Bejaarde vrou aangerand, beroof

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Bejaarde vrou van Port Elizabeth is Vrydagoggend erg aangerand tydens ʼn huisroof.

Kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou is deur ʼn verdagte met ʼn blou oorpak aan, in haar huis in Haworthiaweg in Malabar oorval.

“Sy het na haar kombuisdeur geloop waar hy haar ingewag het. Hy het haar met toue vasgebind en verskeie kere in haar gesig geslaan. Hy met haar selfoon, skootrekenaar en beursie gevlug,” het Rheeder gesê.

Buiten haar beserings is die vrou erg getraumatiseerd en is sy na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Die Port Elizabeth-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wat van? ·

Wat van ‘n klag van aanranding?
Ek bid dat ek nie op so-iets moet afkom . . .

André ·

Lyk vir my of hierdie ouens dit geniet om mense te martel of seer te maak voordat hulle vlug met die buit.

Hanna ·

Die lafaards teiken altyd die weerloses in ons samelewing. Hoekom die tannie so seermaak? Sy sou geen teenstand kon bied nie. Moenie kom met “huisroof” as motief nie, dis maar bloot n meevaller. Hierdie barbare kom om te martel en te verneder. Ek hoop die tannie is sommer weer gou op die been. Sterkte!

AmY ·

Dis die tipe “mens” wat sy eie ma en ouma sal aanrand vir ‘n paar rand. Skuim van die aarde.

Hannejie ·

Ek voel jammer vir die arme oumens. Dis so barbaars. Ek bid net dat dit my as seniorburger nie sal oorkom nie. Hoekom nie vat wat hy wil he nie, hoekom altyd seermaak en verniel??,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.