Bejaarde vrou in Vrystaat vermoor

polisiekarCatharina Hough (66) is Dinsdag in Senekal in die Vrystaat vermoor.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord nie. Dhlamini sê Hough was saam met haar man by die huis toe sy omstreeks 17:10 na buite gegaan het.

Hough is buite die huis aangeval en twee keer met ‘n skerp voorwerp gesteek. Volgens onbevestigde inligting is Hough met ‘n snoeiskêr aangeval. Sy is op die toneel dood.

Dhlamini sê niks is gesteel nie en die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Die verdagte het gevlug nadat die egpaar se honde hom wou aanval.

Enigiemand met inligting kan ao. Jooste Louise kontak by 082 446 7635.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Veronica Deacon ·

Dis hartseer, bitter hartseer.

BAIE STERKTE aan elk van haar geliefdes.

alet ·

Hoeveel Blankes nog elke dag lees n mens daarvan dan se die regering moord het afgeneem kan dit so aangaan nee doodstraf Sterkte aan die familie

sylvia ·

R.I.P DIS BAIE HARTSEER OM TE LEES HOE DIE WIT MENSE VERMOOR WORD. EK LEES ELKE DAG BOERE AKSIE KRISIS OP FACEBOOK EN DIS VERSKRIKLIK VAN AL DIE MOORDE. EN DIE REGERING VEE NET HUL GAATE AF AAN AL DIE MOORD. BRING TERUG DIE DOODSTRAF DIS AL WAT SAL WERK DIS GEEN WONDER ONS LAND IS 3DE OP DIE MOORD LYS NIE

Peter Says ·

Altyd sagte teikens, bejaardes, kinders, dames. Sterkte aan die naasbestaandes.

Daantjie Maartens ·

Toe nogal nie. SAPD Klapmuts neffens Paarl aangeval en die beampte tromp-op vermoor en wapens gebuit. Dis n aanval op n “gewapende” staatsinstelling. Grens aan dade van terreur. Maar hey! Nog n boodskappie van medelye aan sy weduwee sal sake beredder ?

Johann ·

Word net wakker asb! Jou oë is so toe soos ‘n kleios se … !!
Roep tog net jou gunsteling kaptein se hulp in want jy op jou eentjie is useless!!
Wel jou kaptein is in dieselfde kaliber as jy.
FIRE hom!!

Johann ·

Kry iemand met savvy. My konsultasie fooie is buite die bereik vir die plebs soos jy.

Daantjie Maartens ·

Die ewige toevoeg van geykte boodskappe om families te onderskraag verloor sy trefkrag. So goed soos om jou bedlampie aan en af te sit sonder om te dink waar die krag daarvoor sy oorsprong vind.
Sou graag van meer haalbare voorstelle wil hoor ter bekamping vd slagting, as hierdie kokketiel geteem sonder betekenis of toegevoegde waarde. Hel.

Daantjie Maartens ·

Pakke CNA-kaartjies van medelye ( reaktief ), of pakke koeels ( pro-aktief. ) Keuse joune.
PS.
Sien die opsie van jou Afrikaanse naamgenoot hier onder.

Phillip ·

Ek sou graag wou hoor watter voorstelle hy al gemaak het, en of enige daarvan al haalbaar was, maar ek kan jou ‘n brief gee, hy sit op sy agterstewe en maak onsensitiewe uitlatings.

Daantjie Maartens ·

Betzie.
Moenie dat my kommentaar jou afskrik nie. Plaas jou “en sterkte aan die famiie”-boodskappie as jy dink dit gaan help.
Kry jou reg om dit ook vir die res vd 365-dae te herhaal.

Pieter ·

Die skrif is aan die muur mense. Dinge gaan net erger word as jy my vra, ek dink nie ons sien eers die helfde van al die moorde in die media wat werklik gebeur nie.

Ons is op ons eie,en ons sal onself moet beveilig en beskerm teen hierdie ongediertes

Lucas ·

Hartseer vir ons. Dit was my tante. Kry nie eens verlof nie :(.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.