Bejaarde vrou met byl doodgeslaan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 75-jarige vrou is Woensdagmiddag in Limpopo vermoor deur gemeenskapslede wat haar van heksery beskuldig het.

Volgens kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het die gemeenskapslede by Mashau Matlago, ʼn sangoma, se huis in Sekgosese saamgekom en dit aan die brand gesteek terwyl sy en haar 18-jarige kleinkind in die huis was.

“Die vrou het uit die huis gevlug en is buite deur die ontstoke groep ingewag en met ʼn byl aangerand. Sy is op die toneel dood,” het Otto gesê.

Die vrou se kleinseun, Thabo Ramothala, het in die huisbrand gesterf.

Die polisie ondersoek sake van moord en brandstigting. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Francois le Cochon ·

Duisende jare gelede het my voorvaders ook mekaar doodgekap oor heksery!

Frederik ·

Pik Botha het op ‘n keer genoem dat hul 300 jaar agter is by ‘n moderne samelewing. Ek reken dit egter ook op minstens 1000 jaar.

KarooKlong ·

Jammer om te hoor van jou rowwe afkoms.
Gelukkig het my voorvader en let wel my voormoeder nie so erg baklei nie want ek is die bewys daarvan.

Veritas ·

Francois die Vark, jou voorouers het darem die verstand gehad om met ‘n byl te kap. Die spul het die ou vrou met ‘n byl doodgeslaan. Seker nie geweet daar is ‘n skerp kant nie.

Buitestander ·

My voorgelag was Chistenne en het Gods woord gevolg God bo alles lief gehad en hul naaste soos hulself.
Heksery is nie beoefen nie wat dit wat afgode diens.

Almal wat deurmekaar is met heksary moet hulself maar ondersoek aan wie hulle eer bring.

Jaco Grobler ·

Dis reg, en hy is tans nog in Weskoppies, maar ‘n GROEP mense..? Sekerlik is daar iemand tussen hulle wat beskaafde en redelike optrede kan voorstel? Hoe op aarde neem jy niemand in hegtenis nie, die oortreders blyk nie baie ‘intelligent’ nie, en ‘n paar eenvoudige vrae behoort arrestasies tot gevolg te hê?

Scalla ·

Hoop die sapd stel ondersoek in of die byl wel gelisensieer was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.