Bejaarde vrou in huis geskiet

geweer‘n 66-jarige vrou is kritiek beseer nadat sy in haar huis in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal geskiet is.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die vrou is laat Vrydagaand in haar huis in Darjeelingweg geskiet.

Botha sê die vrou is op die toneel gestabiliseer voor sy na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.

Hy sê dit is nie duidelik deur wie die vrou geskiet is nie en dat die polisie die saak ondersoek. Maroela Media het intussen die polisie in KwaZulu-Natal om kommentaar genader en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.