ʼn Bejaarde vrou is Maandagmiddag laat van ʼn berg in KwaZulu-Natal gered nadat sy gegly en geval het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 16:45 plaasgevind in Shongweni. “Die bejaarde vrou is glo saam met ʼn groep mense teen die berg op om te gaan bid toe sy gegly het op die growwe voetpad en haar enkel beseer het,” het Botha gesê.
Volgens Botha moes ʼn noodwerker byna 800 m met ʼn spesiale draagbaar en mediese toerusting teen die berg opklim om die pasiënt te behandel.
“Toe die ambulanspersoneel ook teen die berg op is, het hulle die pasiënt op die draagbaar vasgemaak en haar van die berg af gedra,” het Botha gesê.
Sy is per ambulans vervoer na ʼn nabygeleë hospitaal vir verdere mediese behandeling.
ongelooflik nuuswaardig!
Ai! Die Here sal jou gebed hoor ongeag waar jy is. Jy hoef nie berge te klim nie.
Dankbaar sy het nike ergers oorgekom nie.
“Ek slaan my oe op na die berge waar sal my hulp vandaan kom?”