Bejaarde vrou op plaas beroof

geweerTwee mans verskyn Maandag in die Ladysmith-landdroshof in KwaZulu-Natal nadat hulle glo Vrydagmiddag  ʼn bejaarde vrou op ʼn plaas buite dié dorp beroof het.

Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, sê die vrou, in haar 80’s, was in haar huis op die plaas naby die N11-snelweg, toe vier of vyf gewapende mans haar oorval het.

“Die mans het die vrou gedreig en beroof,” het Naicker gesê. Die mans het met geld en ʼn windbuks gevlug. Volgens Naicker is die vrou nie tydens die voorval beseer nie.

Die polisie en boere in die omgewing het onmiddellik reageer en na die verdagtes begin soek.

Een verdagte is kort daarna in ʼn veld in die omgewing opgespoor. “Hy was in besit van ʼn klein bedrag geld wat vermoedelik van die vrou geroof is. Nog ʼn verdagte is later die middag in die Acaciavale-omgewing aangekeer.”

Die twee verdagtes, onderskeidelik 36 en 39 jaar oud, word aangekla van huisbraak. ʼn Gelisensieerde vuurwapen is in een van die verdagtes se besit gevind. Die polisie is warm op die spoor van die ander verdagtes.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

Maak AL DIE BOERE, SAPD-lede ! Trots om te lees hoe vinnig hulle optree.

Pragtig en dankbaar die bejaarde dame is nie beseer nie.

Elizabeth ·

@Trippie – stem saam. Maar ag, asseGROOTBLIEFtog Maroela, wat van net een snaakse beriggie elke dag? Iewers in die wêreld het IEMAND tog iets snaaks/eienaardigs/grappigs aangevang! Ek weet wat jul berig is die realiteit van lewe in SA maar darem net so een snaakse iets van ‘n tannie wat dink haar hond is ‘n papegaai of ‘n snaar wat skoene uit visskubbe maak of sulke goete! Mens raak soms amper depressief van al die aaklige dinge!

Trippie ·

Elizabeth, dit is sowaar hartseer, maak mens sommer neerslagtig al die moorde en aanvalle. Soos jy tereg sê, mens raak soms depressief hieroor.

Sonskyn dag vir jou ;)

Elizabeth ·

@Trippie – dankie! Dis hoeka skielik weer ysig en grys lug vol wolke, so dit dra dalk by tot my gryserige bui! Ek laat my nie SOMMER onderkry nie, het genoeg hartseer dinge belewe, maar net soms dink ek sjoe… is mense dan NET sleg en korrup of is daar dalk êrens ‘n liggie in die tonnel van geweld. Maar loer na die pragfoto’s van die maan wat op Maroela is – dit maak mens sommer weer verwonderd oor die grootsheid van die Skepper! En dankbaar vir die mooie wat daar tog is…

"Huh!" ·

Vier of vyf weerlose mans in hul dertigs, teen ‘n groot fris ou vrou van tagtig! Hoop hulle sluit haar toe! Hulle kan bly wees dat hulle kon wegkom, want ek vrees sy sou hulle met verminkte ligame gelos het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.