, plaaswerkers en bejaardes, soos die tannie, wat op plase werk en bly, wat aktief die ekonomie help, werks geleentede skep, voedselsekeriteit verseker en hul lewens waag, waar is hul nag waakte, simpatie van ons regering en hulp? Ek en my vrou is net laas jaar op ons plaas aangeval, ons was van die gelukkiges en het niks oorgekom nie, behalwe emosionele letsels. Waar is ons ondersteuning van regering’s kant af?

Dit maak my kwaad om elke dag hiervan te lees, ou mense wat gemartel word, nog n boer wat op sy plaas gemoor is, n vrou op n plaas wat verkrag is. Dit is nie ‘maar net misdaad’ nie, dit is veel erger, veel meer brutaal as ‘net misdaad’. Selfs al oorleef jy dit, het jy niks oor gekom nie, dis soos n mes in jou bors as jy hoor nog een van die misdaadigers is vrygelaat op borg, of die een wat dit gedoen het was uit op borgtog. Dis n mes in die hard elke keer wat ek die fotos moet sien van n eens trotse boer, n broer, n kolega, n buurman, n suster, n kind, wat deur die diere mishandel is, net vir geld of n wapen wat dan weer gebruik kan word teen die volgende ongelukkige persoon. Dis soos n mes in die hard want ek self was daar deur en ek ken die vrees van om in n wapen so loop af te kyk, om n skoot deur n badkamer deur te maak omdat iemand ongenooid in jou huis in gekom het om jou leed aan te doen.

Ek is my lewe lank hier, ek het hier groot geword, my ouers het hier groot geword, en hul ouers voor hulle. Ek het die grond bewerk met my eie hande, bloed sweet en trane. Ek is n boer, ek het dit gedoen omdat dit in my bloed is, nie vir die geld nie, nie omdat ek n held wil wees nie. Ek het dit ook nie gedoen omdat ek n maklike teiken wil wees vir misdadigers nie, waar is ons regering, waar is ons beskerming?

Amor ·

Sterke tanie God se wakende hand rus oor jou, ek bid dat tanie somer gou weer beter voel, geen mens verdien die soort trama nie. Die boewe sal hule nog vasloop teen die verkeerde ou.

Ben Schultz ·

(Ek is nie familie nie) Mev die swernote is lafards, maar wat kan mens doen behalwe om jouself te bewapen en paraat te wees ten alle tye. Sterkte mev en ek hoop hulle word vining vasgetrek en erg gestraf. God met ons!

Frik Lotz ·

Hierdie tipe misdaad is buite beheer en dinge kan nie meer so aangaan nie. Meeste aanvalle is ook op bejaarde mense en dit wys net watse lafaards hierdie aanvallers is. Dis tyd dat iets gedoen word. Genoeg is nou genoeg!

CHRISTA ·

Ek hoop en bid dis nie iemand wat in haar diens is wat aan die skurke die inligging gegee het nie! Sterkte vir jou tannie. Met die liewe HERE aan jou sy kan jy als oorwin!!!

Isabel Odendaal ·

LAFAARDS!!! Die goed het geen gewete nie! Erger as barbare!
Sterkte Tannie mag die Liewe Vader Tannie deur hierdie moeilike tyd dra!!

Jaco Potgieter ·

Al hierdie aanvalle is nie toevallig nie! Mogabe het darem die “gutes” gehad om die boere weg te jag uit Zimbawe. Hierdie aanvalle glo ek is dieper geinspereer as die “comman” boef.
Boere sukkel om te oorleef op plase nie teen natuurlike elemente nie maar teen die georganiseerde misdaad om grond te bekom. Plase was nog altyd die ruggraat van die Afrikaner se geskiedenis.

joe ·

Ek is 64jr maar verstaan nie as ek my kommetaar lewer oor hoe ons ouderdom groep se mense verniel word word dit nie geplaas of verwyder . Ek gebruik geen kru taal slegs harde feite tot die daad teen oor ons ouer mense gepleeg . Ek oel eerder om die medea blad van my fb te verwyder !!!!

Johannes Meintjes ·

Nie net “adder in die boesem” maar uit ondervinding ook info wat deurgegee word vanaf bure se werkers en selfs vanuit sekerheidsmaatskappye. SMS boodskappe, vonkpos en telefoon oproepe word uitgelek, waarskynlik vanaf die diensverskaffers se fasiliteite wat geensins kliente se persoonlike of besigheidskommunikasie beskerm nie.

Michiel ·

Wat ‘n ” brawe spul” om ‘n ongewapende ou mens as ‘n groep aan te val en te verniel. Skande!

Janine ·

Baie sterkte, Tannie vir die herstel na hierdie trauma. Dit behoort met geen mens te gebeur nie. En as die familie Tannie weer alleen tuislaat, laat hulle liewer iemand vra om Tannie op te pas – verkieslik in hul eie huis en nie op ‘n plaas nie. Ongelukkig bly ons te ver, maar ek sal dit enige tyd vir ‘n naweek doen. Die jongmense wil graag bietjie uitkom, maar wat van Ouma? Jongmense, dink daaroor!

susan joubert ·

Ek lees in een van die vorige boodskappe die persoon vra waar is ons regering? Loop soos n wafferse clown met n masker rond en ook ogklappe want as jy kan onthou was daar duidelik gese ons moet van die map gehaal word. Sagte teikens word aangeval. Hulle sal so aangaan tot hul werk op die plase voltooi is en dan kom hul helder oordag dorpe toe en doen hier dieselfde ek bid God se liefde beskerming en genade oor elkeen van ons Ons is so trots op ons boere baie dankie vir jul harde werk wat sou ons eet sonder jul harde werk op die plase? Sterkte aan almal!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.