Bejaarde vrou in huis op plaaswerf doodgeskiet

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 83-jarige is Vrydagaand in haar huis in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Kapt. Dineo Koena, polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê die voorval het omstreeks 21:30 by die vrou se huis in die Godini-omgewing in Ngqeleni, oos van Mthatha, plaasgevind.

“ʼn Onbekende gewapende man wat ʼn klapmus gedra het, het na bewering in die bosse naby die oorledene se plaaswerf weggekruip,” het Koena gesê.

“ʼn 40-jarige man, wat familie is van die vrou, het later na sy huis op die werf geloop. Die verdagte het hom oorval en met die geweer gedreig om aan die oorledene se deur te klop.”

Koena het gesê die vrou het alleen in haar huis gewoon. Sy het die deur oopgemaak, waarna die verdagte haar verskeie kere geskiet het. Sy is op slag dood.

Die verdagte het van die toneel gevlug en die familielid het hulp ontbied.

“Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en word ondersoek,” het Koena bygevoeg.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Christien ·

Klink vir my of daar ‘n ander soort slang in die gras was………..Skiet net die ou tannie en los die familielid en vat niks ?

Blom ·

Christien klink mos vir my ook so.. Hierdie storie klink of dit IK toets!!!

Dink Self ·

Eindelik! Nog mense wat besef die wêreld verstaan nie Afrikaans nie. Sien uit na wanneer Flip Buys se artikels ook in Engels verskyn. Sommer sy oues ook.

Oom Kalahari ·

@ferdi, Wat verstaan jy nie in die berig nie?
Agbare President, Minister van Polisie, Mev Lindiwe Sisulu, Me Gouws, du Plessis en Mnre Habib en Max du Preez, kan jul nie vir ‘n slag besef en erkenning gee dat misdaad het begin hand uit ruk in kan nie meer beheer of sake behoorlik ondersoek nie.
Afriforum, jul misdaad statistiek met veral moorde is besig om die hoogte in te skiet en jul bewyse aangaande SA is besig om vrugte af te werp.
Sterkte en medelye aan hierdie families en vriende vir jul groot verlies van ‘n Ma, Ouma en suster.

Peet ·

Hoekom het die verdagte nie sommer self gaan klop nie? Hierdie “familielid” lieg dat dít klap!

SA Moordmuseum ·

Die lafaardgedrag moet grafies tentoongestel word dat die wereld kan sien in watter monster die ANC verander het.

Jane ·

Daar is its aan die storie missing. Dink nie dit het so gebeur nie.

Wonder net ·

Stem saam oor vreemde dinge in berig. Klink amper soos Rooikappie storie. K wonder rerig oor chronologiese gebeure

Onnie ·

So dit is nie net ek wat dink die 40 jarige familielid het iemand gekry om hom the help om sy erfporsie bietjie vinniger te bekom nie?! Hie kom ‘n ding

TLC ·

Onnie slim kind jy Moes 40 jarige te lank wag dat ouma moes doodgaan vir erfporsie Indien moontlik self toneel ge ‘stage ‘ of helper gaan dalk in erfporsie deel en ek voorspel net hou die ‘space’ dop

Joey ·

Ek gee regtig nie om wie die moordenaar is nie. Dit bly hartverskeurend dat bejaardes so verniel en afgemaai word. Doodgeskiet word soos diere. Bejaardes wat gekoester behoort te word is nou die teiken van lafaards. Ek wens hierdie land se regering wil begin besin. Kyk asb na ons bejaardes, ongeag watter ras of kultuur hul is. Dit is die mense wat die land gebou en ontwikkel het.

Joey ·

Dis weereens ñ plaasmoord, die hoeveelste vir die jaar! Kyk, ek voel almal se leed en verlies wat famiie weens plaasmoorde afstaan. Ek is self as ñ vrou, enkel met my tiener seun op ñ plaas, hoe sou ek of hy as statistiek gevoel het? Hierdie dinge is nie reg, ons boer vir ons nasie, en watse dank kry ons. Ek wil so graag my storie, bekommernis, vrees (néé) aan Ramaposa stuur, dalk verander iets. Dis nie reg wat ons boere moet deurmaak.

Michelle ·

Baie snaakse storie , ek dink daar gaan meer uitkom hier

Maggie ·

Erfgeld,. Of grond. Hulle reken seker As sy dood is, Kan hulle die grond kry… N ‘jagter” op Malema se payroll..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.