Bejaarde vrou in Paarl vermoor

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Niemand is al in hegtenis geneem nadat ʼn bejaarde vrou se liggaam Donderdagoggend in haar huis in Noorder-Paarl gevind is nie.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die omstandighede rakende die dood van die 78-jarige vrou word ondersoek.

“Daar word vermoed die oorledene was die slagoffer van ʼn huisroof.” Volgens Traut moet die oorsaak van die vrou se dood nog vasgestel word. Die oorledene se naam is ook nog nie bekend gemaak nie.

Die voorval het in Weststraat plaasgevind.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter ·

Dit is die klein jakkalsies in die wingerd…Paarl se strate is vervuil met leeglêers en straatplakkers. Is dit nie die owerhede se plig om ten minste hierdié “klein ou probleempies” te smoor nie?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.