Bejaarde vrou geskiet na sy skote hoor

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in KwaZulu-Natal het bevestig dat hy ‘n saak van poging tot moord ondersoek nadat ‘n bejaarde vrou Vrydagaand in haar huis in Pietermaritzburg geskiet is.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die vrou is geskiet toe sy die deur wou oopmaak om ondersoek in te stel na sy geweerskote by die bure gehoor het.

Zwane sê voorval het omstreeks 23:30 Vrydagaand plaasgevind. Hy sê daar was drie verdagtes.

“Die vrou is die maag geskiet en is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.” Volgens Zwane is die vrou 67 jaar oud.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het vroeër gesê die voorval het by ‘n huis in Darjeelingweg plaasgevind.

Lees ook:
Bejaarde vrou in huis geskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.