Bejaarde vrou dood buite woonstel gevind

Argieffoto (Foto: Pixabay)

’n 75-jarige vrou se liggaam is Donderdagaand by haar woning in Parkhill in die noorde van Durban gevind. Haar arms en bene is vasgebind en sy is vermoedelik verwurg.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die vrou is omstreeks 19:30 buite ’n tuinwoonstel op die erf aangetref waar sy met haar gesig na onder gelê het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die nooddienste is deur die veiligheidsmaatskappy Marshall Security na die eiendom ontbied waar die bejaarde vrou dood verklaar is.

Gwala sê die motief vir die moord is nie in dié stadium duidelik nie en die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lourens CFG ·

Nêrens in Suid-Afrika meer nie. Selfs al sit jy toegesluit in jou kamer kom haal hulle jou uit.

Swerwer ·

Ai, dit is en bly hartverskeurend. Innige simpatie en meegevoel aan die familie. Die manier waarop sy haar lewe beïndig is, is verskriklik en traumaties. Mag die wat daarvoor verantwoordelik is, die swaarste straf ontvang, en dit is veronderstel om die doodstraf te wees.

JM ·

‘n Mens se kans om in hierdie land vermoor te word, is feitlik 100%. En Cyril swyg!

Catherina ·

What a country we live in. Corruption, murder…the list goes on and on and on. No wonder many of our children living overseas. So sad

Casper ·

Ramaphosa is nie ‘n president se ou skoene waardigheid nie en so is die hele ANC Hy het boeties en sussies laat aanstel wat die boek geskryf het oor korrupsie en nou raak hy net van sekere stoute outjies ontslae.Raak ontslae van die vrot appels en stel toegewyde mense aan wat nie selfverryking eerste stel nie as daar nog so ‘n iemand is onder our People.

Skappie ·

Hoeveel mense gaan nog vermoor word, voordat daar enige iets deur die regering gedoen word. Sterkte aan die tannie se familie en vriendekring. Mag onse Liewe Heer julle deur hierdie moeilike tyd dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.