Bejaarde vrou in Vrystaat verkrag, beroof

Argieffoto

Die polisie in die Vrystaat stel ondersoek in ná ʼn 78-jarige vrou verlede Donderdag in haar huis in Allanridge oorval is.

“Die slagoffer het geslaap toe ʼn man omstreeks 03:40 by haar huis ingebreek het,” het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy het wakker geword van geluide in die huis en het gaan ondersoek instel. Sy het nie die ligte aangeskakel nie, en van haar slaapkamer na die kombuis geloop. In die kombuis het sy ontdek dat iemand met die deur gepeuter het.”

ʼn Stem het haar skielik opdrag gegee om op die vloer te lê. Die aanvaller het haar daarna laat opstaan en na die slaapkamer gedwing. Haar hande is met ʼn rekenaarkabel vasgebind.

ʼn DVD-speler, drie televisiestelle en vier luidsprekers is gesteel.

Thakeng het ʼn beroep op kinders van bejaarde persone gedoen om seker te maak dat hulle nie alleen in hul huise bly nie. “Die kinders moet verkieslik by hulle bly om hierdie gewelddadige misdade teen die weerloses te voorkom.”

Enigiemand met verdere inligting word versoek om ao Ezekile Sehong te kontak by 057 452 3818 of 082 466 8196.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Koeks ·

Aai aai!!! Daars net een oplossing: bring die doodstraf terug!! Vandat dit verwyder is het misdaad handuit geruk!!! Groot asseblief!!!

Antoinette ·

Blabla net omdat kinders daar bly sal dit nie minder gevaarlik maak nie. Swak redenasie

Andrea ·

Ja dis goed, kinders moet na hul ouers omsien. Maar dis maklik vir die staat (polisie) om nou sy verantwoordelikheid teenoor sy burgers na die weerlose ou mense se kinders oor te skuif. Hoekom is daar soveel misdaad en hoekom word daar niks aan gedoen nie?

GM ·

Wat van ‘bekamp misdaad’, of ‘laat misdadigers aan die pen ry’, in plaas van om te sê dat ouers by kinders moet bly. Dit los nie die probleem op nie. Hoekom moet almal suutjies om misdadigers trap. Dit moet mos andersom wees. Dit is net so verkeerd dat mense hul lewens om werk, en dan moet hul op hul oudag, wanneer hul behoort te rus, in vrees lewe.

Marinda ·

Nonsens man. Ouers wil nie altyd by hulle kinders bly nie. Hoekom moet hulle, hulle onafhanklikheid opgee oor die staat nie die wet kan toepas op die kriminele elemente in ons gemeenskappe nie?

christa ·

did net die ANC se plan om nog meer mense in een huis te kry om te vermoor. Ongelukkig was daar vir hulle net een person in die huis, meer sou beter vir hulle doel vanpas gewees het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.