Bejaarde vrou deur hond verskeur

Argieffoto

ʼn 76-jarige vrou is dood toe sy Maandagoggend deur ʼn groot hond by ʼn huis in Middelburg, Mpumalanga, verskeur is.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 09:00 by ʼn huis in Frank Bath-straat plaasgevind.

Die vrou het vermoedelik op die perseel waar sy aangeval is gewoon, maar was glo nie die eienaar van die huis of die hond nie.

Die rede vir en die presiese omstandighede rondom die aanval was nie onmiddellik bekend nie en word ondersoek.

“By paramedici se aankoms op die toneel is die vrou in die huis aangetref. Sy het verskeie bytwonde opgedoen en haar toestand was kritiek,” het Vermaak gesê.

Die vrou se toestand het vinnig verswak. Paramedici het haar op die toneel gestabiliseer en na die Middelburg- provinsiale hospitaal geneem vir mediese behandeling. Die vrou het in die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Die polisie is van die voorval in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

msp ·

Dis so onsettend hartseer, my meegevoel aam die familie en naasbestaandes.

Pop ·

PJC nou hoekom hoort hulle nie by ou mense nie?? Ek het groot honde en eks oud!! Niemand sal naby my kom nie?? En ek is liewer vir hulle as vir baie mense. Ek is ontsettend jammer dat die vrou gesterf het, maar ongelukkig kan die hond nie praat nie, so kan nie se hoekom nie.

Lizelda ·

Ai ou PJC, jyt nie mooi geweet watter kommentaar om te lewer nie toe gryp jy na die naaste gras halm. Wat is verkeerd met groot honde, en klein kinders? Was dit n ou mens alleen in n huis en word vermoor, word daar gevra en waarom het die bejaarde nie groot honde nie. He respek vir n dier. Ons weet GLAD nie wat was die omstandighede rondom wat gebeur het nie so moenie nou weer die dier die skuld gee nie. Dankie Pop ek stem saam die hond kan nie praat om sy weergawe te gee nie. Ek is regtig jammer vd verlies van lewe. Maar moenie weer met daai storie van “hoekom het jy groot honde?” stories begin nie.

CASSIE ·

Ek het self ‘n boerboel gehad wat as klein hondjie deur die bure se kinders eindeloos geterg is en met ‘n mop oor die muur geslaan is.Hy het eendag die mop uit een van die kinders se hande geruk en byna die kind gebyt.Ek is na my buurman toe en die bewysstuk aan hom terug gegee.My hond kon nooit kinders verdra nie maar met sy huismense was hy die liefde vanself.Hy het 3 mense gebyt wat doodluiters my erf betree het terwyl die hek toe was en die bordjie pasop vir die hond duidelik sigbaar is.Sterkte aan die familie van die oorledene.

Valerie ·

Baie veralgemenings bevat waarhede. Gevaarlike honde hoort nie in die beskawing nie. Jy het seker ‘n pitbull of iets, nie waar nie? En die arme hondjie sal babas opppas, ens.
My ‘cousin’ is deur haar eie hond verskeur na ons telke male gewaarsku het teen die hond.

Ben ·

Die artikel se se nie wat se ras die hond was nie. Net groot Hond? My ervaring is dat klein hondjies baie meer agresief is as groot honde.

ja neh ·

Valerie, ek het ‘n 40kg pitbull, laat ek jou se dis die mense wat hulle ‘n slegte naam gegee het my hond is liefde vanself en jy sal nie jou hande an my kinders sit ni hy beskerm ons en my kinders met alles wat hy het. Hou op die honde sleg praat alle diere is nie so erg nie dis hoe hy groot gemaak word! #voice for the voiceless#

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.