Bejaarde vrou doodgeskiet tydens plaasaanval

Foto: Verskaf.

ʼn Bejaarde vrou is Woensdagoggend tydens ʼn plaasaanval tussen Nylstroom en Warmbad in Limpopo doodgeskiet en haar man is gewond.

Lt.kol. Moasthe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het op die plaas TNT buite Bela-Bela plaasgevind. Volgens Ngoepe het van die aanvallers klapmusse en handskoene aangehad.

Ngoepe het gesê die vier aanvallers het die huishulp wat buite die huis besig was met ‘n vuurwapen gedreig en na die huis gedwing. “Hulle het glo geld geëis en ʼn onbekende hoeveelheid kontant is tydens die voorval gesteel.”

Volgens Ngoepe is ‘n 82-jarige man geskiet en gewond terwyl sy 73-jarige vrou doodgeskiet is. “Die ondersoek op die toneel is nog aan die gang,” het Ngoepe gesê.

Barend Pienaar, voorsitter van veiligheid by die plaaslike GPF, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 08:55 plaasgevind. Volgens Pienaar bly die egpaar nie alleen op die plaas nie en het hulle werkers wat hulle permanent oppas.

Pienaar het beweer die bejaarde vrou is deur ‘n veiligheidshek in haar maag geskiet. Sy is op die toneel dood. Volgens Pienaar het die verdagtes hulle uit die voete gemaak ná die skietery.

Pienaar het gesê daar was kort ná die voorval tussen 150 en 200 mense op die aanvallers se spoor.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê hy is op pad na die toneel. Volgens Müller word die man tans in die Montana-hospitaal in Pretoria behandel. Hy is na bewering in sy kaak geskiet.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 skakel.

Die ondersoek duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Tina du Toit ·

En so lees ons elke dag van die slegte nuus en niemand word gevang nie. My innige simpatie met die familie.

Swart Piet ·

En wat het Fikile, die regering en die buiteland nou te sê???? Alweer is hulle stiller as n kerkmuis want dit wat met ons mense gebeur is mos aanvaarbaar.

André ·

“… die bejaarde vrou is deur ‘n veiligheidshek in haar maag geskiet.” Maroela Media, dit klink nie reg nie.

Cherokee ·

So jy weet dus nie dat ‘n veiligheidshek (nie deur maar hek), is ‘n konstruksie van tralies.

Lizl ·

Gaan Afriforum vir Gerrie Nel stuur om hierdie saak op te volg en namens die die familie seker te maak dat geregtigheid geskied ?

Bullie ·

Lyk my nie eers Gerrie kon die ENGELS meisie help nie. Sy moes maar die bribe gevat het van GRACE Mugabe dan het sy ten minste iets gehad. Nou het sy niks en Gerrie is doodstil. Hy grom seker net nog soos ‘n bulldog. Almal vra wat doen hy, almal dreig mense met hom, en daar net het nog mooi NIKS gebeur nie, absoluut niks, zilch aziko!

vrikie ·

Nee julle gee onse Gerrie ‘n kans, hy is nou eers akteur in Staal Burger daar sal hy leer om Grace voor brekvis op te kou

Liewe lulu ·

Nog altyd gesê sy blaf is erger as sy byt. My innige simpatie aan die familie en sterkte

Karel Retief ·

MY ouers se plaas grens aan die arme mense se plaas. dit is baie onstellend. mag ons mense nie meer boer nie?

Dean ·

Hel Karel..sterkte aan jou ouers..kan my nie hulle daaglikse vrees indink nie.

Cherise ·

Yes its very sad it is my husbands grandparents farm we are speechless

tamboti ·

Karel, dit is die hartseer onkeerbare uitkoms: al die (#i&)boere in NSA al of net moet ophou boer, of die plase los anders word hulle met geweld verwyder. Kyk maar na Zim – daar moet jy ‘n liksens kry om net te kan saai! VERREGAANDE – dit die pad wat NSA loop.
Dit is al hoe die Afrika leiers (diktators) effektief kan regeer:
Hulle moet alles besit en beheer, en die massas moet arm en honger genoeg wees om uit sy hand te eet.
Baie simpatie en hartseer vir die slagoffers en familie, mag jul lyding in hierdie land en hierdie tyd, gestraf en gewreek word.

Asb ·

So bitter onnodig. ? Geen kontant op plaas hou asb. VERTROU NIEMAND..BEWEEG GEWAPEN kry genoeg ???om dinge dop te hou. Sterkte aan familie en geliefdes en die wat op moordenaars se spoor is. Die dag kom elke knie sal voor GOD buig.

Sunet ·

Daar is niks gesteel nie, volgens familie lede. Nie kontant, nie handsak (wat op die kombuistafel was, omdat hul oppad dr toe was nie) nie juwele, nie wapens, nie selfoon…

Jakalas ·

Word nou ‘n daaglikse gedoente hierdie. As ons niks daar omtrent doen nie, gaan niks verander nie.

Koos B ·

Dit kan net iemand (ek kan nie se mense nie)wees wat aan hul bekend was vandaar die klapmusse en handskoenne.Sterke daar.

AP ·

My goodness each day now either a murder/robbery not bad going . zuma must concentrate on securing peoples lives not stealing from them

Gatvol ·

Dit voel of ek op ‘n berg kan klim en net skreeeeeeeee !!!!! Wanneer gaan dit stop. Kan die sleg wetters nie hulle eie ouderdom aanvat nie. Te sleg en lafhartig. Kom mos in groepe van 4 of 6. En moet my nie vertel dit gaan oor ‘n cell foon of geld. Daai die oudste verskoning in die boek. Innige simpatie met die familie en vriende.

Melanie ·

Innige simpatie met die families, een vraag waarom ,waarom die sinnelose moorde op ons mense veral die boere.As daar gepraat word van grondgrype dan kan jy maar lees plaasaanval of boere is vermoor.Gaan dit ooit ophou.

Verward ·

Wat ek nie verstaan . Daar is veronderstel om Bas sekuriteit te wees op die plaad en daar is meer as 1 werker hoekom word net die oom en tannie geskiet. Hoe kom hulle verby die kwaai honde .

Tanya ·

Tussen 150 en 200 mense op die aanvallers se spoor en hulle kon nie gevind word nie??? Begin solank soek na die mense wat die boer en sy vrou oppas. Rus sag tannie.

Pensioenaris ·

Nog ‘n plaasmoord en nog niemand gearresteer nie. Kyk hoe is daardie mense se huis beveilig en dit kos alles geld en NIKS help nie. Sterkte aan die naasbestaandes.

Wessel ·

Ek sal nie verbaas wees as dit die wetters, sonder die w, is wat gister uit Bela bela se gevangenis ontsnap het nie.

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan die Familie . Dit laat my verstom staan, dat ou mensies van hul ouderdom so alleen op n plaas kan woon… ja almal gaan nie met my saam stem, maar dit is juis al die weerlose ou mense wat aangeval word op plase.. hoe moet hul altyd hulself kan verdedig.. en snaaks genoeg hul dwing die Huishulp in die huis in?? maar niks word genoem dat die huishulp seer gekry het …Is dit nie Maybe n Inside Job”Ek wil aan elke kind vra, wie se ouers op plase bly en veral die ouer mense… Soek meer veiligheid vir hul… die Nonsens met die aanvallers gaan nie stop”’Want niemand doen iets omtrent dit”’ DIT MAAK N MENS SIEK

Zebra ·

Gesiggie, ek woon in Kanada, my sussie in Amerika, en ons OU ma woon op haar plaas! Sy weier, weier, weier om na veiligheid verhuis te word! En sy slaap elke aand voor oop vensters (darem met tralies) terwyl sy se JA, sy sien daar loop mense in die nag op haar plaas rond!! Sy is gesond, slim, en ssstubborn! Sy glo NIE sy is in gevaar NIE!

marlene ·

My hart gaan uit na die familie. Twee bejaardes – dis ‘n sonde voor die Here?

Tokkie ·

Ek sê altyd vir my huishulp. Onthou as ek iets oorkom is daar geen pension. Niks. So ons sal moet sien

Leon Kirstein ·

Volg gerus die gesteelde wapens uit polisie stasies…. hierdie moorde word haarfyn beplan, bestuur en gemors word beskerm. Geen woord van kerkleiers of “sogenaamde” volks leiers of die Zuma clan nie. Sterkte en ons inige simpatie aan familie

Adriaan ·

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Die nou reeds oorbekende woorde waarmee meeste berigte oor plaas aanvalle afgesluit word … KFC, enige iemand?

Anti plaas aanval ·

Maroela..ek wil net graag weet..hoekom word die gruwel toneel fotos nie geplaas nie..dat Suid Afrikaners kan besef die hel wat families en ons Suid Afrikaners moet deurgaan??

Peet J ·

Met al die mense in die omgewing bv. die wat daar werksaam is en nogtans word daar moord gepleeg Ek wens die man alle sterkte en herstel toe jammer vir sy vrou se afsterwe.
Kyk maar gerus op FN face boek daar is ‘n foto met ‘n man wat tradisionele wapens dra nou weet ek ook hoe lyk die langmesse waarvan Siener van Rensburg gepraat het.

Racheltjie ·

Maar Steve Hofmeyr se optrede word oorsee gekanselleer omdat hy oor plaasmoorde praat……

Gatvol ·

Aangesien strike tot jy kry wat jy wil he SA se voorland is. Ek se al die boere wat so hard werk om vir ons kos te voorsien moet ook op n strike gaan. Maak julle spaar varkies leeg en hou op kos voorsien. Ja ons gaan ongelukkig almal swaar trek en die land se ekonomie gaan pakslae kry, maar dit is elkgeval wat vir ons voorle. Laat die winkels se rakke en yskaste leeg loop. Niks meer mielie pap nie. Dalk net dalk sal die mense begin by kom.

Lee Randburg ·

Hul sou hul aanvallers herken..daarom die klapmusse en handskoene. Begin met die persone wat hul oppas? Sterkte!

Dirk01 ·

Lee Randburg ek wil nogal saam met jou stem , ek dink alle werkers se vingerafdrukke moet geneem word met fotos en deur n plaaslike instansie soos Afri forum tak ,buurtwag gehou word sodat daar tenminste n idee is van menslike beweging en status van mense asook die vingerafdrukk te laat toets vir rekords of hulle dalk verdagtes mag wees in ander misdade of selfs gesoek. Wat my net bekommer van instansies soos Polisie ,Landbou verenigings,Afri forum en natuur;lik die regering daar word nie stelsels en sekuriteit op plase en hoewes aan gebring vir bewoners vir beveiliging asook opleiding . Wanneer sal so fonds gestig word moenie punte probeer score Afri forum om met die Mugabe’s se huis moles betrokke te raak nie .Wend ons geld aan vir ons boere , alhoewel Afri forum stelsels implimiteer moet daar nog steeds gehelp word met finansies vir sulke hotspot areas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.