Bejaarde vrou op PE-kleinhoewe aangeval

Argieffoto

ʼn 82-jarige vrou is Dinsdagaand deur vier verdagtes op ʼn kleinhoewe naby Port Elizabeth aangeval.

Die vrou, wat alleen in haar huis op die kleinhoewe in die Seaview-omgewing woon, was omstreeks 19:30 besig om televisie te kyk toe sy ʼn harde geluid gehoor het.

“Sy het gaan ondersoek instel en is gekonfronteer deur vier verdagtes wat toegang tot haar huis verkry het deur die sitkamervenster met bakstene stukkend te gooi. Die mans het klapmusse en handskoene aangehad,” het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, by navrae aan Maroela Media gesê.

Die aanvallers het die vrou met ʼn mes gedreig en haar hande met ʼn koord vasgebind.

Hulle het haar na haar slaapkamer geneem en die huis geplunder. Die verdagtes het op die vlug geslaan toe die vrou se huistelefoon gelui het. Hulle het geld en juweliersware ter waarde van nagenoeg R100 000 uit haar kluis gesteel.

Die vrou is nie tydens die voorval beseer nie en kon daarin slaag om hulp te ontbied.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Oom Kalahari ·

Weereens ‘n ou weerlose bejaarde. Mev Sisule se land van vrede en kommentaar kollega Jerry met versoening en hand van vriendskap. Wel daar was al gepoog vir 24jr om ‘n hand van vriendskap uit te steek wat geen vrugte afgewerp het nie. Was altyd optimisties tot die gedwonge veranderinge en maar saam die stroom te beweeg, maar na my Ma en broer vermoor is het al daardie sieninge verdwyn en ‘n mens met kwaad en hartseer agter gelaat. In vorige bedeling was veiligheid, rus en vrede waarna mens net kan streef.

White Rhino ·

Sy kan mos nie alleen daar bly nie?
Waar is haar kinders en kleinkinders?

Alida ·

Dit is HAAR eiendom en mens behoort veilig in jou eie huis te wees! Enige mens kan bly waar hy wil. Die SAPD behoort rond te ry en sigbaar wees.

Cherokee ·

Jy is heeltemal reg Alida. Ek behoort nie nodig te hê om my kar te sluit as ek gaan inkopies doen nie, want my goete is my goete.

Diklizzy ·

Die naaste polisiestasie aan die kleinhoewes in daardie area is ongeveer 30 km daarvandaan. Verder is daar ook ongeveer 5 ander voorstede wat deur dieselfde polisiestasie bedien moet word. Het jy enige idee hoe groot area dit is? En hoe min voertuie beskikbaar is? Ek het 4 ure gewag vir SAPS na ‘ n inbraak in daardie arwa.

Poppie ·

Nou hoe het hulle geweet van di duursame goedtjies inside job

Elsa ·

Maklik omte vra hoekom bly sy alleen, dis haar plek en haar reg en niemand kan besluit namens haar waar om veiliger te bly nie, booswigte moet hokgeslaan word…dis kos rande om in ‘n aftreeoord te bly…ons kani alles net oorgeen en afgee…sigbare polisie en sekuriteite

Willie ·

Poppie hulle gaan maar vir die kluis.. beter om fop juwele in die kluis te hou en die ander in sakkies erens anders…

Donald ·

Inkie pinkie ponkie dalk het die kleihoewe n goue donkie. Nee wat hulle het geweet wat daar is.

Emsa ·

Elsa ek stem saam jou. Baie se hoekom bly hulle nie in ouetehuis nie wel my tannie het in een gebly en sy is daar erg aangerand en twee maande later is sy oorlede. So om te verhuis of wat ookal die geval mag wees ons is nerens veilig nie. Of jy nou oud of jonk is as daar meer as een persoon is hoe gaan jy jouself in elk geval beskerm.

Baie kinders kan ook nie n tehuis vir hul ouers bekostig nie. En onthou satan is oral.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.