Bejaarde vrou byna deur honde verskeur

hondsdolheidʼn Bejaarde vrou is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat sy Maandagoggend deur honde aangeval is.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die aanval het omstreeks 03:00 in ʼn informele nedersetting in Bothas Hill naby Durban plaasgevind. “Die vrou is in haar laat 60s. Sy het op die grond gelê en het geweldige pyn gehad,” het Jackson gesê. “Sy was by haar volle bewussyn en is aan haar arms en bene gebyt, met vel en vleis wat uitgeruk is.”

Die vrou is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans in ʼn kritieke toestand na die RK Khan-hospitaal geneem.

Inligting oor die aanval is nog skaars en word deur die polisie ondersoek. Dit is nog nie bekend hoeveel honde die vrou aangeval het nie, en wat van hulle geword het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

wragtig ·

More justi en vasvat. Janee die honde is in n nedersetting. Hulle was seker so uitgehonger. Ek weet nie hoekom hulle diere aanhou nie want hulle kan tog nie na hulle kyk nie. Daai honde is mini vlooi taxi’s

Vas Vat ·

Naandse wragtig, lees noueers die berig, tragies, maar n honger hond is n gevaarlike hond.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.