Bejaarde vriendinne op plaas ontvoer

Een van die vroue wat gered is. Die foto word verbloem om haar identiteit te beskerm. Foto: Verskaf

Twee bejaarde vriendinne is Vrydagmiddag glo ure lank op ʼn Limpopo-plaas aangeval en aangerand voordat hulle ontvoer is.

Llewellynn Hemmens, AfriForum se assistent-veiligheidskoördineerder vir die Noord-streek, het Saterdag aan Maroela Media gesê twee gewapende verdagtes het die twee vriendinne, albei in hul 70’s, omstreeks 13:00 op ʼn plaas in die Roossenekal-omgewing oorval.

“Die een vrou het by haar vriendin op die plaas gaan kuier toe die verdagtes hulle oorval het. Hulle is lank aangehou en ook aangerand. Die vrou wat in die huis woon is in ʼn stadium oor die kop geslaan en het haar bewussyn en baie bloed verloor. Die aanvallers het haar in lakens toegedraai en in die vriendin se motor se kattebak gegooi,” het Hemmens gesê.

Die aanvallers het die vriendin gedwing om op die agtersitplek te sit en het met die twee slagoffers op die R577-pad na Lydenburg gevlug.

Die aanvallers het die vroue tussen Roossenekal en Lydenburg ʼn paar kilometer uit mekaar uit die voertuig gegooi.

Die vriendin is omstreeks 21:00 langs die pad gevind. Sy het ʼn beskrywing van haar motor aan die buurtwag en polisie gegee en die voertuig se inligting is op veiligheidsnetwerke versprei. Dié vrou is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling en haar toestand is bevredigend, hoewel sy erg getraumatiseerd is.

Hemmens het gesê haar oë was bloedbelope aangesien die aanvallers haar gewurg het.

“Die vrou wat in die laken toegegooi was, is vandag teen sowat 10:30 opgespoor. Sy het intussen haar bewussyn herwin en het uit die veld uit na die pad geloop in ʼn poging om hulp te ontbied. Sy is met ʼn staatshelikopter na ʼn hospitaal in Middelburg geneem vir mediese behandeling. Haar toestand is kritiek, maar stabiel,” het Hemmens bygevoeg.

Die polisie in Lydenburg het Saterdag om 02:00 die vriendin se voertuig in die dorp opgespoor. ʼn Skietgeveg het uitgebreek en een verdagte is op die toneel doodgeskiet. Die ander verdagte kon daarin slaag om te ontsnap en is steeds soek.

Die polisie het ook twee vroue, wat die verdagtes glo in Lydenburg opgelaai het, in die voertuig aangetref en hulle in hegtenis geneem.

Hemmens het gesê in dié stadium lyk dit of daar net geld op die plaas gesteel is. Die vroue se handsakke en selfone is onder meer in die plaashuis en in die motor gevind.

Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Die polisie ondersoek die voorval. Die soektog na die verdagte duur voort.

‘n Verdagte se liggaam lê op die pad. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Helena ·

Absoluut sinneloos. Twee ou dames wat hulle nie self kan verdedig nie. Pla niemand en die lafaards kies hierdie sagte teiken. LAFAARD. Ek sal graag wil weet wat die mediese koste van al hierdie plaasaanvalle beloop en vra of die regering nie daarvoor verantwoordelik gehou moet word nie.

Spyker ·

….ek stem 100% saam!!!……..die regering moes al baie lankal terug begin verantwoordelik gehou word vir ENIGE mediese- en begrafniskostes van misdaad slagoffers – daar sou dan al lankal teen misdaad opgetree geword het in ons land!!

Hansie Slim ·

Moord en aanranding aan die orde van die dag!!
Maar as iemand die k-woord gebruik, maak dit meer opslae. Hoe werk dit?

Roñnie ·

Ja jy is reg en bewaar jou as jy hulle kritiseer want net witmense is rassiste

Siek en sat ·

Dit hou net nie op nie. Nog n aanval insident wat ons na mnr Trump toe kan stuur. Sterkte vir die dames.

Hooligan ·

Ja nee, maar die vuishoue by Harties was “racially movitated”….. en die aanval nie?

IK ·

Die duiwel se kinders loop los rond. Dalk reeds té veel gesê vir MM?

Hanna Hoekom ·

Net nog n manier om die boeregemeenskap te terroriseer (en moontlik van hul grond af te kry). Sterkte aan die slagoffers.

Gerhard Delport ·

Baie dankie aan al die mense wat deur die nag gewerk het om die tweede taante te soek, ons was baie bly toe ons haar kon op spoor vanoggend.

Danie (2) ·

Waar is die mense nou wie ondermeer Afriforum so kwalik neem en kritiseer as hulle hierdie moorddadige gebeure openbaar in SA en die buiteland en ook by hul statistieke voeg. Wil u ( die kritiseerders) steeds hê dat sulke wreedaardighede stilswyend verby moet gaan sonder dat almal kennis neem ?? My volle “support” laat die buite wereld ook hiervan ingelig word en kennis neem soos al die ander voorvalle. My innige simpatie met die twee ou dames en hul families, dit is net monsters en lafaards wie bejaardes uitkies as teikens.

Ansa ·

Ek stem 100% saam, dat n regering verantwoordelikheid moet aanvaar vir die brutale moorde. Dis n regering van die totale bevolking van die Land, nie net vir sekeres nie. Daardie vermoordes was eerlik met hul land, het al hul verpligtinge nagekom met die betaal van belasting.

Stan ·

Die opskrif moes eerder gelees het. ‘Hoekom twee bejaardes so martel & verkleineer?’ of dalk “twee oue bejaardes gemartel, Suid Afrika gebuk onder volksmoord’ . Dit is elke Suid Afrikaner oorsee se plig om humanitêre & minderheids voorspraak internationaal te bewerkstellig!!!!!

Hennie ·

die eerste en belangrikste funksie van enige regering is veiligheid en sekuriteit. Die ANC regering kan nie eers die basics reg doen nie. Suid-Afrika se mense verdien beter!

JdV ·

Ek is seker die tante is nie ‘n “vriending” nie. Regstelling benodig in vierde laaste paragraaf.

Phillip ·

Dagsê JdV

Ons vra omverskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewys.

Groete
Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

Peter Holmes ·

Tragies. In die ou dae sou die lafaards die doodstraf gekry het. of lewenslank met harde arbeid. Geen van die berigte ooit in die media of televisie diens nie. Behalwe Maroela Media.Maar as iemand net daai K woord gebruik is dit vir n paar dae die hoofnuus. Maroela media moet toestemming van slagoffers kry en fotos direk na Pres. Trump em Michael Pompeiu se kantoor stuur.

Elsa ·

Gebedes is om deie 2 vroue vir volkome herstel, Mag Donald Trump se magte nou inkom in Suid Afrika om te wys wat gedoen kan word met die soort van boosheid…

Jan ·

Stuur die berig aan Australie, Amerika. Die wereld moet weet wat hier aangaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.