Bejaarde vrou in huis met byl oorval

Argieffoto

ʼn 20-jarige man is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat ʼn 76-jarige vrou in haar huis oorval en erg aangerand is.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê die voorval het Vrydag in die vroeë oggendure in die Goodhope-nedersetting in Dutywa plaasgevind.

“Die vrou het geslaap toe sy ʼn klop aan haar deur hoor. Sy het dit nie oopgemaak nie. Die man was gewapen met ʼn byl en het die deur oopgedwing, waarna hy die vrou aangerand het,” het Manatha gesê.

Volgens Manatha het die vrou om hulp geskreeu en het lede van die gemeenskap tot haar redding gekom. Die man het op die vlug geslaan.

“Die vrou kon die verdagte identifiseer, want die ligte was aan. Die verdagte is opgespoor en in hegtenis geneem.”

Manatha het gesê die motief vir die aanval is nie bekend nie en word ondersoek.

Die man moet Maandag in die Dutywa-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Ag, ou Koos…regtig? As die “plaasboer” in die Goodhope Nedersetting in Dutywa in ‘n sinkhuis gebly het…….sou die gemeenskap hom ook hoor skree het, en kom help het. Party van julle hier kan die grootste klomp nonsense kwytraak…..wat totaal irrelevant is tot die artikel. As jy niks konstruktiefs kan bydrae tot die gesprek nie……moenie.

Gert ·

Koos ek stem saam die dag as ons in Australia bly sal ons nog sit en lag oor mense soos sopbeen wat nie weet waar hy wil wees nie en ook nie verstaan van respek vir ander of hulle opinie nie.??

Ontmasker ·

Sopbeen, haal jou masker af dan sal jy dalk beter sien wat bedoel word.

Genoeg gehad ·

WAT ek wil se moet liewer nie gese word nie. So keelvol vir die misdadigers en die SA Regering doen niks.

Ella ·

President Ramaphosa veroordeel asb AL hierdie moord en doodslag. Maak nie saak wie die slagoffer is. Net een woord of opdrag van jou kant kan/sal n verskil maak., Daar is genoeg plek vir ons almal in hierdie land. Dit kan so n lekker plek wees om.te woon as ons net die vrees kan wegneem.

Herman ·

Die president se stilswye bevestig sy diskoers na moord op wit. Vergeet van Ramaphosa.
Baie van sy paddas begin al borrel in die pot

Mare ·

Dit kan direk toegeskryf word aan die afwesigheid van n regte polisie mag iets wat ontbreek in hierdie 3 de wereld piesang republiek. ??

Duitser ·

Ek verstaan nie dat sopspeen nie sien wat hier besig is om te gebeur nie ,jou mense word uitgemoor die regering en hulle polisie doen niks en julle betaal dmv julle belasting daarvoor.??

Phil ·

Hoekom n aanklag van poging tot moord? As dit op n plaas gebeur het was n klag van aanranding…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.